Background Image
Previous Page  37 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 108 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Grondsuurheidskwessies by

NAMPO bespreek

T

ydens die 2017 Graan SA NAMPO Oesdag het Grasland

‘n geslote opname as deel van

Nasie in Gesprek

gehou.

Verskeie belanghebbendes het die opname bygewoon,

waar daar onder andere oor grondsuurheid, ondergrond-

suurheid, asook die Grasland besighede in die algemeen gesels is.

Die bekende mnr Theo Vorster (hoof uitvoerende beampte, Galileo

Capital) wat die anker van die paneelgesprek was, het aktuele

landbou-onderwerpe saam met mnre Etienne Schoeman (bestu-

rende direkteur, Grasland), Martiens du Plessis (bestuurder: Presi-

sieboerdery, NWK) en dr Pieter Haumann (hoof uitvoerende

beampte, Fertasa) bespreek.

Ondergrondse versuring

Daar is oorwegend aandag aan grondsuurheid gegee. Onlangse

navorsing beklemtoon die feit dat grondsuurheid op ‘n nasionale

basis in Suid-Afrika vererger. Ondergrondse versuring van gronde

neem kommerwekkend toe.

Die hoofoorsake vir die toename in die tendens is nie net die

onoordeelkundige toediening van veral stikstofdraende kunsmis

nie, maar ook dat al meer produsente minimum tot geenbewerking

begin toepas.

Minder kalk vermeng met die grond om die grondsuurheid teë te

werk. Produsente is tydens die paneelbespreking aangeraai om ge-

reeld hul ondergrond se chemiese status te monitor. Dr Haumann

bevestig ook dat gereelde jaarlikse bekalking die produsent se

beste verdediging is om ondergrondsuurheid te bekamp. Produ-

sente moet kalkbronne wat geregistreer is, oor genoegsame fynheid

beskik en wat verkieslik amorf is, kies.

Du Plessis voeg verder by dat kalk baie swak wateroplosbaar is en

daarom fyn genoeg moet wees, asook deeglik in die grond vermeng

word, om reaksie te verseker.

Kalkmengsels

Volgens Du Plessis kan gips en kalkmengsels voordelig wees om

ondergrondsuurheid aan te spreek waar die seskwioksiedes in

goedgebufferde gronde met die swael in die gips reageer om die

grond meer alkalies te maak. Die teenwoordigheid van Ca en Mg,

afkomstig van die kalk in hierdie mengsels, verhoed dat daar Ca- en

Mg-verarming tydens die seskwioksied-reaksie plaasvind.

Grasland versprei hierdie mengsels vanaf sy Britten- en Lovedale-

aanlegte. Daar is standaard 20%, 40% en 50% gipsmengsels

beskikbaar, maar enige kombinasie kan op bestelling voorberei

word, afhangende van individuele produsente se behoeftes.

Du Plessis noem dat kontantvloeidruk op produsente aanleiding

gee tot hierdie gedrag en dat ‘n beter strategie vir produsente is

om hul lande te verdeel in byvoorbeeld derdes en dan om die beurt

‘n derde elke jaar te bekalk. Op dié wyse is die jaarlikse kontantuit-

leg ten opsigte van kalk aansienlik kleiner.

Grasland staan produsente by deur middel van uitgestelde beta-

lingskemas, waar produsente tot en met drie jaar kredietopsies

gebied word om historiese grondsuurheid aan te spreek.

Die maatskappy se produkte is afkomstig van amorfe bronne of

fyn gemaalde kalkstene wat hoogs reaktief is, vergeleke met

bronne wat metamorfies of kristallyn is. Die toename in opbrengs

is genoegsaam om drie jaar se bekalking binne ‘n enkele jaar terug

te betaal.

Aanlegte

Grasland het die afgelope twee jaar heelwat aan sy kalkbron-aan-

legte bestee om te verseker dat kwaliteit, fynheid en veral kapasi-

teit prioriteit geniet. Daar is in die twee jaar veral aandag gegee aan

die vervanging van mobiele masjinerie by sy Britten-, Lovedale-,

Buhrmansdrif- en Marico-aanlegte. Kapasiteitverbeteringe is aan

die einde van 2016 by Britten aangebring om te verseker dat daar

voldoende voorraad is.

Die Lovedale-aanleg is veral toegerus om daarop te fokus om ver-

skillende mengsels te maak en heelwat voorraad is beskikbaar.

Groot opgraderings is by die Buhrmansdrif-aanleg aangebring en

‘n splinternuwe voerkalkpakker is reeds in produksie. Die aanleg se

kapasiteit is ook uitgebrei.

Geografiese voetspoor vergroot

Grasland se strategie is tweeledig: Om sy geografiese voetspoor in

die landbousektor te vergroot, terwyl die maatskappy ook die aan-

treklike industriële sektor wil betree.

Grasland vier boonop vanjaar sy 50ste bestaansjaar en belang-

hebbendes sal in die nabye toekoms by die vieringe betrek word.

35

July 2017

FOKUS

Bemesting

Spesiale

ETIENNE SCHOEMAN,

besturende direkteur, Grasland

Paneellede van die geslote Grasland

Nasie in Gesprek

opname tydens NAMPO Oesdag 2017.