

Maart 2017
82
Boer om ‘n goeie wins te maak
– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar
M
nr Jozua du Plessis, sy vrou, Sonja en hulle seuns boer
in die Delmas-omgewing met hoofsaaklik droëland-
mielies, sojabone en droëbone. Verder bring besproei-
ingsmielies, sojabone, koring en aartappels en ‘n
veevertakking stabiliteit in dié besigheid. Hulle bedryf tans ‘n
model-boerderybesigheid wat van bykans niks af nie opgebou is.
Hierdie perfeksionis wil alles op die beste moontlike manier, die
eerste keer reg gedoen hê. Die dryf vir effektiwiteit en doeltref-
fendheid is een van die pilare waarop Du Plessis se sukses berus.
Die insette wat hy gebruik, moet ‘n bydrae maak om die effektiwi-
teit en doeltreffendheid van die besigheid te verhoog.
Waardetoevoeging
Tog is die netto wins die basis van alle belangrike besluite wat
Du Plessis neem. Alle vertakkinge en waardetoevoegingsbedrywe
moet oor die lang termyn winsgewend wees.
“Dit help nie om iets te begin wat deur ander vertakkings gedra moet
word nie. Net só kan die nuwe vertakking nie die bestaandes dra
nie,” noem hy. “Maak dus jou somme deeglik en akkuraat en laat
die resultate van die somme die basis wees waarop die besluit
geneem word.”
Belangrike gebeurtenisse
Daar is duidelike, belangrike mylpale in Du Plessis se boerdery te
bespeur. Aanvanklik het hy vinnig sy produksie uitgebrei deur
meer grond te bewerk en om spilpunte op te sit. Na dié groei, het
waardetoevoeging gekom. Daarna het ‘n bonesorteeraanleg, droërs
en silo’s gevolg en uiteindelik het hy sy mielies self begin bemark.
Die volgende belangrike mylpaal is die implementering van presi-
sieboerdery en die plant van die gewasse in nouer rye. Hierdie
mylpale het almal bygedra om die boerdery se winsgewendheid
te verhoog.
Beginjare
In die beginjare het Du Plessis harde bene gekou – sy skuldlas-
verhouding was hemelhoog en krediet was uiters duur en skaars
– met die gevolg dat die boerdery nie voldoende krediet kon be-
kom om voluit te produseer nie. Dit was dalk een van die hekkies
wat die grootste uitdaging gebied het, wat hy moes oorkom.
Hierdie hekkie het hom die waarde van detail-begrotings geleer en
hom gedwing om spandering binne hierdie begroting te hou.
Omdat kapitaal aan die begin skaars was, is hy gedwing om die
kapitaal só aan te wend dat dit die maksimum opbrengs kon lewer.
Geld vir nuwe bakkies en luukshede was daar nie en hulle moes
daarsonder klaarkom. Voorts het dit hom ook geleer om konserwa-
tief met uitgawes te wees.
“As jy kontant kan boer, maak dit boerdery beslis meer winsge-
wend. Daarom beveel ek produsente aan om in hierdie rigting te
beweeg. Nie net kan daar beter pryse vir insette beding word nie,
maar jy kan self oor die tydsberekening rakende die verkoop van jou
produkte besluit,” verduidelik Du Plessis.
Kredietbeperkings en paaiemente wat betaal moet word, het hom
aan die begin gedwing om buite die boks te dink. Tydens die eerste
groot droogte wat hy beleef het (1983/1984) moes hy ‘n plan maak
om fondse te genereer om die skuld te betaal of hy sou moes ophou
boer. Die oes was verdroog en paaiemente moes betaal word.
Du Plessis het toe die geleentheid raakgesien om voer te baal en te
verkoop in gebiede waar daar nie voer was nie. In een jaar is daar
baalmasjiene aangeskaf (wat amper op gewerk is!), voer gemaak,
verkoop en die masjinerie weer verkoop om die jaar net-net gelyk
te breek. Die meerderheid ander produsente kon nie dieselfde oor
hul boerderye sê nie.
Kompetisie
In enige vrye mark is produsente wat dieselfde kommoditeit pro-
duseer en aan dieselfde mark lewer, in kompetisie met mekaar. Hy
het sommer vroeg besef dat om net gemiddeld te wees, nie goed
genoeg is nie. Sou hy nie méér winsgewend wees nie, gaan iemand
anders op sy plaas kom boer.
Dit het hom gedryf om produksiefoute vroeg raak te sien, om op-
lossings te bedink en om hierdie oplossings te implementeer.
OP PLAASVLAK
Graanprodusent van die Jaar
Bestuurspraktyke
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Jozua en Sonja du Plessis tydens die glansgeleentheid in Oktober
verlede jaar waar hy as Graan SA/Syngenta se Graanprodusent van
die Jaar aangewys is.
1