Background Image
Previous Page  3 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 72 Next Page
Page Background

1

May 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Johann Brits, Elri Burger, Abrie Coetzee, Jannie de Villiers, Kivanc Eren, Susari Geldenhuys, Elmarie Helberg, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Corné Louw,

Bankies Malan, Shawn Phillips, Dawie Roodt, Kobus Serfontein, Nemera Shargie, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Liana Stroebel, Chris Sturgess, Vicki Tolmay, Coretha Usher,

Henry van Vuuren, Toit Wessels en Chantal Yazbek

e

k weet nie veel van vuurmaak nie. Om die waarheid te sê: Ek

het self nog nooit vuurgemaak nie. Ek weet egter dat sekere

mense vuurmaak baie ernstig opneem.

Vir iets om as ‘n vuur gesien te word, moet daar vlamme

wees en nie net die vlam van die aansteker nie. Die vlamme

van Blitz en gaspype tel nie as vlamme nie. As jy ‘n stuk Blitz onder

houtskool (

charcoal

) druk, die spulletjie aansteek en dit is hoe jy braai,

dan mag jy nie saampraat as mense praat oor vuurmaak nie...

” lees ek

nou die dag op iemand se aanlyn-kletskamer.

Ek het grootgeword met ‘n stronkevuur. (Duidelik kom ek van die

Vrystaat af – glo nie daar word nog êrens anders met stronke vuur-

gemaak nie!) Na strooptyd word die werkers se vrouens betaal om ‘n

hele paar kunsmissakke propvol stronke op te tel. Dié word dan in ‘n ou

stoortjie op die plaas gebêre.

Dit was vir my man, ‘n gebore Kapenaar wat grootgeword het met

wingerdstompies en houtskool, baie eienaardig om die eerste keer te

sien hoe my pa en broers met mielieblare en stronke ‘n skoorsteen bou,

vuur maak en daarop braai as die stronke bloedrooi begin gloei. En dan

moet jy jou storie ken en vinnig braai...anders moet jy die vleis verder

in die oond gaarmaak! Ek wonder hoeveel sakke stronke daar vanjaar

van die lande af opgetel sal kan word...? Of daar genoeg vuurmaakgoed

gaan wees om darem ‘n paar keer vleis te kan braai? Die afgelope jaar

se produksietoestande was glad nie baie gunstig vir ons produsente nie.

Hoe hanteer ‘n produsent ‘n naderende finansiële krisis wat volg na ‘n

stram landboujaar? Vir ons fokus op geldsake en finansiële dienste in

dié uitgawe (bladsy 11 tot bladsy 37) is antwoorde vir produsente se

finansieringsvrae gesoek.

Dr Kobus Serfontein (Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool) – wat

intussen skielik oorlede is – het ook vir ons ‘n motiveringsartikel geskryf

(bladsy 58) met ‘n paar wenke van hoe jy as persoon moeilike tye kan

hanteer. “Ons het nie altyd beheer oor wat met ons gebeur nie, maar

wel oor hoe ons gaan optree. Moeilike tye gaan nie net oor geld, droogte

of stof nie, maar eerder dat ons hoop, drome en doelwitte nie mag

opdroog nie,” is sy raad.

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) verduidelik

ook in

Graan SA Standpunt

waarom dit tyd is om om te draai in jou

bootjie en jou eie koers in te slaan: Die huidige boot stuur op die rotse af.

“Daar is ‘n ander weg. Graan SA sal, ten spyte van kritiek, steeds hier-

die weg soek en aanwys. Die rotse is nie ‘n opsie nie. Ek het die afge-

lope seisoen gesien hoe graanprodusente van die Swartland tot doer

agter in Mareetsane die brutale feite van ‘n droogte vierkantig in die oë

gekyk het, ‘n besluit geneem het en aanbeweeg het,” sê hy.

Of jy dus daarvan hou om met hardehout, stronke, kameeldoring,

houtskool of wingerdstompies te braai, braai gaan (en moet) ons braai

– die lewe gaan aan. En ons produsente kyk die lewe vierkantig in die

oë en staan weer op. Ons drome droog nie op nie.

Lekker braai!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

S

outh African wheat produc-

ers are approaching the

planting season. In the previ-

ous season, South African

wheat producers planted

482 150 hectares of land,

which was a positive increase

of 1% from the area planted in

2014. Nonetheless, produc-

tion turned out lower than

expected as ongoing drought in some areas of

the Western Cape Province led to lower yields.

The market conditions are also slightly favourable

with the wheat import tariff having increased to an

all-time high level. On

page 40

WANDILE SIHLOBO

(Grain SA) and

TINASHE KAPUYA

(Agbiz) briefly

explore the current domestic and global wheat

market conditions.

S

uid-Afrika is een van twee lande in die wêreld

wat gebruik maak van kommersiële koringkulti-

vars met Russiese koringluisweerstand om hierdie

skadelike insek te bestuur. Die ander land is die

VSA. 38 koringkultivars is oor die jare in Suid-

Afrika vrygestel. Uit dié wat tans beskikbaar is, is

daar vyf wat weerstand teen die nuutste biotipe

van die Russiese koringluis toon.

VICKI TOLMAY

(LNR-Kleingraaninstituut) vertel meer hieroor op

bladsy 54

.

‘n

Hektaar grond van vandag is presies dieselfde

as ‘n hektaar grond van ‘n honderd jaar ge-

lede. Tog word daar vandag veel meer op dieselfde

hektaar geproduseer as ‘n honderd jaar terug. ‘n

Plaas is niks anders as ‘n produksie-eenheid nie

en behoort soos enige ander produksie-eenheid

behandel te word. Lees op

bladsy 29

waarom

DAWIE ROODT

(Efficient Groep) sê landbou het

‘n nuwe besigheidsplan nodig.

Ontmoet ons

medewerkers...

S

USARI GELDENHUYS

is ‘n

gebore Gautenger, maar het

haar hoërskooldae as plaas-

kind op Upington voltooi.

y het na ‘n jaar as

au pair

in Neder-

land by die NWU Potchefstroom

kampus aangesluit en grade in BSc

Bedryfswiskunde en Informatika,

BCom(Hons) Risikobestuur en MCom Risikobestuur verwerf.

Gedurende haar finale jaar het Susari, tydens ‘n beurspro-

gram, ‘n kursus in afgeleide instrumente by die Vrije Universiteit

van Amsterdam in Nederland voltooi.

Sy het in 2014 by die Senwes Graanmakelaarspan aangesluit

en is tans werksaam as opsieskrywer. Sy hou van die uitda-

gings wat afgeleide instrumente en die landboumark daagliks

bied. Vir ontspanning geniet sy ‘n goeie boek, skryf, water-

ski, korfbal en om tyd te spandeer saam met haar hartsmense.

Lees gerus die artikel op

bladsy 12

waar sy prysrisikoverskan-

sing op Safex in ‘n neutedop aan lesers verduidelik.