July 2016
HANS LOMBARD, namens Fertasa
Die huidige oes/kunsmis-prysverhouding is gunstig vergeleke met dié van die vorige seisoen en behoort die vraag na kunsmis gedurende die 2016/2017-plantseisoen te kan ondersteun, het mnr Adriaan de Lange (voorsitter: Fertasa) in sy jaarverslag gesê wat tydens die vereniging se 56ste jaarkongres in Johannesburg gehou is. De Lange is besturende direk teur van Omnia Kunsmis.
Sy verslag is deur mnr Adam Mostert (hoofuitvoerende beampte: Fertasa) aangebied aangesien De Lange nie die kongres kon bywoon nie. Volgens die verslag sal die mark vir misstofprodukte gedurende 2016 grootliks van voldoende reënval afhang. Dit sal produsente aan moedig om optimisties teenoor landbou te staan en hou goeie voor uitsigte vir die misstofbedryf in. Gedurende 2015 was die gemiddelde reënval slegs 403 mm, teenoor 544 mm vir 2012 tot 2014.
As gevolg van die uitwerking van El Niño in 2015, het die getal hektaar onder somergewasse met 22% gedaal – van 4,1 miljoen ha in 2014 tot 3,2 miljoen ha in 2015. Die hektare onder mielies het met 27% afgeneem. Daarenteen het sonneblom-aanplantings met 20% toegeneem – van 560 000 ha tot 718 000 ha. Die gemiddelde opbrengs vir alle somergewasse word op 2,63 t/ha voorspel, vergeleke met 2,89 t/ha in 2014 (4,15 t/ha in 2013).
Tesame met die streekstekort aan voedselproduksie, het dit die prys (rand) vir mielies tot rekordhoogtes laat opskiet. Teen R4 710/ton is die prys van witmielies sowat R1 600 bó die teoretiese invoerpariteitsprys. Teen R1 084/ton verhandel geelmielies teen invoerpariteit. Hierdie pryse weerspieël sedert Januarie 2015 ‘n styging van 124% vir witmielies en 62% vir geelmielies. Witmielies verhandel tans bó die koringprys van R4 540/ton.
Internasionale misstofpryse, aldus De Lange, is swak weens oorkapasiteit. Ureum- en potaspryse het sedert Januarie 2015 met 39% gedaal. Die verswakking van die rand het die plaaslike mark teen die aansienlike daling in internasionale pryse verskans. Die internasionale stikstofprys sal gedurende 2016 tot ‘n groot mate afhang van Chinese verskaffers, wat beduidende voorraadvlakke opbou, asook van die prys van gas in die Oekraïne.
De Lange het die belangrikheid van nakoming van Fertasa se gedragskode beklemtoon. “Die doel van die kode is om ‘n etiese kul tuur van nakoming in die misstofbedryf te stig en te monitor – insluitend vervaardiging, verpakking, opberging, verspreiding en kleinhandel. Produkte wat vervaardig word deur diegene wat ingevolge die Fertasa-gedragskode gesertifiseer is, voldoen aan alle wetlike en gehalte-vereistes. Sodoende word ‘n kultuur van integriteit en vertroue binne die misstofbedryf bevorder.”
Die beginsels waarop die Wet op Misstowwe moet berus is deur Fertasa aan die Registrateur voorgelê. Een van die belangrikste afwykings van die oorspronklike voorstelle was die behoefte om voort te gaan met die registrasie van die finale misstofprodukte.
Slegs geregistreerde grondstowwe sal toegelaat word in die formulering van die finale produk. Alle ingevoerde produkte, in sluitende grondstowwe, tussenin en finale produkte, moet aan inspeksie onderworpe wees.
Fertasa het 20 korreksies van die 2012-misstofregulasies voorgestel. Die Registrateur het die voorstelle aanvaar. Van die veranderinge het betrekking op munisipale kompos, rioolslyk en plaasmis vir die tuinbou- en huishoudelike mark. Dié produkte kan nou in grootmaat verkoop word, mits dit geregistreer is.
Daar is tans ‘n agterstand van agt tot nege maande in die Registrateur se kantoor vir die registrasie van nuwe produkte. Fertasa het aangebied om behulpsaam te wees met oplossings vir die tegniese probleme. Die Registrateur het die aanbod aanvaar en die agterstand kan binne vier maande uitgewis wees.
Goeie vordering is gemaak met die vestiging van ‘n misstof moniteringskema wat twee jaar gelede tot stilstand gekom het weens ‘n finansiële tekort. Met finansiële hulp van Sasol Agri Trust en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en met inspeksiedienste van die Registrateur, word ‘n ooreenkoms binnekort verwag. Omnia het aangebied om ontledings teen kosprys te doen.
Fertasa het aan prof Robin Barnard erelidmaatskap toegeken. Hy was 40 jaar lank verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook aangestel as tegniese adviseur vir Fertasa.
AFAP
Mnr Henri Minnaar (direkteur: Agribesigheid, African Fertiliser and Agribusiness Partnership [AFAP]), sê die organisasie werk saam met die privaatsektor ten einde meer mededingende en volhoubare misstofmarkte in Afrika te vestig en sodoende tot ‘n groen - re wolusie in Afrika by te dra.
Entrepreneurs en sakeleiers word voorgestel aan organisasies wat bewys daarvan kan lewer dat hulle Afrika se produsente in staat stel om misstof te bekom en te gebruik.
AFAP beywer hom om onder meer vir die volgende:
Die einddoel is om die oesopbrengs en inkomste van nuwe eraboere te verhoog deur toegang tot meer bekostigbare, gehalte misstowwe as gevolg van die daarstelling van mediumgroot misstof- en agrisake-ondernemings as ‘n alternatief vir tradisionele subsidieprogramme.
Een van die hoofmikpunte is om regulatoriese beperkings wat handel en investering strem, uit die weg te ruim ten einde beleggersvertroue in die Afrika-misstof- en agrisakebedryf ‘n hupstoot te gee.
Agri SA
Mnr Omri van Zyl (uitvoerende direkteur: Agri SA) het ‘n onrusbarende opname bespreek van die uitwerking van die ernstige droogte op Suider-Afrika. Die huidige voedselonsekerheid is erger as gewoonlik en sal na verwagting verder versleg.
Mielieproduksie het met 35% gedaal, wat tot prysstygings van tussen 15% en 40% gelei het. Bykans 29 miljoen mense beleef tans ‘n voedseltekort. Miljoene mense sal gedurende 2016/2017 humanitêre bystand benodig, naamlik in Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Lesotho en Madagaskar.
Noodvoedselbystand sal met ongeveer 30% styg. Streekvoorrade van graan in sommige surplusvoorraadlande is beperk. Zambië, wat verlede jaar die land met die hoogste uitvoere was, beskik oor ‘n surplus van 200 000 ton. Stapelgraanpryse is aansienlik bo die gemiddeld van die afgelope vyf jaar. Mosambiek toon die hoogste prystoename, naamlik 41,9%. Madagaskar is tweede, met 27% - 40% en Suid-Afrika derde, met 34,9%. In die vierde plek is Zimbabwe met 19%. Zambië toon die kleinste toename, naamlik 3%.
Die huidige reënval is die laagste in 35 jaar. ‘n Aansienlike afname in gewasproduksie word gedurende 2016 verwag, wat voedselsekerheid in 2016/2017 verder sal benadeel.
Zambië
Mnr Jan Vermaak (besturende direkteur: Omnia Kunsmis, Afrika) het die Zambiese misstofmark bespreek. Hy het gesê Zambië se binnelandse vervaardiging van misstof is beperk. Alle misstofprodukte en -grondstowwe word ingevoer. Nitro Chemi kalieë van Zambië (NCZ) vervaardig al die D-verbinding vir die Plaasinsetvoorsieningsprogram (FISP).
Gedurende die 2015/2016-gewasproduksieseisoen is sowat 220 000 metrieke ton D-verbinding en ureum aan ‘n miljoen op kom ende boere versprei. Misstof vir FISP word ingevolge ‘n tenderstelsel deur privaat- en groothandelaars geproduseer.
Die rol van Zambië se privaatsektor behels die internasionale verkryging van misstofgrondstowwe en finale produkte. Dit sluit in die koördinering van invoerlogistiek, asook die plaaslike verkoop en verspreiding van misstowwe. Daar is beperkte plaaslike vermen - g ing. Sommige maatskappye, soos Omnia, voorsien tegniese en landboudienste.
Zambië se landbousektor is verantwoordelik vir sowat 20% van die bruto binnelandse produk (BBP). Werksgeleenthede word aan meer as 60% van die arbeidsmag voorsien, hoofsaaklik opkomende boere. Ongeveer 95% van opkomende boere bewerk minder as 5 ha elk, hoofsaaklik vir die ver bouing van mielies vir eie verbruik.
Grondvolhoubaarheid
Prof Martin Fey, buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria, het grondvolhoubaarheid en die mark in Suider-Afrika bespreek. Volgens hom is die oorvloed van grond in Suider-Afrika na skatting redelik.
Dit verskil egter hemelsbreed van die situasie in die voedselpro duserende gebiede van Noord- en Suid-Amerika en ook die Oekraïne. Dominante gronde is gewoonlik vlakker en dikwels op steiltes geleë. Voorkeurgronde kom in beperkte plekke voor, meestal in die oostelike somerreënvalgebied. Wanneer die grond behoorlik bemes en gekalk is, doen dit goed.
Volhoubare grondgebruik en -bestuur behels nie slegs grondgehalte nie, maar sluit ‘n uitgebreide beplanningsagenda in. Wanneer nuwe projekte ter sprake is, moet sake soos grondgesondheid, ekostelseldienste, voedselsekerheid en omgewingsaanpasbaarheid in aanmerking geneem word.
Hy het daarop gewys dat wanneer die misstofbedryf sy grond hulpbronne met betrekking tot sy toekomstige groei alles in aanmerking neem, die beste opsies moontlik deur beplanners ontsien mag word omdat hulle nie ook ander aspekte van volhoubaarheid aanspreek nie. Indien ekologies-gedugte grondbestuur en maatskaplike regverdigheid nie as voorvereistes vir ontwikkeling gestel word nie, kan dit lei tot nog ‘n tragiese nagmerrie soos dié van ‘n Sowjet- of Chinese-styl van sentrale beplanning.
Die grootste beperking in die landbou is grondeiendomsreg – en meer só wat die DRK betref. Zambië bied etlike aansporings vir kommersiële boerdery. Die klimaat, grondtipe en ander hulpbronne behoort dit uiteindelik een van die mees winsgewende boerderystreke ter wêreld te maak.
Misstofmarkte in Afrika
Dr Augustine Langyintuo (Wêreldbank-groep) het misstofmarkte in Afrika bespreek. Volgens hom is kleiner opbrengste hoofsaaklik te wyte aan die beperkte aanwending van verbeterde teg nologieë soos byvoorbeeld die misstoftegnologie. Minerale misstof is ‘n hoofkomponent van integrale grondvrug baar heids bestuur vir verhoogde en volhoubare gewasproduktiwiteit. Bemesting toe diening op die kontinent bly so laag soos 11 kg/ha, vergeleke met die voorgestelde 50 kg/ha van die Maputu-verklaring.
In Suidoos-Asië is die syfer 96 kg/ha, met 101 kg/ha in Suid-Asië en meer as 145 kg/ha in die ontwikkelde wêrelddele. Misstof markontwikkeling in Afrika word beperk deur onder meer ‘n tekort aan finansiering vir verbruikers om misstof mededingend te produseer.
In Afrika beloop handelsbanklenings aan die landbousektor gemiddeld slegs 3%. Derhalwe word meer as 45% van landelike produsente daardeur uitgesluit en kan hulle nie misstof aankoop nie.
Misstofproduksie in Afrika verteenwoordig slegs 3% van die globale syfer. Entrepreneurs word dus genoodsaak om byna al hul misstofbenodighede teen ‘n hoë koste in te voer. ‘n Ton misstof kan uit die VSA na Mombasa in Kenia verskeep word teen ‘n koste van sowat . Om dit van Mombasa na Kampala in Uganda te vervoer – ‘n afstand van 1 000 km – kos - .
As gevolg van die lae prestasietoetsing in landbou, bestee Afrikaregerings jaarliks tussen miljard en miljard aan voed sel invoere en ontneem daardeur die kontinent van lewens nood saaklike fondse wat eerder vir infrastruktuur, maatskaplike en ekonomiese geriewe aangewend sou kon word.
Vir nadere inligting, skakel Hermien Wouda by 012 349 1450.
Publication: July 2016
Section: Focus on