57
September 2017
Larwes ontwikkel teen verskillende tempo’s, wat partykeer verwar-
ring kan skep as larwes van verskillende ouderdomme in dieselfde
kelk teenwoordig is. Dit is egter nie herbesmetting nie. Larwes kan
migreer na aangrensende plante indien dit beknop raak in die kelk
wat oorspronklik geïnvesteer is. Hierdie migrasie is afhanklik van
plantdigtheid en word deur verhoogde plantestand bevorder.
Tydens die laaste generasie larwes wat in die stambasis oorwinter,
word oor die algemeen net een larf per stoppel gekry. ‘n Groot aantal
larwes dring plante laat in die seisoen binne sonder om
ekonomies-belangrik te wees. Hierdie infestasie word
gewoonlik na oes opgemerk en mag veroorsaak dat
die vlak van infestasie oorskat word.
1: Die Afrika-mieliestamboorderlarf.
2: Die Afrika-mieliestamboorder-
mot.
3: ‘n Eierpakkie van die Afrika-
mieliestamboorder.
4: ‘n Diapouselarf wat oorwinter in
‘n mieliestoppel.
5: Sigbare kelkskade van ‘n stam-
boorder.
6: "Dooiehart"-simptome waar die
groeipunt beskadig is.
7: ‘n Feromoonvalletjie.
1
4
6
7
5
2
3