• Login
  • Search Icon

Dolf du Bruyn – ‘n man wat sy grond se stem hoor

May 2011

– Finalis 2010: Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Mnr Dolf du Bruyn maak in 1979 vir die eerste keer regtig kennis met graanverbouing deur vir sy swaer te begin boer.

Sedert 1986 tot 1999 werk Dolf as plaasbestuurder vir ‘n graanprodusent in die Theunissen-distrik waar hy sy kennis rondom boerdery uitbou. Dolf en sy vrou, Estie, begin in 1988 om deeltyds in die Sandvet-waterskema in die Bultfontein-distrik met groente onder besproeiing te boer.

Hierdie besluit dwing Dolf om te leer delegeer en te kontroleer – ‘n aspek wat hy vandag nog regdeur in sy boerdery toepas. Sedert 1999 boer Dolf en Estie voltyds vir hul eie rekening en later het sy dogter en seun ook tot die boerdery toegetree.

Vandag word ‘n gemengde boerdery wat uit vee en graan bestaan, bedryf. Sy graanboerdery bestaan uit ‘n droëland- en besproeiingsgedeelte waar mielies, grondbone, koring en soms groente verbou word. Die veekomponent van die boerdery bestaan uit ‘n kommersiële bees- en skaapvertakking asook ‘n SA Vleismerino-stoet.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_%20D%20du%20Bruyn.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Wenartikels

Search