Background Image
Previous Page  58 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

56

Hoe om die Afrika-mieliestamboorder

meer doeltreffend te beheer

D

ie Afrika-mieliestamboorder,

Busseola fusca

(

Foto 1

), is een

van die mees ekonomies-belangrike insekplae op mielies

in Afrika. Hierdie stamboorder kan tot ‘n 100% oesverlies

tot gevolg hê as infestasievlakke hoog is. Daar is daarom

‘n voortdurende soektog na hoe om hierdie plaag te beheer.

In Suid-Afrika maak ons gebruik van chemiese beheer of Bt-

tegnologie, wat die steunpilare van geïntegreerde plaagbeheer is.

Om enige insek te beheer, is dit belangrik om die gedrag van só

‘n insekplaag te verstaan sodat die beste beheerpraktyk gebruik

kan word.

Ken die plaag se biologie

Daar kom twee tot drie duidelik-afgebakende motvlugte per seisoen

in Suid-Afrika voor. Mielieplante word gewoonlik besmet deur óf

die eerste óf die tweede generasie – afhangend van die plantdatum.

Die wyfiemotte (

Foto 2

) lê eierpakkies agter die blaarskede (

Foto 3

).

Pas-uitgebroeide larwes is donkerbruin van kleur en word ligter

namate hulle ouer word. Pas nadat larwes uitgebroei het, migreer

hul opwaarts na die kelk waar hulle begin voed. Larwes bly in die

plantkelk vir ‘n lang tydperk voordat hulle in die stam inboor.

Hierdie larwes vreet sowat twee weke lank in die kelk voordat hul

uit die kelk afwaarts migreer om in die stam in te boor. Die duur

van die larwale stadium is ongeveer ses weke, waarna larwes papies

word. Die larwes verander in papies in die stam – wat sowat twee

weke kan duur.

Die laaste generasie se larwes word nie papies nie, maar oorwinter

in stoppelreste as larwes (

Foto 4

), wat die hoofbron van besmetting

vir die volgende seisoen is. Die oorwinterende larwes word papies

na die eerste lentereën, met temperatuurverhogings en met dag/

nag-lengtes wat verander.

Uit hierdie papies spruit dan die eerste motvlug van die daarop-

volgende seisoen voort.

Identifiseer skade vroegtydig

Pas nadat larwes uitgebroei het, migreer hul opwaarts na die kelk

waar hulle begin voed en veroorsaak skade wat as “venstertjies” op

die kelkblare vertoon (

Foto 5

).

Groter larwes vreet regdeur die kelkrol sodat kelkblare ‘n ry gate

vertoon wanneer hulle uitgroei. Dit staan bekend as “haelskade”.

Indien die groeipunt van die plant beskadig word, lei dit tot

“dooiehart”-simptome (

Foto 6

), waar die kelkrol afsterf en verbruin.

Wanneer die larwes die kelk verlaat, boor hulle in die stam in.

Larwes kan ook koppe aanval – wat lei tot direkte oesverlies en selfs

sekondêre patogeen-infeksies.

Vroeë waarskuwingstelsel

– feromoonvalletjies

Motvlugpatrone van die Afrika-mieliestamboorder kan gebruik

word as ‘n vroeë waarskuwingstelsel om te weet wanneer motte in

die veld teenwoordig is. Vir hierdie stelsel word daar gebruik ge-

maak van feromoonvalletjies (

Foto 7

).

Feromone is die reukstof wat wyfiemotte afskei om mannetjiemotte

tydens paring te lok. Motvlugte van die Afrika-mieliestamboorder

kan só gemonitor word om te voorspel wanneer dit moontlik nodig

sal wees om gebruik te maak van bespuitings.

Die afgelope twee seisoen het LNR-Graangewasse motvlugpatrone

bestudeer deur gebruik te maak van feromoonvalletjies. Hierdie

tipe data kan dan vergelyk word met data wat laas in die 1980's

versamel is.

Hieruit kan dan ‘n diens aan produsente gebied word om Afrika-

mieliestamboorder dwarsdeur die seisoen effektief te beheer.

Chemiese beheer

Die ekonomiese drumpelwaarde is wanneer die vlak van besmetting

die waarde van die verwagte opbrengsverlies en die koste van

chemiese beheer oorskry. Hierdie waarde word tans aanvaar as

10% plante kelkskadesimptome het.

As gevolg van groot variasie in opbrengspotensiaal oor seisoene

heen en tussen lokaliteite, is daar ‘n behoefte om die ekonomiese

drumpelwaarde te verfyn en soms aan te pas. Doeltreffende

tydsberekening vir toediening van insekdoders is van kardinale

belang.

Bespuitings moet vroegtydig geskied, terwyl larwes nog klein is

en insekdoders met benatters hierdie larfies in die kelk kan bereik.

Sodra die larwes in die stam of kop ingeboor het, sal chemiese

beheer se geslaagdheid drasties afneem.

Bt-tegnologie

Deur gebruik te maak van Bt-mielies kan die Afrika-mieliestamboor-

der ook effektief beheer word. Bt-mielies is geneties gemodifiseer

om die Bt-geen uit te druk en sodoende larwes te beheer sodra

daar aan die mielieplant gevreet word.

Suid-Afrika het twee generasies van Bt-mielies wat verskillende

Bt-gene uitdruk. Die eerste generasie Bt-mielie het weerstands-

probleme ervaar. Maak daarom seker van weerstandsprobleme in

‘n area voordat Bt-mielies geplant word.

Die tweede generasie Bt-mielie beheer egter weerstandbiedende

larwes en moet eerder geplant word indien weerstandsprobleme in

die omgewing bekend is.

Dit is ook van uiterste belang om nog steeds gebruik te maak van die

hoë dosis-toevlugsoord om weerstandsontwikkeling te voorkom.

Wanneer is die larfstadium kwesbaar?

Motte verkies mielieplante tussen die ouderdom van vier tot ses

weke na opkoms om hul eiers te lê. Dit beteken dat kelkskade sigbaar

sal wees indien daar infestasie is.

Onder hierdie omstandighede beteken dit dat die meeste larwes

volgroeid sal wees net na pluimverskyning en dat dit minimum skade

aan koppe sal aanrig.

Motte van die tweede generasie het gewoonlik nie die keuse van

plante van verskillende ouderdomme waarop hul hul eiers kan lê nie,

wat kan bydra tot ernstige skade aan koppe.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

DR ANNEMIE ERASMUS,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom