Background Image
Previous Page  71 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 92 Next Page
Page Background

Sentrum bied waarde

vir totale landbougemeenskap

B

ayer se eerste SeedGrowth-sentrum in Afrika, wat op

25 Augustus met ‘n lintknip-seremonie by hul produksie-

fasiliteit net buite Nigel geopen is, beoog om navorsing en

ontwikkeling te bevorder. Saadtelers, saadmaatskappye,

navorsingsfasiliteite, adviseurs en produsente sal ook by dié sen-

trum vir volhoubare toekomsgroei kan baat vind.

Dié multimiljoen rand-sentrum is gebaseer op ‘n geïntegreerde

stelsel wat bestaan uit vier pilare, naamlik produkte, tegnologie,

toerusting en diens.

Bayer se innoverende produkoplossings sal saadinvestering be-

skerm, dit bevorder en groei ondersteun. Tegnologie om die saad

te behandel en die kleefbaarheids-, prestasie- en hanteringseien-

skappe van hul produkte te bevorder, word ook verskaf.

“Polimere is ‘n produk wat die kleefbaarheid en doeltreffendheid

van die produk verhoog, maar dit help ook om die stof op die produk

te verminder, wat op sy beurt die vloei van saad deur die planter

sal verbeter en uiteindelik ‘n invloed op jou plantafstand se akku-

raatheid en opbrengs het,” het mnr Klaus Eckstein (hoof uitvoerende

beampte en hoof van Gewasbeskerming: Bayer Suidelike Afrika),

tydens die amptelike opening verduidelik, waar hy gaste uit die land-

bousektor en die media toegespreek het.

Tegnologie soos hierdie sal ondersteuning verleen om die produk-

tiwiteit, wins, volhoubaarheid en rentmeesterskap van boerderye

te verhoog.

“Die geleentheid waaroor ons tans beskik, is dat Afrika meer as

45% van die wêreld se onaangeraakte landbougrond beskik. Deur

saadbehandeling het ons die regte hulpmiddel om ook vir die

ontwikkelende produsent waarde toe te voeg deur saadbehande-

ling wat opbrengste met 30% per hektaar en meer kan verhoog,”

het hy gesê. Die produkte word met toerusting, wat deur die maat-

skappy Gustafson vervaardig word, op die saad aangewend.

Volgens Eckstein gebruik Bayer die produk, saadbehandelingteg-

nologie en toerusting om spesifieke “resepte” vir spesifieke maat-

skappye en spesifieke behoeftes te ontwikkel.

Die vierde pilaar, waaraan dié maatskappy besondere waarde heg,

is diens, wat opleiding, advies en tegniese ondersteuning insluit.

“Ons kry terugvoer van kliënte wat sê dat hulle na ons toe kom vir

die unieke diens,” het hy gesê.

Eckstein sê die toekoms van landbou kan gevorm word deur die

laaste mylpaal te bereik. “Daar is boerderye in Suid-Afrika wat

tussen 20 ton en 22 ton mielies per hektaar produseer, wat gelyk-

staande is aan wêreldwye produksiesyfers. Aan die ander kant

is daar bestaans- en ontwikkelende boere in Afrika wat minder as

1 t/ha produseer. Die saad wat die boere gebruik, beskik oor

genetiese potensiaal. Om dié potensiaal te bevorder, moet ‘n

SeedGrowth-produk gebruik word, wat die eerste tree tot die

verhoging in opbrengs kan wees.”

Luidens ‘n persverklaring sal dié sentrum die landboubedryf

ondersteun deur “opleiding aan saadmaatskappye se produksie-

personeel te gee oor die beginsels van rentmeesterskap, saad-

maatskappye te ondersteun deur hul prosesse op te gradeer in ‘n

proefaanleg-omgewing, op te tree as ‘n basis vir navorsing deur

saadbehandelingtegnologie te optimaliseer en te demonstreer

hoe Bayer se toerusting werk; en watter toerusting in kliënte se

fasiliteite sal werk”.

69

November 2016

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Klaus Eckstein en Matthias Haug (senior visepresident en wêreldwye sleutelrekeningbestuurder: Bayer) voor ‘n stofmeter – een van die items

wat in die sentrum gebruik word.

2: Fritz Schnier (hoof: Wêreldwye SeedGrowth-sentrums), middel, verduidelik aan gaste hoe die saadbehandelingmasjien werk. Hy glo dat die

suksesvolle werking van masjiene grootliks afhang van die mens-faktor. “Dit help nie jy beskik oor wêreldklastoerusting, maar die operateur van die

saadbehandelingmasjien verstaan nie die suksesfaktore van hoëkwaliteit saadbehandeling nie. Daarom is opleiding ‘n belangrike aspek by die Bayer

SeedGrowth-sentrums,” het Schnier gesê.

3: Monsanto was een van die saadmaatskappye wat die bekendstelling bygewoon het. Voor van links is Kobus Steenekamp (besturende direkteur:

Monsanto SA), Ockie van Schalkwyk, GP van den Berg, Mof Krugel en Johan Bibbey – almal Monsanto-streeksbestuurders. Agter van links is

Hendrik van Staden (bestuurder: Kliëntefokus, Monsanto Afrika), Hennie Stander, Hannes Kriel (albei Monsanto-streeksbestuurders), Pieter Smit

(bemarkingsbestuurder: Saad en Biotegnologie, Monsanto SA) en Pieter Taljaard (produkbestuurder: Monsanto Afrika).

4: Frits Nel (ingenieur-bestuurder: Bayer), Jan Coetzer (bestuurder: SeedGrowth, Bayer), Dirk Uys (bemarkingsbestuurder: Bayer) en Jaco van Zyl

(bemarkingspesialis: SeedGrowth, Bayer).

5: Fritz Schnier, Klaus Eckstein en Matthias Haug open die SeedGrowth-sentrum buite Nigel. Dié sentrum is een van 16 sentrums in die wêreld.

1

4

5

2

3