Background Image
Previous Page  23 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 92 Next Page
Page Background

verseker sukses

V

ir mnr Jozua du Plessis van die plaas Middelbult by

Delmas, wat as die Graan SA/Syngenta Graanprodusent

van die Jaar aangewys is, is presisie die resultaat van harde

lesse wat oor meer as drie dekades van boerdery geleer is.

Du Plessis het in 1981 op 300 ha huurgrond begin boer. In 1982/

1983 het ‘n sterk El Niño geheers, wat veroorsaak het dat hy ‘n

erge misoes gehad het. Hy het slegs 0,86 t/ha mielies en een

70 kg sak bone/ha gestroop. Gelukkig kon hy voer baal en verkoop

en darem gelykbreek. ‘n Jaar later het hy die plaas, waar hulle steeds

woon, gekoop. Uitdagende jare het gevolg, maar harde werk het

verseker dat hy sy eerste spilpunt in 1991 opgerig het. Vandag boer

sy twee oudste seuns, Ruan en Chandré, saam met hom.

Alles op hul plaas word gemeet, nagegaan en gebalanseer tot

perfeksie. Presisieboerdery word reeds vanaf 2000 toegepas – op ‘n

driejaarrotasiebasis. Sedert hulle presisieboerdery in hul boerdery

begin aanwend het, het mielie-opbrengste met 40% verhoog.

Die grondtipe is geskik vir ‘n verskeidenheid van gewasse wat

onder besproeiing en droëland verbou word. Mielies, koring, aar-

tappels en sojabone, wat sojaboonsaad insluit, word geproduseer

in lyn met markbewegings en die beskikbaarheid van water. Om

voorsiening te maak vir toekomstige besproeiingsdoeleindes word

‘n nuwe dam op die plaas gebou, omdat bewerkbare landbougrond

optimaal benut word.

Hulle volg konvensionele bewerkingsmetodes gekombineer met

‘n GPS-stelsel om die produksieproses te optimaliseer. Daar word

gedurende die dag geoes en die graan word dan oornag in graan-

droërs gedroog met ‘n kapasiteit van 200 t/dag. Die grootskaalse

stoorkapasiteit (6 000 ton silo’s en nog stoorplek vir ‘n verdere

2 000 ton in ‘n aangepaste skuur) word aangewend om sover moont-

lik skuld te vermy en vergemaklik ook besluitneming en tydsbe-

rekening ten opsigte van bemarking en die verkoop van produkte.

Die Du Plessis’ plant slegs Bt-vrye mielies, wat hulle direk aan

die industrie verkoop. Graan word verder gebruik vir hul bykans

750 Bonsmarabeeste wat vir speenkalfproduksie aangewend word.

Hierdie megaboerdery is ‘n goed-geoliede masjien en die sukses

daarvan kan toegeskryf word aan sorgvuldige bestuur en spanwerk.

‘n Gedugte span – elkeen onmisbaar

In die beginjare het Du Plessis self herstelwerk aan sy trekkers

gedoen, maar vandag het hy ‘n goeie werkspan wat almal saam

bydra tot die sukses van die boerdery. “Ek wil graag vir my vrou,

Sonja, met wie ek al vir 39 jaar ‘n pad stap, dankie sê – sy het van

die begin af net so hard soos ek gewerk. Dankie aan my twee

oudste seuns, Jozua en Chandré, asook al die ander mense op

die plaas – van die bestuur tot die persoon wat die veewerk doen.

Aan my jongste seun, Ruan, wat nie in die boerdery betrokke is nie,

wil ek voorspoed toewens met sy eie besigheid.

“Ek wil dan graag ons Liewe Vader bedank, want toe ek net begin

boer het, was dit meer ‘n geval van blote genade as wat dit ‘n be-

staan was,” het hy tydens sy bedankingstoespraak gesê.

Hy het ter afsluiting sy dank uitgespreek aan die borge wat dié

kompetisie moontlik kon maak. Syngenta is in samewerking met

Graan SA die trotste borg van die Graanprodusent van die Jaar-

toekenning.

21

November 2016

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker en

HELENUS KRUGER,

foto’s

1: Jozua du Plessis het aan produsente dié aand teenwoordig gesê:

“Elke Suid-Afrikaanse produsent verdien om hier te staan waar ek

vanaand staan. Moet nou nie grootkop kry nie,” het hy geskerts,

“maar ons land se produsente is die beste ter wêreld.”

2: Jozua en sy vrou, Sonja, heel regs, vier die groot oomblik saam met

hul drie seuns Ruan, Chandré en Jozua. Hier is hulle saam met hul

metgeselle Danelle Grobler, Maxine Manser en Carolien du Plessis

(Jozua junior se vrou).

3: Rothea Smith (kantoorbestuurder) en André Meyer (plaasbestuurder)

vorm deel van Jozua du Plessis se wenspan op die plaas.

1

2

3