Background Image
Previous Page  26 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 92 Next Page
Page Background

Jy glo in jou potensiaal

en jou opbrengs …

ONS GLO IN JOU!

www.facebook.com/MonsantoCo www.twitter.com/MonsantoCo

news.monsanto.com/rss

011 790-8200

customercare.sa@monsanto.com www.monsanto.com

Monsanto is ’n geregistreerde handelsnaam van Monsanto Technology LLC.

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

uppe marketing A12964/SAG

SY BESTE

TOEKENNING NÓG

“E

k ontvang hierdie toekenning vanaand in nederigheid.

Om ‘n toekenning vanuit die akademie te ontvang

is goed, maar om ‘n toekenning vanuit die bedryf te

ontvang, is selfs beter – dit is die beste!”

Só het prof Zakkie Pretorius, wat onlangs afgetree het by die

Departement van Plantwetenskap van die Universiteit van die

Vrystaat, in sy bedankingstoespraak gesê.

Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) het

‘n paar hoogtepunte van prof Pretorius se loopbaan uitgelig voor-

dat dié toekenning deur mnr Andries Theron (visevoorsitter:

Graan SA) aan hom oorhandig is.

“‘n Groot deel van sy loopbaan het hy op die navorsing van koring-

roes spandeer. In 1982 het hy die sentrale roeslaboratorium in

Minnesota in Amerika besoek om meer kennis op te doen met die

oog daarop om te bepaal hoe dié probleem in Suid-Afrika hanteer

moes word, omdat daar op daardie stadium ‘n gebrek aan ervaring

in hierdie onderwerp in Suid-Afrika was. Met sy terugkeer na

Suid-Afrika het hy ‘n laboratorium en infrastruktuur op Bethlehem

gevestig.

Sy oorspronklike navorsing het op blaarroes gefokus, maar later

het hy op streep- en stamroes begin konsentreer. Oor die jare het

sy navorsing, wat in die meeste gevalle saam met ‘n ekstensiewe

netwerk van spesialiste en kollegas gedoen is, ‘n verskeidenheid

van onderwerpe ingesluit – van roes-identifikasie, die ontdekking

van nuwe weerstandgene tot geenkartering. Sy huidige navorsing

is toegespits op hulpmiddels wat sal help om die veelvuldige

gene vir roesweerstand in kultivars te kombineer en te bewys,” het

De Villiers gesê.

Hy het prof Pretorius bedank vir al die ure wat hy in die glashuise

deurgebring het en die studente wat hy voorberei het vir die graanbe-

dryf. “Jy het ons geïnspireer met jou toewyding en ons geleer om

aan dié dinge wat die graanbedryf verhoed om vorentoe te be-

weeg, te werk,” het De Villiers afgesluit.

Prof Pretorius sê hy werk al byna vir 40 jaar in die graanbedryf. “In all

nederigheid kan ek julle verseker dat die werk wat ons in Suid-Afrika

doen met die beste in die wêreld kompeteer,” het hy bygevoeg.

“Hierdie toekenning is my nasionale kleure in graannavorsing; dit is

my Proteakleure. Ek dra hierdie toekenning op aan al die produsente

in die wêreld. Julle is baie braaf en innoverend,” het hy afgesluit.

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker en

HELENUS KRUGER,

foto

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

Andries Theron, regs, oorhandig die inspirasie-

toekenning aan prof Zakkie Pretorius.