• Login
  • Search Icon

Drywers en tendense in die veebedryf

October 2012

image

GEORGE LE ROUX, VEE- EN WEIDINGKUNDIGE, TERRATEK

Die globale veebedryf is hoogs dinamies. In ontwikkelende lande is dit besig om vinnig te groei en aan te pas om by te hou by die verhoging in die vraag na lewende hawe produkte, maar die vraag na hierdie produkte is egter besig om in die ontwikkelde lande te stagneer.

Menige produksiesisteme verhoog egter die effektiwiteit en omgewings-
volhoubaarheid van dié bedryf. Geskiedkundige verandering in die vraag na lewende hawe produkte word grootliks gedryf deur bevolkingsgroei, verhoogde inkomste, verstedeliking, verhoging in veegetalle asook die produksiereaksie van tegnologies wetenskaplike lewende hawe sisteme.

In die toekoms sal produksie beïnvloed word deur mededinging vir natuurlike hulpbronne, veral water en grond, mededinging tussen kos en voer en dan ook die behoefte om te produseer binne ‘n koolstofbeperkte ekonomie.

Ontwikkeling in teling, voeding en diere ge sondheid sal steeds bydra tot die verhoging in produksie en ‘n effektiewe genetika-aanwins. Die vraag na lewende hawe produkte kan in die toekoms grootliks afhang van sosio-ekonomiese faktore soos gesondheidsbewustheid en veranderende sosio-kulturele waardes. Daar is egter groot onsekerheid oor hoe hierdie faktore in verskillende wêrelddele sal uitspeel.

Lewende hawe sisteme beslaan sowat 30% van die aarde se ysvrye grondoppervlak en het ‘n aansienlike globale batewaarde van ,4 triljoen. Die globale lewende hawe sektor verskaf werk aan ongeveer 1,3 miljard mense en ondersteun direk of indirek 600 miljoen arm, klein bestaansboerderye.

image

Tendense in lewende hawe produksiesisteme

Die wêreldbevolking in die jaar 2050 word geskat op 9,15 miljard mense. Die meeste groei sal in ontwikkelende lande plaasvind. Oos-Asië sal ‘n negatie-
we bevolkingsgroei toon teen 2040, in kontras hiermee sal sub-Sahara Afrika steeds teen 1,2% per jaar groei. Dit sal uiteraard groot druk op voedsel-
sekerheid plaas.

Die ander belangrike faktor wat druk op die vraag na voedsel sal plaas, is verstedeliking. Vanaf die einde 2008 bly daar meer mense in stedelike gebiede as in die platteland. Die volgende paar dekades gaan daar ongekende stedelike groei wees, veral in Afrika en Asië.

In sub-Sahara Afrika en Suid-Asië gaan die vraag na lewende hawe produkte teen 2050 verdubbel. Die per kapita vleisverbruik in die hoë inkomste lande varieer tussen 80 kg - 130 kg per jaar. Al hoe meer voorsiening vir verwes-
terde diëte word deur die landbouproduksiesektor gemaak as gevolg van verstedeliking en verhoogde inkomste. Verkope deur supermarkte groei tans teen 20% per jaar in lande soos China, Indië en Vietnam. Dit sal deur die volgende paar dekades voortduur, soos wat die aanvraag na geproses-
seerde voedsel deur stedelike verbruikers styg. Dit beteken dat landboube-
sig heid ‘n al hoe groter rol gaan speel.

Die skaal van produksie gaan dus noemenswaardig moet vergroot. Ekonomie van skaal is daarom nodig om die gemiddelde produksiekoste af te bring op verskillende vlakke van die produksieproses. As gevolg hiervan gaan die aantal produsente verminder alhoewel die sektor noemenswaardig gaan uitbrei. Hierdie groei gaan veral in die produksie van enkelmaagdiere (vark en hoender) produkte wees en effens minder aan die rooivleiskant.

Die globale lewende hawe produksie het aansienlik verhoog sedert die 1960’s. Vleis produksie het meer as verdubbel, terwyl hoenderproduksie meer as tien keer verhoog het. Geslote intensiewe lewende hawe produksie-
sisteme in nywerheidslande vorm die hoofbron van die wêreld se hoender- en varkvleisproduksie. Volgens Bruinsma (2003) word geskat dat 75% van die totale produksiegroei tot en met 2030 in hierdie geslote intensiewe produksiestelsels sal plaasvind, maar in Afrika sal die groei van hierdie soort stelsels baie laer wees.

Die geweldige vraag na kos gaan hewige druk op lewende hawe produksie-
sisteme plaas gedurende die volgende paar dekades. In ontwikkelde lande sal die groei in karkasmassa ‘n groter bydrae lewer tot die totale produksie-
groei eerder as die toename in getal diere, wat stelselmatig gaan vertraag. In ontwikkelende lande sal die toename in herkouergetalle eerder bydra tot die groei in produksie. Die wêreld-beespopulasie gaan moontlik toeneem van 1,5 miljard tot 2,6 miljard tussen 2000 en 2050 en die skaappopulasie gaan moontlik van 1,7 miljard tot 2,7 miljard toeneem (Rosegrant et al., 2009).

Hulpbronne, veral water en grond, gaan al hoe skaarser raak en daarom gaan die effektiewe gebruik van hulpbronne binne lewende hawe sisteme van kardinale belang wees om die nadelige impak op voedselsekerheid te beperk.

In die volgende paar dekades gaan die vooruitgang in lewende hawe produksiesisteme afhang van hoe die volgende faktore teen mekaar sal afspeel, naamlik voedselsekerheid, armoede, ekwiteit, hulpbronvol-
houbaarheid en ekonomiese ontwikkeling.

Lewende hawe wetenskap en tegnologie as drywers

Noemenswaardige verandering in die samestelling van lewende hawe produkte het oor die afgelope paar dekades plaasgevind (Leakey et al., 2009). Waar daar in die verlede ‘n kombinasie van tradisionele tegnieke soos kuddevervanging, kruisteling en seleksie gebruik is om in die groeiende vraag na lewende hawe produkte te voorsien, gaan nuwe tegnieke in die toekoms nodig wees om in die groeiende behoefte na lewende hawe produkte te voorsien. Daar is aansienlike geleenthede in die ontwikkelende lande om produktiwiteit te verhoog.

In ontwikkelde lande sal die tendens in die toekoms voortduur waar daar nie meer net op kenmerke soos produksie en produktiwiteit gefokus sal word nie, maar ook op kenmerke soos produkkwaliteit, dieregesondheid, siekteweerstand en omgewingsimpak.

Die vooruitgang van molekulêre genetika gaan in die toekoms ‘n aansienlike impak hê. DNA-toetse vir genetiese eienskappe wat moeilik is om korrek te meet, soos byvoorbeeld vleiskwaliteit en siekteweerstand, sal hierdeur vergemaklik word (Leakey et al., 2009).

Tendense wat toekomstige lewende hawe produksie en verbruik kan beïnvloed, is die volgende:

  • Kompetisie vir hulpbronne

  • Klimaatsverandering

  • Sosio-kulturele wysigers

  • Etniese kommer (voorkeure)

  • Kunsmatige vleis (in vitro)

  • Nanotegnologie

  • Sosiale wantroue in sekere wetenskappe

Samevatting

Wat behels die toekoms vir lewende hawe sisteme wêreldwyd? Die verhoging in die vraag na lewende hawe produkte wat hoofsaaklik gedryf word deur bevolkingsgroei, verhoogde inkomste en verstedeliking, sal ten minste vir die volgende drie dekades voortduur.

In ontwikkelde lande sal sosio-ekonomiese faktore soos gesondheids-
bewustheid en sosio-kulturele waardes die drywers wees in die vraag na lewende hawe produkte. Hoe al hierdie dryfvere in verskillende wêrelddele gaan uitspeel in die volgende paar dekades, is egter onseker.

Die globale lewende hawe sektor verander dalk radikaal in die toekoms, maar die veebedryf sal steeds van kritieke belang bly vir die welstand en lewensvatbaarheid van miljoene mense, veral in ontwikkelende lande.

Verwysings

Thornton, Philip K. Livestock production: recent trends, future prospects.
Steinfeld, H., Wassenaar, T. en Jutzi, S. Livestock production systems in developing countries:status, drivers, trends.

 

Publication: October 2012

Section: Input Overview

Search