DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄ
IN SUID-AFRIKA
Produksie van g¢aan en oliesade
Die produksie van die verskillende grane en oliesade in Suid-
Afrika het elkeen sy eie unieke verloop in die geskiedenis ge-
had, maar is tog dikwels deur dieselfde omstandighede en
ontwikkelings op vergelykbare wyse beïnvloed, hetsy deur
meganiese en tegnologiese ontwikkeling, klimaatstoestande,
wêreldgebeure of staatkundige, politieke en sosiale gebeure
en ontwikkelings in Suid-Afrika.
INLEIDING
Die belangrikste invloed op die bedrywe is waarskynlik afkomstig van die instelling
van beheer oor die bemarking van landbouprodukte ingevolge die eerste Bemarkings-
wet van 1937 en weer sowat 50 jaar later met die inwerkingtreding van die Wet op die
Bemarking van Landbouprodukte van 1996, waardeur beheer afgeskaf is.
Voorbeelde van hoe boereploeë en -êe in die Voortrekkertyd en net daarna gelyk het.
Grondbewerking in die vroeë 1900’s.
Video: Ten einde vooruit te gaan, moet ’n
mens op hoogte van die geskiedenis wees
– mnr Crawford von Abo.