43
tussen gewastipes verskil, maar ten spyte daarvan, is dit nogal
kommerwekkend hoog.
Waterhouvermoë
Die waarde van organiese materiaal in die grond is ook alombe-
kend. Een van die grootste waardes van die organiese materiaal is
die vermoë om water vas te hou.
Die Amerikaanse Departement van Landbou het betreklik insig-
gewende inligting oor die onderwerp en hulle stel die waarde van
1% organiese materiaal in die boonste 15 cm van die grondprofiel
gelyk aan 27 000 gelling water per akker, oftewel 252 556 liter per
hektaar.
In die omstandighede waarin droëlandgraanproduksie plaasvind is
dít uiters waardevol. Die waarde hiervan is duidelik sigbaar binne
die langtermynwisselbouproewe op die Langgewens Navorsings-
plaas (Wes-Kaapse Departement van Landbou) in die Swartland.
Aan die onderkant van die proewe is ‘n kleinerige plaasdam wat
elke winter volgeloop en selfs oorgeloop het, maar nou is daar selde
meer as ‘n paar sentimeter se water in die dam. Die grond hou dus
die vog vas en afloop van reënwater verminder.
Verlies aan voedingstowwe
Die insluiting van ‘n peulgewas of weiding binne ‘n wisselboustra-
tegie kan ‘n belangrike rol speel om die stikstofbehoefte van
opvolgende gewasse te verminder. Net so is daar ‘n magdom
voedingstowwe opgesluit in die residu wat agterbly.
Ek het onlangs my hande kon lê op ‘n sigblad-toepassing (oftewel
‘n
spreadsheet app
) uit die pen van ‘n Australiese agronoom en
koolstofkenner. Dit gee jou ‘n idee van hoeveel stikstof, fosfaat en
kalium verlore gaan as residu gebrand word.
Daar is rofweg 1,5 keer meer residu as die hoeveelheid saad wat
geoes word. As ‘n mens dan die toep gebruik en op ‘n 3 ton koringoes
toepas is daar derhalwe 4,5 ton residu/ha.
Volgens die toep verloor ‘n produsent 27,5 kg/ha stikstof, 1,6 kg/ha
fosfaat en 26,2 kg/ha kalium. Wanneer jy dan die koste per kilogram
van slegs hierdie drie voedingstowwe in berekening bring, raak
dit nogal ‘n aardige bedraggie.
Hierdie verliese moet derhalwe met aangekoopte kunsmis
vervang word, wat die kostes van produksie opjaag. Dan praat ons
nie eers van die res van die makro- en mikro-elemente nie.
Ter afsluiting
Klimaatsverandering klop aan ons deur en ons moet alles doen
wat ons moontlik kan om die impak daarvan in ons provinsie te
beperk. Bewaringslandbou is daarom een van die strategieë wat in
die SMARTAgri-plan vir die Wes-Kaap opgeneem is om die risiko te
verminder.
As ons eerlik met mekaar is, maak dit mos basies ekonomiese sin
om nie ‘n vuurhoutjie te trek nie. Nou ja, voor iemand my kruisig
moet ons ook vir mekaar sê dat die waardes hierbo heel moontlik
‘n
worst
case
-scenario is en tussen areas kan verskil, maar ons is en
bly die rentmeesters van die grond waarop ons boer.
So, dink diep en maak die som voor jy die volgende vuurhoutjie
trek – selfs as jy bloot ‘n sigaretjie gaan aansteek.
Vir enige navrae, kontak dr Johann Strauss by
johannst@elsenburg.com
.
D
it is al in die 1930’s wetenskaplik bewys dat kieme en kankerselle
deur resonansiegolwe vernietig kan word en dit kan vir mens en
dier aangewend word.
Met die spesiale antenna-mat word die instrument byvoorbeeld op ’n
koei wat mastitis het se rug gedrapeer.Varkprodusente gebruik dit met
groot sukses in varkhokke om die mortaliteit van klein varkies dramaties
te verminder. Dit is uitstekend om perdesiektes te beheer.
’n Resonator met ’n ingeboude battery kos slegs R5 400. Hierdie instru-
ment betaal homself binne ’n paar maande.
Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting:
www.riferesonator.comen
www.rifehealth.co.zaof skakel Rife Health by 082 659 2547.
Dien daardie siektes
’n nekslag toe!
www.
infoworks
.biz