Background Image
Previous Page  31 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 72 Next Page
Page Background

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Spesiale

Tyd vir ‘n nuwe

besigheidsplan

E

k is nie ‘n landbou-ekonoom nie, maar ek weet dat die

basiese beginsels van alle besighede dieselfde is. Daarom

is dit vir my duidelik dat landbou ‘n nuwe besigheidsplan

nodig het.

Die wêreld bevind hom in die midde van ‘n nywerheidsrevolusie,

maar dié keer is daar ‘n verskil. Nywerheidsrevolusies van die ver-

lede was grootliks vervoerrevolusies. Mense is bymekaargebring

in groot fabrieke waar massaproduksie die doelwit was. Massage-

produseerde goedere is wêreldwyd versprei aan die verbruikers

– wat grootliks die werkers was wat deel was van die nuwe produk-

sierevolusie. Die miljoene werkers was terselfdertyd die miljoene

verbruikers.

Vandag is dit anders. Werkers van die verlede se werke was groot-

liks repeterend van aard. Ekonome het geteoretiseer oor spesiali-

sasie en produktiwiteitsverbetering wat daarmee gepaard gaan.

Maar vandag is dit anders. Vandag se nywerheidsrevolusie is ‘n

tegnologiese revolusie en nêrens is dit méér sigbaar as juis in

landbou nie.

Tipies ontwikkel ‘n ekonomie vanaf die “vuil” bedrywe, soos land-

bou en mynbou (primêre sektore), na die bedrywe wat sekondêr

waarde toevoeg – vervaardiging en uiteindelik tot die dienstebe-

dryf. Ryker lande se dienstebedrywe is groter as hulle primêre

sektore, terwyl die teenoorgestelde waar is in armer lande.

Waar trek Suid-Afrika op hierdie evolusionêre pad en is ons gereed

vir die veranderinge wat op pad is? Ek dink ons kan meer doen. Land-

bou is ‘n goeie voorbeeld daarvan.

‘n Hektaar grond van vandag is presies dieselfde as ‘n hektaar grond

van ‘n honderd jaar gelede. Tog word daar vandag veel meer op

dieselfde hektaar geproduseer as ‘n honderd jaar terug. Waarom?

Daar is slegs twee redes: Tegnologie en vaardighede. Die “ekstra”

produksie wat vandag op grond geproduseer word, het niks met

die grond self te doen nie, maar alles met die vaardighede en teg-

nologie wat met grond gepaard gaan.

Daarom het ons politieke leiers dit mis indien hulle dink dat grond

die sleutel tot rykdom is. Grond is totaal waardeloos sonder tegnolo-

giese insette en (bestuurs)vaardighede. Verder maak ons ower-

hede ook die fout om te dink dat miljoene werke “in landbou geskep”

gaan word – veral deur kleinboere te vestig.

Nêrens in die wêreld word plase kleiner nie en nêrens in die wêreld

word meer mense in “landbou” in diens geneem nie. Hoekom sal dit

hier werk?

Maar dit is nie net politici wat landbou misverstaan nie. Produsen-

te moet ook anders na landbou kyk. ‘n Plaas is niks anders as ‘n

produksie-eenheid nie en behoort soos enige ander produksie-

eenheid behandel te word.

Indien ‘n fabriek nie winsgewend bedryf kan word nie, word dit

verkoop of word die model aangepas totdat dit winsgewend raak.

Waarom raak ons produsente so emosioneel oor grond? Baie ander

bedrywe besit nie die eiendom vanwaar hulle bedryf word nie,

waarom moet landbou?

Die bedryf wat ons vandag “landbou” noem, gaan in die toekoms

in elk geval totaal anders lyk as vandag. Die tegnologiese revolusie

waarin die wêreld homself vandag bevind, word veral goed geïllu-

streer in landbou.

Tipies lyk die besigheidsplan van ‘n plaas so: Die grond behoort

aan een eienaar, hy is die werktuigkundige, personeelbestuurder en

rekenmeester – sonder hom kan die eenheid nie voortbestaan nie.

Elke jaar word geld by die bank geleen om die insetkoste te finan-

sier en elke jaar na die oes word die lening terugbetaal – of dalk nie.

In die toekoms gaan dit anders lyk. Landbou is reeds besig om te

migreer vanaf ‘n “vuil” bedryf na ‘n dienstebedryf. Groot maat-

skappye gaan in die toekoms grond besit en diegene wat ‘n lewe in

“landbou” wil maak, gaan dienste aan landboumaatskappye lewer

– gespesialiseerde dienste soos rekenmeesters, genetici, perso-

neelbestuurders en dies meer, want dit is waar die ware waarde-

toevoeging plaasvind, nie in die grond nie.

Dieselfde geld vir die wyse waarop landbou homself finansier.

In ander bedrywe word finansies al vir ‘n geruime tyd anders be-

nader. Besighede word genoteer en gebruik finansiële markte vir

finansiering – landbou kan nog baie by hulle leer.

Die veranderinge wat ons in landbou opmerk, is dieselfde as wat in

ander dele van die ekonomie plaasvind. Tegnologiese veranderinge

is besig om werkers se toekoms as werkers radikaal te verander. Of

jy nou in landbou werk of in enige ander vertakking in die ekonomie,

sonder die vaardighede wat nodig is vir ‘n tegnologies-gedrewe

ekonomie, gaan jy deel van die werkloses word.

Dit is daarom nodig dat ons politieke leiers ons probleme raaksien

vir wat dit is. Dit is nie die eienaarskap van grond wat armes en

werkloses deel van ‘n moderne ekonomie gaan maak nie, dit is hulle

vaardighede en toegang tot werksgeleenthede. Ons moet van grond

begin vergeet en eerder op vaardigheidsontwikkeling en ‘n guns-

tige arbeidsomgewing begin konsentreer.

Nietemin, landbou is stadig besig om homself te herontdek. Hierdie

“vuil” bedryf is besig om die sprong te maak na ‘n dienstebedryf

en die landbou van die toekoms gaan heeltemal anders lyk as die

landbou vandag. Politici en produsente moet dit besef.

29

May 2016

DAWIE ROODT,

hoofekonoom: Efficient Groep

Dawie Roodt