Background Image
Previous Page  6 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 112 Next Page
Page Background

4

d

ie 2015/2016-seisoen is nou behoorlik soos ‘n vyfdag-

kriekettoets. Dit is nou die laaste sessie van die vyf-

de dag en daar is nog so twee paaltjies staande – én

ons kolf vir ‘n gelykopuitslag. Dit stuur af op ‘n einde

waar niemand wen nie. Dit was ‘n lang, taai stryd ge-

kenmerk deur baie sweet.

Ons het baie lesse geleer, maar dit is nie ‘n seisoen wat ons graag

sal wil onthou nie. Daar sal nog baie daaroor gepraat word, maar

die onthou sal geforseerd wees. Die baie ure wat ons as georgani-

seerde landbou spandeer het om droogteplanne te skryf en somme

van die skade te maak, het soos ons mielie-oeste aan die weste-

kant van die land, geen opbrengs gelewer nie.

Almal het geluister en saamgepraat, maar geen dade is by die

woorde gevoeg nie. Die enigste baken van hoop was die aksies

wat die privaat sektor via Agri SA geloods het. Ons skuld al die

donateurs en betrokkenes ‘n groot dankie! Die trane van produsente

wat só uitkoms ontvang het, het die groot waardering bevestig.

Gelukkig is daar ‘n volgende seisoen wat voorlê. Met die skryf

van hierdie artikel het dit lekker in die Wes-Kaap gereën en hul oeste

lyk baie mooi. Dit is dalk net ‘n wonderlike voorloper van dít wat

ons hier bo in die noordelike dele van ons land kan verwag.

Na die 2016 munisipale verkiesing is daar in die hele land ook ‘n

gevoel van afwagting vir ‘n nuwe seisoen. Die belangrike van ‘n

nuwe seisoen is dat dit meer met doen as praat te make het en

daar dalk heelwat gebeur wat jou aandag en fokus mag aftrek. Die

manier waarop jy reageer en sake afhandel, moet ook sprekend van

jou karakter wees. Landbou vereis nederigheid en dat ons stil word

voor die Skepper wat alles beheer. Ons lot is in Sy hand.

Een “nuwe seisoen” wat so skeef-skeef teen die opdraand aansuk-

kel, is die plek wat die Bedryfskamer in Agri SA moet vul. Daar is

al van die bedrywe wat uit Agri SA bedank het weens die feit dat

ons nie eenheid in landbou kan bereik nie. Dit noodsaak van die

bedrywe om by meer as een nasionale organisasie te affilieer en

dit kos addisionele geld. Die oplossings vir dié netelige kwessie is

nie volop nie, maar ons sal moet deurdruk ter wille van ‘n sektor wat

krities vir ons land se toekoms is.

Ek het onlangs nagelees oor wat geskryf is oor Brexit en die oor-

eenkoms wat dit het met die onverwagse steun wat Donald Trump

in die VSA kry. Daar is selfs ooreenkomste daarvan met die uitkoms

van ons eie munisipale verkiesing.

Landbou sal moet kennis neem van mense se woede oor sake wat

hul eie lewens en lewensstandaarde bedreig wat in stembusse

beslag kry. In Engels word verwys na

sea change

– betekenisvolle

verandering of transformasie. Terwyl ons in landbou nog spook

om konsensus te kry oor wat transformasie is en hoe om dit reg te

doen, het daar ‘n ander tipe transformasie in ons gemeenskappe

plaasgevind wat min met ras te doen het.

Landbouleiers loop nou die gevaar dat dieselfde met hulle kan

gebeur as wat met hul politieke eweknieë gebeur het: Om kontak

te verloor met wat regtig op grondvlak saak maak. Woede en vrees

dryf mense tot irrasionele besluite en misplaaste optrede.

Moenie fokus verloor nie

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Die belangrike van

‘n nuwe seisoen is

dat dit meer met

doen as praat te

make het...

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Oktober 2016