Besproeiing:
Belangrik vir graanproduksie
S
uid-Afrika is ‘n relatiewe droë land met ‘n uiters wisselval-
lige reënvalpatroon. Die land bestaan uit drie hoofsones:
‘n Winterreënvalgebied in die suidwestelike hoek van die
land, ‘n gebied waar die reën dwarsdeur die jaar val, langs
die suidelike kusstrook en ‘n somerreënvalgebied oor die res van
die land.
Dié verskynsel lei daartoe dat graanproduksie beduidend kan vari-
eer. Ten einde graanproduksie te stabiliseer tree die besproei-
ingselement altyd in ‘n land wat merendeels droog is na vore.
Mielies
Alhoewel die grootste persentasie mielies (90%) onder droë-
landtoestande geproduseer word, het aanplantings onder be-
sproeiing die afgelope paar jaar stelselmatig toegeneem. Gemeet
teenoor vyf jaar gelede, het die hektare beplant met mielies
onder besproeiing met 19% of 42 095 ha toegeneem, vanaf
219 750 ha in 2011/2012 tot 260 650 ha in 2016/2017. Tans beloop
die persentasie aanplantings van totale mielies onder besproeiing
ongeveer 10%, waarvan geelmielies die grootste gedeelte uitmaak,
naamlik 14% teenoor witmielies se 7%.
Grafiek 1
toon die persentasie verdeling van mielies onder be-
sproeiing gemeet teen die finale mielie-oes. Vanuit die grafiek is
dit duidelik dat droëlandmielieproduksie die grootste persentasie
van die oes uitmaak. Hierteenoor het die mielieproduksie onder
besproeiing die afgelope vyf jaar tussen 17% en 32% tot die totale
mielie-oes bygedra.
Tien jaar gelede, gedurende 2006/2007, is slegs 7,125 miljoen ton
mielies geproduseer, waarvan 76,9% (5,481 miljoen ton) onder droë-
landproduksie was, terwyl besproeiingsproduksie 23,1% (1,64 mil-
joen ton) beloop het.
Vir die 2016/2017-seisoen, volgens die sewende produksieskat-
tingsyfers van die Oesskattingskomitee, is die verwagte mielie-oes
16,413 miljoen ton – die hoogste mielie-oes nóg geproduseer in
die geskiedenis van Suid-Afrika. Die verdeling tussen besproeiings-
en droëlandproduksie is 18,2% of 2,988 miljoen ton teenoor 81,8%
of 13,426 miljoen, onderskeidelik. Daar kan daarom met sekerheid
gesê word dat mielieproduksie onder besproeiing belangrik is,
maar veel belangriker in jare wat Suid-Afrika ‘n droogte ervaar. Só
byvoorbeeld was die bydrae van besproeiingsproduksie gedurende
die vorige seisoen (2015/2016), wat een van die ergste droogtejare
sedert 1904 was, 32% of 2,489 miljoen ton teenoor droëlandpro-
duksie se 68% of 5,289 miljoen ton.
Koring
Gemeet teenoor nege jaar gelede (2007), het die hektare vir
koring onder besproeiing in die 2016-produksiejaar met 14,6% of
17 795 ha, vanaf 122 200 ha tot die huidige 104 405 ha, afgeneem. Dit
is egter kommerwekkend dat koring se oppervlakte onder droëland
gedurende dieselfde tydperk met 20,8% of 105 840 ha gedaal het.
Een van die hoofredes vir hierdie afname is die effek van die swak
winsgewendheid van koring vir produsente.
Grafiek 2
dui die persentasie van die oppervlakte en produksie aan
wat besproeiing die afgelope nege jaar tot die finale oppervlakte
en oes bygedra het. Besproeiingskoring se bydrae tot die finale
oes is heelwat meer as in die geval van mielies. Hoewel be-
sproeiingsverbouing die afgelope paar jaar tussen 21% tot 28% van
die totale oppervlakte vir koring uitgemaak het, dra die produksie
gedurende die verskeie seisoene bykans 50% tot Suid-Afrika se
totale koring-oes by. Dié verskynsel beklemtoon dat koring onder
besproeiing ‘n belangrike rol in die koringbedryf speel.
Opsomming
As gevolg van die huidige groot mielie-oes, is die verwagting dat
daar nie oor die kort termyn voedselsekerheidsprobleme in
Suid-Afrika sal wees nie. Indien daar egter nie meer mielies onder
besproeiing verbou word nie, kan dit tot voedselsekerheidspro-
bleme lei omdat besproeiing tot ‘n groot mate die nasionale produk-
sie stabiliseer – veral gedurende droogtejare.
Aangesien Suid-Afrika ‘n netto invoerder van koring is, is dit
noodsaaklik dat koring onder besproeiing verbou word, omdat
dit so ‘n relatiewe groot bydrae tot die totale produksie lewer. As
die oppervlakte onder besproeiing egter sou afneem, kan dit tot
gevolg hê dat Suid-Afrika meer koring sal moet invoer om in die
plaaslike vraag te voldoen. Dit het tot gevolg dat Suid-Afrika mil-
jarde rande, wat eerder in die plaaslike ekonomie geploeg kon word,
aan buitelandse valuta verloor.
23
October 2017
FOKUS
Besproeiing
Spesiale
PETRU FOURIE,
navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA en
RONA BEUKES,
senior statistikus: Oesskattings, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
Grafiek 1: Mielies: Besproeiing se persentasie bydrae tot hektare
en produksie.
Bron: Oesskattingskomitee, 2017
Grafiek 2: Koring: Besproeiing se persentasie bydrae tot hektare
en produksie.
Bron: Oesskattingskomitee, 2017