Background Image
Previous Page  44 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

42

Die koste van ‘n

vuurhoutjie

B

ewaringslandbou rus op drie steunpilare, naamlik mini-

male grondversteuring, diversiteit deur wisselbou en die

behoud van bedekking. Die sukses van bewaringslandbou is

afhanklik van ‘n holistiese stelsel-benadering.

Deur net een of twee van die pilare te implementeer kan werk,

maar dit is belangrik dat besef word dat daar ‘n groter kans op sukses

is wanneer die volle stelsel geïmplementeer word.

Die meeste produsente in die koringproduksie-areas van die Wes-

Kaap het reeds die konsepte van bewaringslandbou omarm en

pas dit uitstekend toe. Daar is egter nog diegene wat hul materiaal

(bedekking) gedurende die maand of twee voor planttyd

begin, brand. Aprilmaand in die Swartland sien

jaarliks ‘n dynserigheid as gevolg van die

rook in die lug. Hierdie artikel gaan bietjie

filosofies raak oor hierdie verskynsel;

daarom die gekose titel.

Wanneer ‘nmensmet produsente

praat en vra waarom hulle

die lande brand, word ver-

skeie redes aangevoer.

Die twee wat egter die

meeste verskaf word,

is onkruidbeheer en

sodat hulle makliker

kan plant met hul

tandplanters.

Dit is verseker twee aspekte wat probleme in ‘n produksiestelsel

kan veroorsaak. Wanneer ‘n mens oesreste brand om onkruidsaad

te beheer, is daar ‘n stel voorskrifte wat gevolg moet word om

suksesvol te wees. Die Australian Herbicide Resistance Initiative

(AHRI) het heelwat navorsing hieroor gedoen.

Om regtig suksesvol te wees, moet die materiaal in nou windrye

geplaas wees, daar moet ‘n hoë volume materiaal in daardie windry

wees en die brand moet stadig teen die wind in plaasvind. In die

meeste gevalle, of miskien in al die gevalle, waar daar plaaslik

gebrand word, is dit nie die geval nie.

Die voordele van die behoud van oesreste bo-op die grondopper-

vlakte is wel bekend. Dit hou die grond koeler in die somer en

warmer in die winter, dit bekamp wind- en watererosie en verskaf

‘n voedingsbron aan die organismes in die grond wat die organiese

materiaal verwerk, met die gevolg dat ons in staat is om organiese

materiaal (dus koolstof) stadig maar seker oor tyd op te bou.

Waterinfiltrasie is ook beter waar daar materiaal op die grond is.

Wat gebeur nou as dit gebrand word?

Jy verloor jou organiese bedekking, jy verhoog jou risiko, jy ver-

hoog jou kostes en jy word stadig al hoe armer.

Ons gaan fokus op die volgende drie aspekte: Koolstofdioksied

(CO

2

)-vrystelling, waterhouvermoë en verlies aan voedingstowwe.

CO

2

-vrystelling

Almal is bewus van die rol wat CO

2

in klimaatsverandering speel.

Landbou het deur die lang jare van ploeg ‘n groot rol in die vrystelling

van CO

2

in die atmosfeer gespeel. Nie net het die ploeg van die

grond CO

2

vrygestel en dus gestoorde grondkoolstof verbrand nie

(‘n syfer van omtrent 80% verlies doen die rondte), maar ons het ook

fossielbrandstof gebruik om dit te vermag.

Dit is baie waar in die geval van die Swartland, waar die meeste

van ons grond minder as ‘n 0,5% koolstof oorhet. Ons het met

die oorskakeling van konvensionele bewerking na minimale

grondversteuring oor die afgelope 20 tot 30 jaar (eers mini-

mumbewerking of bewaringsbewerking en later geenbewerking)

darem die verbranding van fossielbrandstowwe laat daal.

Wanneer ons egter oesreste brand, dra ons weer eens by tot die

vrystelling van groot hoeveelhede CO

2

aan die atmosfeer. Na ‘n

interessante gesprek met ‘n grondkundige, het ek geskrik toe ons

die verlies bereken.

Kom ons neem koringstrooi as voorbeeld. Koolstof maak 40%

van die totale gewig van koringstrooi uit. Wanneer die stoppel

gebrand word, reageer die koolstof met suurstof om CO

2

te vorm.

Aan elke koolstofmolekuul bind daar twee suurstofmolekule en

die gevolg is dat daar ‘n swaarder verbinding gevorm word.

In kort, as ‘n mens die molekulêre gewigte van die elemente in

berekening bring, lyk die som soos volg: As daar 100% verbranding

plaasvind, sal 1 kg koringstrooi 400 g koolstof bevat. Dit is

33,33 mol koolstof wat gelyk is aan 33,33 mol CO

2

en die massa

van 33,33 mol CO

2

is 1,47 kg. Hierdie syfer sal ook natuurlik

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

DR JOHANN STRAUSS,

senior wetenskaplike: Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste, Wes-Kaapse Departement van Landbou