SA Graan Maart NAMPO - page 114

Produk-inligting
Landbougroei inalle sektore
vanmeganisasie
L
andbou inSuid-enSuider-Afrika is lankalniemeernet ingestel
op die verkoop van trekkers nie, maar die hele spektrum
van landboutoerusting word ondersoek en die kwaliteit van
implemente gekombineermet die trekker, speel ‘n belangrike
rol inbesluitneming.
Northmechet belê indieCase IH implementereeksensal dit ten toon
stel by vanjaar se Graan SA NAMPOOesdag. Die nuwe reeks sluit
die volgende in:
Case IH EcoloTiger
Diemasjiene ishoofsaaklikvir primêrebewerking, gekombineermet
snyskottels, beitelploegtande en rollers om ‘n egalige bewerking te
laat realiseer. Dieptes op die bewerkings kan wissel van 450 mm
tot enmet 750mm en diemasjiene is beskikbaar vanaf die gewilde
7-tand tot enmet die 15-tand.
Case IH Ecolo-Till
Dit is hoofsaaklik ‘n saadbedvoorbereidingsmasjien. Dit is toegerus
met veerbelaaide tande, materiaalhanteringsharke en rollers om
die perfekte saadbed voor te berei. Die masjiene is leiers op die
Amerikaanse mark en het met groot welslae reeds in Suid-Afrika
verkoop. Dit sal ten toongestel wordbydieOesdagen isbeskikbaar
vanaf 40-voet tot enmet 60-voet,wat ‘n reuse600perdekragverlang
omdeur diegrondgesleep teword.
Case IH Turbo-Till
Virdiekliëntwatminimumbewerkingof selfsgeenbewerking toepas,
isdit diémasjienomaan te skaf. Die skottelspenetreer net tot onder
die wortels van die stronk en sny dit in die grond. Die masjien se
druk per skottel is om en by 80 kg en voer slegs ‘n sny-aksie uit op
die materiaal. Bewaring van vog in die grond word baie verhoog
en kan tot groot voordeel wees vir droë seisoene. Die masjiene is
beskikbaar vanaf die 21-voet tot enmet die 34-voet.
Axial Flow – die naam sê alles
Case IH gaanweer fokus op dié stroperreeks by NAMPO 2014, met
‘n spesiale aanbieding rondom die hele reeks oesmasjiene. Die
Case IHspogmet dienuutste tegnologie inenkelrotorstropersasook
die nuutontwerpte kajuite en gaan vindingryke uitvindsels met die
klant deel.
Die 5130 is die kleinste vandie reeks en ‘n klasV-model endie reeks
eindigbydieenorme9230-klasVIIII.Diestandaardkonsep,watwerk,
isniemeegekarringnie,maar daar het ‘n klompiemooi toevoegings
en interessante verstellings bygekom wat operateursgerief be-
vorder. Die stropers is standaard toegerus met die AFS-sisteem en
is beskikbaar in twee- en vierwieldryf asookmet dubbelwiele.
Case IHplukkerkoppeasookfyngraantafels
Dieplukkerkoppe is verlede jaar bekendgestel endienavrae stroom
in. Die plukkers spogmet die egaligste en skoonste sny-aksie in die
bedryf en verhoog produktiwiteit op ‘n 24 uur-basis met meer as
15%. Ons nuwe reeks sluit in die 6-, die 8- en die 12-ry. Die nuwe
plukkerkop voldoen aan die standaarde gestel deur sy voorgangers
endoen selfs beter.
Die 3020-reeks (Flexi), die 2010 vaste bed asook die 3050 Varifeed
sal te sien wees. Die 3050 is gekenmerk deur die bed wat 500 mm
vorentoe en agtertoe kan skuif vanuit die kajuit. Dit bring mee dat
korter graanmakliker gesny kanword en die afstand tussen die lem
en die “reël” baie kleiner is, sodat verliese tot dieminimum beperk
kanword.
Hooimaak- en graanhanteringstoerusting
DieCase IHbalerreeks–LB434, salweer tesienweesbydieOesdag.
Hierdie balers het reeds ‘n groot impak gemaak in diemark enmet
baalgroottes van 120 cm x 90 cm, word die hantering asook die
vervoer baie vergemaklik. Kom kyk gerus.
Die DC-reeks snyerkneusersword ook gewys. Daar is driemodelle:
DC102 – 3,2mmiddeltrek; dieDC132 – 4m sykanttrek; endieDC162
– 4,8 m sykanttrek. Vir die vroeë sny van enige voermateriaal en
beter droging, is diémasjiendie antwoord.
Presisieboerdery: AGSolutions
Northmec gaan vanjaar ‘n praktiese demonstrasie doen op die
standplaas om die effektiwiteit van die RTX-sisteem aan die klant
te bewys, saam met die beheer van ‘n boordspuit deur die GPS-
sisteem –moet hierdiedemonstrasieniemisloopnie!
Met ‘n akkuraatheid van tot 3,2 cm sonder enige RTK-basisstasies,
maak dit sin om die sisteem aan te skaf. Bekostigbaarheid en
effektiwiteit, saam met die vermoë om presies te wees – dít is
Case IH AFS presisieboerdery. Die sisteem sny talle verskuilde
aankoopkoste uit wat in die verlede ‘n groot ontnugtering was
vir die produsent. Die sisteem werk beter, is goedkoper en
operateursvriendeliker. Kombesigtig en ervaar dienuwe sisteem.
Die hele reeks trekkers sal te sienwees, wat insluit die Case IH JXT,
die JXMaxxima, die Farmall JX, die Farmall A, dieMXMaxxum, die
Puma, dieMXMagnum en die veelbekende STX Steiger-reeks. Die
kleinste hiervan is die JXT55, wat ‘n lewering gee van 42 kW en dit
strek tot by die STX 600 wat ‘n maksimum van 492 kW kan lewer
– beskikbaarmet rubberwieleof rusperbande.
< 112
WERKTUIE EN TOERUSTING
Nampo 2014
ARNODUPLESSIS,
nasionale verkoopsbestuurder, Case IHNorthmec
Satellietkommunikasie verseker akkuraatheid.
1...,104,105,106,107,108,109,110,111,112,113 115,116,117,118,119,120,121,122,123,...124
Powered by FlippingBook