Background Image
Previous Page  28 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

26

Subsistence to Abundance

– landboubesighede en hul betrokkenheid by opheffingsprojek

D

ie Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP), of Visie 2030 soos

wat dit ook bekend staan, is daarop gemik om armoede

uit te skakel, ongelykheid te verminder en voedselseker-

heid teen 2030 te bewerkstellig. Ons reënboognasie het in

2012 met ongekende eenstemmigheid die plan aanvaar.

Die landboubesigheidsektor het ook dadelik te kenne gegee dat hy

Visie 2030 ondersteun. Die plan vra onder meer vir grondhervor-

ming, beter benutting van landbougrond, die ontwikkeling van

kleinboere, die uitbou van volhoubare plattelandse bedrywe, groter

beleggings in agri-bewerking en meer doeltreffende toegang tot

markte en finansiële dienste vir alle produsente.

Aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid is essensieel vir die sukses

van die NOP en menige opheffingsprojekte is in dié gees van

stapel gestuur, maar helaas, heeltemal te veel daarvan het misluk.

Ek het begin wonder: Waarom raak groot landboubesighede nog

enigsins betrokke by projekte en wat maak ‘n projek suksesvol al

dan nie?

‘n Ruk terug is ek genooi om saam met die Graan SA Ontwikke-

lingsprogramspan en hul vennote by van die klein- en bestaansboere,

wat deel is van hul projek, besoek af te lê. Ek kon van die begin af

sien dat hierdie projek nie sommer net nóg ‘n projek is nie – mense

se lewens word daadwerklik verander.

Subsistence to Abundance – die projek se naam – sê alles en die

verantwoordelikheid om die naam gestand te doen, rus tot ‘n groot

mate op die boere. Om deel te wees van die projek, moet boere ‘n

finansiële bydrae maak, ‘n lid wees van ‘n Graan SA-studiegroep,

die Inleiding tot mielieproduksiekursus bywoon en in besit wees

van ‘n onlangse grondmonster wat op sy plaas geneem is.

Die boer moet passievol en betrokke wees. Ek het gesien en ervaar

hoe die boere met trots hul mielielande, waar die mielies hoog

staan en die koppe vol is, afwys. Ek het gehoor hoe dit hul lewens

verander het, dat oeste in die meeste gevalle meer as verdubbel het

en dat hulle nou nie meer net genoeg produseer vir tuisgebruik nie,

maar ook ‘n stewige inkomste uit hul oeste genereer.

Maar elkeen van die boere was vinnig om te erken dat hulle dit nie

sonder die hulp van Graan SA, die mentors, toegang tot die beste

saad, kunsmis en chemikalieë en die kennis wat hulle deur die

studiegroepe opdoen, sou kon bereik nie.

Hoe kry Graan SA dit reg? Dit het alles sowat vier jaar gelede

begin. Die idee om kleinboere ordentlik op te lei en aan die bes-

te tegnologie bloot te stel, het in ‘n mielieland by mnre Jurie

Mentz (ontwikkelingskoördineerder, Graan SA) en Pieter Smit

(bemarkingsbestuurder: Saad en Biotegnologie, Monsanto SA)

posgevat.

In 2014 het die projek afgeskop en aan die stuur staan

me Jane McPherson (‘n klein vroutjie met ‘n groot hart). Sy is vinnig

om uit te wys dat die projek glad nie moontlik sou gewees het

sonder hul wonderlike vennote nie. Die huidige vennote is

Monsanto, Kynoch, die Sasol Agricultural Trust, SA Kalk & Gips,

Syngenta en die Departement van Finansies deur middel van die

Jobs Fund-projek.

Hierdie departement het die landbousektor oorweeg as ‘n moontlike

werkskepper om die NOP se 2030 doelwitte te realiseer en het hul

daarom verbind tot finansiële ondersteuning vir die projek, op ‘n

rand-tot-randbasis. Die randwaarde van die insetkoste-afslagte wat

deur die vennote bewillig is, word bygetel by die finansiële bydraes

vanaf die boere self. Die Departement van Finansies se Jobs Fund

ewenaar dan dié somtotaal in rand.

Die projek is ook só saamgestel dat Subsistence to Abundance-

boere nie vir ewig afhanklik bly van die hulp wat hul ontvang nie.

Boere wat volhoubaar, suksesvol en gewapen met die nuutste

tegnologie die toekoms op hul eie kan aanpak, is die uiteindelike

doelwit van hierdie uitsonderlike projek. Daarom word groot klem

op opleiding geplaas.

Kundige Graan SA mentors is verantwoordelik vir die opleiding,

wat ‘n breë spektrum van onderwerpe insluit. Dit sluit onder an-

dere finansiële beplanning en bestuur, kritiese aspekte van mie-

lieverbouing, die optimale gebruik van kunsmis en chemikalieë,

basiese grondkunde, meganika en tegnologie in. Hierdie opleiding

word vir die boere by hul onderskeie studiegroepe en boeredae

aangebied.

Aanvanklik is die mentors deur die Landbounavorsingsraad geborg,

maar van die vennote is nou ook borge van hierdie uiters belangrike

komponent van die projek.

Monsanto was van die begin af betrokke by die Subsistence to

Abundance-projek. Hul borg van die mentors en ondersteun

die boere om toegang tot die nuutste saadtegnologie te bekom.

Mnr Kobus Steenekamp (besturende direkteur, Monsanto SA)

het my vraag oor waarom die groot internasionale maatskappy,

Monsanto, by dié projek betrokke is, so beantwoord:

“Dit is vir ons ‘n eer om deel te wees van hierdie projek. Subsistence

to Abundance het die vermoë om lewens te verander en dit is vir

ons wonderlik om ook deur middel van ons bydrae ‘n verskil aan

die lewens van hierdie boere te kan maak: Om te kan hoor hoe

me Mavis Hlatshwayo sê dat hulle, vandat hulle deel is van die

projek, genoeg mielies het om te eet, te verkoop en aan die

minderbevoorregtes te gee – en dat in haar gemeenskap niemand

meer honger gaan slaap nie, is vir ons baie kosbaar.”

Monsanto was ook gasheer van die eerste Subsistence to

Abundance-konferensie wat onlangs in Pretoria plaasgevind het. Die

meeste van die rolspelers was teenwoordig en dit het aan my die

geleentheid gebied om ook met van die ander vennote te gesels.

Die doel van die konferensie was om die projek se pad vorentoe te

bespreek en vas te stel of al die vennote steeds daartoe verbind is om

voort te gaan met die 2017/2018-plantseisoen, wat om die draai is.

Elke een van die vennote het weer eens hul volle ondersteuning

beloof. Mnr Jakes du Plessis (streeksbestuurder, Kynoch Kunsmis)

het gesê dat hul in die toekoms selfs meer betrokke wil raak. Hy glo

dat hul ‘n groot bydrae kan maak tot die tegniese opleiding van die

boere.

Van Syngenta se kant af het me Linda van der Merwe (hoof:

Kliëntebemarking, Syngenta SA) gesê: “Dit is vir ons ‘n plesier om ‘n

vennoot van hierdie projek te wees.

GRAAN SA

HANLIE DU PLESSIS,

SA Graan/Grain

medewerker