Background Image
Previous Page  32 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

30

Finansieringswenke vir

BOERDERYSUKSES

“B

id, glo en doen – in daardie volgorde” was die raad van ‘n

Langkloofprodusent in my jong dae op ‘n Eersterivier-strand-

dienskamp toe ek hom vra na die rede vir sy sukses. “Doen wat jy in

geloof vra, sodat jy geseën kan word.”

Ek het ‘n paar ervare produsentevriende uitgevra oor die “doen”-

gedeelte en wat hulle raad aan medeprodusente is wat ‘n sukses

van hul boerderye wil maak. Hierdie produsente, wat elk meer

as 40 jaar by hul eie boerderye betrokke is, het ook raad aan

jonger produsente wat weens die droogte onder kontantvloeidruk

gebuk gaan.

Hier is hulle tienpuntplan oor wat om te doen:

Kry kontant in

Dit is belangrik om kontant in te kry. Raak dadelik van onproduk-

tiewe bates ontslae en verminder jou skuld.

Vroulief kan gaan werk en daardie bos bloekombome kan nou uit-

gekap word. Leefstylkoste moet inkrimp. Briek alle uitgawes. Moe-

deloosheid leer jou om vyf keer te dink voor jy ‘n uitgawe aangaan.

Fokus op die kort termyn en moenie nuwe langtermynverpligtinge

aanpak totdat die reënval- en pryssiklus weer draai nie. Praat met jou

personeel. Personeel moet ook hul kant in swaar tye bring.

Moenie met oespryse spekuleer nie

Almal behaal nie ewe veel sukses met verskansing op Safex nie.

Die ideaal is om graan uit die silo en nie van die land af te prys nie.

Al moet graan oor die langer termyn opgeberg word en die by-

komende stoorkoste betaal word, is die stoorkoste ‘n fraksie van die

prys wat vir graan betaal word.

Daar is gewoonlik twee keer ’n jaar in die loop van die bemarking-

seisoen ’n goeie geleentheid om opgebergde graan te prys. Pryse

is nou hoog. Waak daarteen om hierdie prysgeleenthede te gebruik

voordat jou grond se vogstatus dit regverdig.

Verskans, maar moenie met graanpryse spekuleer nie. As jy moet,

doen dit dan net met kontantgeld wat kan klaar raak sonder dat dit

jou boerdery in gevaar stel.

Gebruik ‘n oortrokke fasiliteit reg

Moenie ‘n oortrokke korttermynfasiliteit vir mediumtermynskuld-

doeleindes aanwend nie. Omstandighede kan verander en dan kry jy

dit nie gou weer terugbetaal nie.

Rentekoste is hoër as ‘n mediumtermynfasiliteit.

Koop slegs nodige masjinerie

Moenie masjinerie aankoop waarsonder jy kan klaarkom nie. Ge-

bruik huidige masjinerie en tegnologie optimaal en doeltreffend.

Moenie ‘n BTW-terugbetaling as ‘n deposito gebruik nie, maar koop

dit eers wanneer jy ten minste ‘n 50%-kontantdeposito kan betaal.

Finansier projekte om die knoop deur

te haak

Wanneer jy reg is om uit te brei, waak daarteen om die maksimum

finansiering op te neem waarvoor jy kwalifiseer. Neem slegs

finansiering uit wat die knoop van jou nuwe boerderyprojek gaan

deurhaak.

As daar ‘n oranje lig opgaan wat jou kontantvloeibehoeftes betref,

moenie die skuldverpligting aangaan nie. Verminder ‘n nuwe voor-

genome boerderyprojek se wins met die helfte en verdubbel die

koste daarvan. Projekkostes is altyd later hoër en winste kleiner. As

die projek steeds belowend lyk, oorweeg dit.

Diversifiseer om te groei

Diversifiseer in vertakkings waarin jy goed is, want dít en die kli-

maat bepaal jou rigting vir groei en die bates waarin jy belê. Kry

eers jou bestaande boerdery onder die knie.

Verhoog kredietblootstelling nadat ‘n oes

op die lande is

Koop noodsaaklike insette soos saad en kunsmis vroegtydig aan

en streef daarna om dit uiteindelik kontant te betaal. Probeer

intussen om ten minste die helfte daarvan kontant te betaal.

Wanneer daar ‘n oes op die lande is, kan jy jou blootstelling aan

produksiekrediet verhoog.

Vermy nie-boerderyverwante laste

Jou boerdery se bate-tot-lasteverhouding gee ‘n aanduiding of

jou skuld gedelg kan word. Bepaal eerder of jou kontantvloei nuwe

skuld kan regverdig en dit kan terugbetaal.

Wees konserwatief met grondaankope

Neem langtermynbesluite soos grondaankope se swakste scenario

in ag. Koop in ‘n swak jaar en betaal dit in goeie jare af.

Met grondaankope is dit belangrik om ‘n vaste rentekoers en -termyn

te probeer onderhandel en grond so gou moontlik af te betaal. Be-

taal ‘n deposito vir die helfte van die aankoopbedrag en moenie

betaal net wat jy wil nie.

Ego

Moenie dat ego jou doelwitte in die wiele ry nie. Daar is ‘n lewe buite

boerdery as alles skeefloop. Produsente is uitstekende sakemanne.

‘n Ouer produsent se finale raad aan jonges: “As julle jonges nou

laat lê, gaan julle moet vroeg opstaan wanneer julle oud is!”

PROMOSIE-ARTIKEL

WESSEL LEMMER,

Absa AgriBesigheid

KONTAK ABSA AGRIBESIGHEID BY

086 004 0302