Background Image
Previous Page  38 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 108 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Julie 2017

36

Ekonomies-effektiewe bekalking

– hoe suiwerheid en fynheid jou rand kan rek

W

anneer dit kom by waarde vir geld, word die soge-

naamde “suiwerheid” van ‘n kalkproduk sonder uitson-

dering aangehaal ter verdediging van die prys daarvan.

Derhalwe dan ook die wye rapportering van hierdie

waardes, soos die % CaCO

3

en % MgCO

3

, op die pryslyste van

kalkverskaffers.

Betroubare metodes is oor jare heen ontwikkel om die neu-

tralisasievermoë van ‘n landboukalk te beraam, waarvan die

kalsiumkarbonaatekwivalent (KKE) (suurmetode), die mees alge-

mene in gebruik is en ‘n aanduiding gee van die gekombineerde

neutralisasievermoë van beide die kalsium- en magnesiumkom-

ponente van die kalk.

Hierdie is egter net die oortjies van die seekoei. Reeds in die

sestigerjare het navorsers die waarde van twee ander uiters

belangrike aspekte in hierdie verband geïdentifiseer, naamlik die

bydrae van fynheid en digtheid/porositeit van die kalkproduk.

Beide hierdie faktore is bepalend ten opsigte van die oplossings-

tempo van ‘n kalkproduk in grondsuur en die uiteindelike bio-beskik-

baarheid van die makro-voedingselemente vir die plantwortels.

‘n Fyner en meer poreuse kalkproduk handhaaf ‘n groter kontak-

oppervlak met die grond en los ook chemies heelwat vinniger op,

wat lei tot verhoogde distribusievermoë en beskikbaarheid. Die

KKE (harsmetode) word dan ook soms aangewend om die effek

van fynheid, in kombinasie met kalksuiwerheid, te benader.

Tabel 1

toon die prominente effek van partikelgrootte op die

effektiwiteit van ‘n landboukalk. Die kalkbehoefte van ‘n landbou-

grond word hier in verband gebring met die fynheid van ‘n

kalkproduk by ‘n konstante relatiewe opbrengs van ‘n somergewas

en verteenwoordig ‘n samestelling van inligting van proefnemings

van verskeie navorsers.

Omdat 250 mikron nie voldoende onderskeid tref tussen die

soorte landboukalk nie en die fraksie growwer as 150 mikron

beduidend stadiger reageer, is dit meer raadsaam om die fraksie

onder 150 mikron of onder 106 mikron in ag te neem, soos voor-

gestel deur Motto en Melstead.

Om hierdie begrip in eenvoudige en prakties-toepasbare terme

te stel, kan die gekombineerde kalkeffektiwiteit (% GKE) van ‘n land-

boukalk soos volg bepaal en uitgedruk word: Bepaal die suiwerheid

of % KKE-waarde sowel as die fynheid of % F-waarde, naamlik

die massapersentrasie van die kalkproduk wat korrespondeer met

<106 mikron op ‘n nat siftoets-basis. Die % GKE= .

Die relatiewe bekalkingskoste van verskillende soorte landboukalk

kan nou maklik met mekaar vergelyk word om te bepaal watter

produk in watter area jou rand die meeste gaan rek. Die ekonomies-

effektiewe bekalkingskoste (EEB) van ‘n landboukalk in R/ton ge-

lewer op die plaas, word genormaliseer deur die % GKE soos volg

te gebruik: EEB (R/t) = .

Tabel 2

toon, ter illustrasie, die geweldige impak van die % GKE

op die ekonomies-effektiewe bekalkingskoste van twee soorte

dolomietiese landboukalk, gelewer op NAMPO Park in die Vrystaat.

Wanneer ekonomies-volhoubare en sinvolle besluite geneem moet

word in ‘n landbouproduksie-omgewing, waar streng finansiële

kontroles deurslaggewend tot sukses is, maak dit sin om wyer te

kyk as bloot net na die gelewerde prys of die ooglopende chemiese

kwaliteit van ‘n landboukalk, soos dit tradisioneel die gewoonte

geword het.

Die bepaling van die ekonomies-effektiewe bekalkingskoste bied

‘n eenvoudige, dog kragtige en betroubare alternatief tot die keuse

van ‘n geskikte en ekonomies-sinvolle kalkbron vir jou spesifieke

plaas met sy unieke uitdagings. SA Kalk & Gips beskik oor etlike

miljoene tonne Ottoshoop-dolomiet met ‘n baie stabiele chemiese

samestelling en ‘n fisiese partikelgrootte-verspreiding, wat deur ‘n

kombinasie van gruisbrekers, bal- en staafmeulens geprosesseer

is om ‘n homogene verspreiding dwarsdeur die totale neerslag te

lewer, met ‘n ongeëwenaarde fynheid van meer as 95% kleiner as

250 mikron en ‘n ongelooflike 75% kleiner as 106 mikron.

Kontak dus gerus die SA Kalk & Gips verkoopspan vir meer

besonderhede en wees verseker daarvan dat jy die produk met

die laagste ekonomies-effektiewe bekalkingskoste aanskaf, gerug-

steun deur bewese diens en tegniese ondersteuning. Laat SA Kalk

& Gips jou help om jou rand te rek.

Verwysings

Barber

et al

. 1967.

Soil acidity and liming

. Agron, 12, Am. Soc.

Agron., pp. 145 - 160.

Elphick, BL. 1955.

New Zeal

.

J. Sci. Tech

., 37A, pp. 243 - 258.

Motto, HL and Melstead, SW. 1960.

Soil. Sci. Soc. Am. Proc

. 24,

pp. 488 - 490.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

DR JACO ERASMUS,

groep tegniese bestuurder, SA Kalk & Gips

KALKFYNHEID

(PERSENTASIE

< 250 MIKRON)

KALK-

BEHOEFTE

(T/HA)

PERSENTASIE

TOENAME IN KALK-

BEHOEFTE %

>20%

13,3

142

>30%

11,0

100

>40%

9,0

64

>50%

7,6

38

>60%

6,5

18

>80%

5,5

0

≈95%

≈4,7

#

-15%

% KKE x % F

)

100

[

[

gelewerde koste in rand per ton x 100

% GKE

[

[

#ekstrapolasie van eksperimentele data (R2 = 0,99)

TABEL 1: KALKBEHOEFTE AS ‘N FUNKSIE VAN KALKFYN-

HEID VIR DIESELFDE RELATIEWE GEWASOPBRENGS.

TABEL 2: VERGELYKING TUSSEN DIE EKONOMIES-EFFEKTIEWE BEKALKINGSKOSTE

(EEB) VAN VERSKILLENDE SOORTE LANDBOUKALK.

KALKPRODUK

% F

(106

)

% KKE

(SUUR)

% GKE PRYS/TON

(GELEWER)

PRYS/TON

EEB

Ottoshoop dolomie-

tiese landboukalk

(Laboratorium 1,

2017 ontleding)

75

95

71,3

R425

R596

Algemene dolomie-

tiese landboukalk

(Laboratorium 1,

2017 ontleding)

30,1

75

22,6

R354

R1 566

Algemene dolomie-

tiese landboukalk

(Laboratorium 2,

histories)

54

86

46,4

R354

R763