• Login
  • Search Icon

Die stories en die feite oor GM-voedsel

March 2013

DR WYNAND VAN DER WALT, FOODNCROPBIO KONSULTASIEDIENSTE

Nuwe tegnologieë bring dikwels onsekerhede en vrae binne die gemeenskap. Genetiese modifisering (GM) is geen uit son dering nie. Die debat hieroor het verskillende fasette en het toe nemend gepolariseerd geraak en so doende die publiek verward gelaat. Die jongste verdagmakery oor die veiligheid van voed sel van GM-gewasse is sprekend hiervan.

Die onlangse bewerings van ‘n Franse professor dat GM-mielies gevaarlik is vir mense, is verwerp deur die Europese Voedselveiligheidsgesag en ‘n reeks ander instansies. Hierdie saak verdien nie verdere aandag nie.

‘n Tweede mite is dat die Europese Unie nie voedsel en voer van GM-oorsprong toelaat nie. Die volgende is GM’s wat goedgekeur is vir gebruik vir voedsel en voer, met aantal genetiese modifiserings in hakies: Kanola (4), mielies (25), sojabone (3), katoen (7), suikerbeet (1); plus aartappel vir voer en industriële stysel, GM-angelier as blom en GM-tabak vir direkte gebruik. Die EU voer meer as 33 miljoen soja jaarliks in, meeste waarvan GM of vermeng is. In 2011/2012 het ons GM-mieliegraan uitgevoer na Portugal, Spanje en Italië.

image

Kommunikasie

Wetenskaplikes en eienaars van moderne biotegnologie moet seker maak dat hulle feitelike inligting oordra aan die publiek. Net so het owerhede die verantwoordelikheid om die publiek gerus te stel dat daar behoorlike wette en regulasies – wat streng toegepas word – in plek is. Dieselfde vereiste is van toepassing op partye wat GM beskou as ‘n groot risiko vir mense se gesondheid. Al drie hierdie rolspelers moet deurlopend gedaag word om feite met stawende bewyse aan Jan Publiek oor te dra.

Die harde feit, soos die spreekwoordelike koei, is dat daar nog geen bewyse is dat Suid-Afrikaanse GM-navorsing sedert die 1970’s, plaasproewe met GM-gewasse sedert 1990 en kommersiële GM-aanplanting vanaf 1998, enige negatiewe impak op mens of dier gehad het nie. Ons praat hier van onder andere ‘n kumulatiewe 40 miljoen ton GM-mielies geproduseer op meer as 10 miljoen hektaar, miljoene hektaar GM-sojabone, en geëet deur miljoene mense en diere.

Wat sê die wet?

Die GMO wet is pro-aktief en vereis dat aansoeke vir plaasproewe met GM-gewasse, saadvermeerdering of kommersiële aan planting, dokumentasie moet verskaf van alle toetse op veiligheid vir mens, dier en die omgewing, alvorens ‘n permit goedgekeur word.

Sodanige dossier word beoordeel deur tien wetenskaplikes van die GMO Advieskomitee, waarna verteenwoordigers van ses departemente – landbou, gesondheid, om gewingsake, arbeid, wetenskap en tegnologie asook handel en nywerheid – gesamentlik as die amptelike GMO Uitvoerende Raad ‘n besluit maak oor die aansoek. Hierbenewens is daar ‘n 13 bladsy stel riglyne waarvolgens die GMO Advieskomitee aansoeke moet beoordeel asook ‘n 65 bladsy stel riglyne vir wetenskaplikes wat met GMO’s navorsing doen.

In hierdie proses word internasionale riglyne gevolg. Die eerste hiervan is standaarde van Codex Alimentarius (die gesamentlike liggaam van die VN – Voedsel en Landbou Organisasie en die VN – Wêreld Gesondheidsorganisasie) wat vereiste ondersoeke soos volg stipuleer: Direkte gesondheidseffekte (toksiene), neiging tot allergiese reaksies (allergene), komponente met voedings- of toksiese eienskappe, stabiliteit van die GM-geen, voedingseffekte van die GM-modifisering en onbeplande effekte van inplasing van die GM-geen.

Tweedens bepaal die cartagena protokol op bioveiligheid se maatreëls, die oorgrensbeweging van lewendige GMO’s, soos saad en kommoditeitsgrane. Aanhangsel I van die protokol stel vereistes rakende inligting oor verskeping, hantering, dokumentasie en die tipe modifisering. Aanhangsel II vereis volle besonderhede oor die GM-gewas en molekulêre karakterisering van die modifisering, terwyl Aanhangsel III uitgebreide standaarde stel vir risikobepaling.

Beoordeling van voedselveiligheid

Die proteïen van die Bt-geen wat in baie lae vlakke in die plant voorkom, kan as voorbeeld dien. Om genoeg proteïen vir toetse te kry, word die Btgeen geïsoleer en in ‘n bakterie geplaas wat dit dan in meetbare hoeveelhede produseer.

Moderne diagnostiese toerusting stel wetenskaplikes in staat om die amino suursamestelling en volgorde te ontleed (dit is die proteïenkode) en die resultaat te vergelyk met kode-profiele van bestaande allergene waarvan alle besonderhede op ‘n internasionale databasis beskikbaar is om vas te stel of die Bt-proteïen ooreenstem met ‘n gelyste allergeen. Verder word die Bt-proteïen getoets vir weerstand teen vertering deur maagsappe en afbreking deur hoë temperature. Toetse vir toksiene volg ‘n soortgelyke pad.

Die volgende stap is om die Bt-mielie te vergelyk met sy konvensionele eweknie, meestal geneties identies, behalwe dat die Bt-geen afwesig is. Die Bt- en nie-Bt-mielies word in veldproewe aangeplant en die graan ontleed vir samestelling in terme van proteïene, stysels, suikers, olies ander koolhidrate, en ander bestanddele, om sodoende verskille te identifiseer.

image

Hoe veilig is ons kos?

Dit is welbekend dat ons daagliks agt voedselsoorte gebruik wat vir sommige verbruikers allergiese reaksies tot gevolg mag hê: koeimelk, grondbone, eiers, neute, sojabone, koring, vis en skulpvis asook skaaldiere (kreef).

Kontaminasie met bakterieë en mikotoksiene geproduseer deur sekere swamme is ook moontlik. Met konvensionele voedselproduksie en prosessering, vind voedselbesmetting deurlopend plaas in die wêreld, ten spyte van streng regulasies en monitering. Onlangse gevalle sluit in E. coli ras 0157 bakteriese kontaminasie van slaai in Kanada, bakteriese besmetting van tofu in die EU asook hamburgerbeesvleis vermeng met vark- en perdevleis in Engeland.

Die ergste geval in dekades is die E. coli besmetting van organiese boontjiespruite in Duitsland in 2011 wat gelei het tot dosyne sterftes en meer as 4 000 mense wat in hospitale opgeneem moes word. Daar bestaan nog geen rekord dat enige voedselvergiftiging aan GM-gewasse toegeskryf kon word nie.

Bt-mielies is veiliger as hul eweknie

Een van die gevaarlikste besmettings van voedsel kom van mikotoksiene, geproduseer as sekondêre produkte deur sekere swamme wat op grane en voedselprodukte kan voorkom.

Die fumonisin mikotoksien, geproduseer deur Fusarium verticillioides, word verbind aan keelkanker in volwassenes en defekte in die neurale buis in babas, beide probleme wat veral voorkom in die Oos-Kaap waar insekskade op en swak opberging van mieliegraan, algemeen is. Stronkboorder- en kopwurmskade verskaf toegang vir hierdie swam en wurms dra ook swamspore saam.

‘n Oorsig van prof Felicia Wu van die Universiteit van Pittsburg in Amerika, van jarelange veldproewe op meer as 288 plekke met Bt-en konvensionele mieliekultivars, wys duidelik dat beperking van insekskade lei tot tussen 1,8 en 15-voudige vermindering in fumonisin op die graan.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad in Tygerberg se proewe wys oor jare dieselfde tendens. Die jongste navorsing deur ‘n span kundiges, wat die Universiteit van Pretoria insluit, ondersteun ook hierdie bevindings. Vlakke van fumonisin in Suid-Afrikaanse mielies is laer as die maksimum vlak voorgeskryf deur die Amerikaanse Voedselen Medisyne Administrasie. Ondertussen word verskeie projekte befonds om deur teling en biotegnologie, weerstand in mieliekultivars teen Fusarium te vestig.

Sowat 80% van ons mielie-aanplantings en 90% van sojabone, is GM. Die graan is veilig vir mens en dier en van ‘n hoë kwaliteit. Die verbruiker kan met ‘n geruste hart GM-produkte van mielies, sojabone en katoen geniet.

image

Publication: March 2013

Section: Input Overview

Search