Background Image
Previous Page  114 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 114 / 116 Next Page
Page Background

112

Beste Grootneef

d

ie droogte en hitte maak vanjaar van mens en dier ‘n

olyfboom. Jy moet diep delf om te oorleef.

Selfs die vetkerse staan en verlep. Toe ek vanmiddag

by die huis instap, staan die kerse halflyf gebuig in hul

blakers. Die versengende hitte het ook die voorhuis ingedring. Dis

warm. En dis droog.

Die natuur kreun onder die wind, wat vragte sand opjaag. Tussen

die windvlae loop die stofduiwels en warrel oor die vlaktes, net om

later oor die klipplate stoom te verloor en daarna stof en mielieblare

uit hul greep te strooi. Elke dag ‘n stof-tsunami uit die weste.

Die naggeluide van die Vrystaat klink ook anders. Met die dam en

spruit wat opgedroog het, het die paddakoor verdwyn.

Die beeste staan vroeg-môre met hul koppe

omlaag, want die veld is kaal en leeg. Ons

saag van die populiere se takke vir groenvoer.

Die beeste kom al van ver af aangedraf as hul die

saag hoor. Turksvyblare help ook om die beeste

nou deur te sien.

Oupa se mense het vertel van 1933 se droogte.

Ons sal ons kinders kan vertel van 2016 se groot

droogte.

Ou Neef, die skrif is aan die muur – daar gaan

nie vanjaar genoeg mielies in die Suidland wees

nie. Die wind was te warm en die reën te skaars.

Die voorraad mielies wat in die suiers lê, sal nie

hou tot volgende seisoen nie.

Buurman sê die groot moeilikheid is om die

mielies van die hawens tot in die Vrystaat te

kry. ‘n Stoet lorries sal in gelid moet val om

die mielies van die kus tot in die binneland te

skuif. Ou Neef, hier kom ‘n grote. Om mielies

in die wêreldmark te koop, met ‘n skip tot in ‘n

hawe te kry, af te laai in ‘n hawe se suier, weer

te laai in ‘n lorrie en aan te ry tot in die stad,

gaan ‘n man op ‘n perd vat! Die mielie-treine

loop mos nie meer nie.

Dalk net dink die Goewerment se mense dié

jaar anders oor boere. Want ‘n sakkie meel en ‘n

broodjie gaan ‘n ander prys dra as twaalf maande gelede, toe daar ‘n

oes op die lande was.

Ou Neef, die dorpenaars kry net so swaar. In sommige distrikte

het die watertafel gesak en kom die pompe nie meer die water by

nie. Dit bly egter ‘n skande as dit ‘n mensgemaakte droogte is – net

omdat pompe nie gediens word nie!

Buurman het met die laaste buitjie reën wat verby is, so 10 ha pam-

poene geplant. As ‘n opvolgreëntjie kan val, word hy nog vanjaar die

distrik se pampoenbaron! Maar Buurman sê ons moet moed hou.

Al lees die temperatuur 40°C plus

VAT

. Elke dag is ‘n dag nader aan

die uitkoms.

Sterkte op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

As vetkerse verlep

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za.

Maart 2016