Background Image
Previous Page  32 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 108 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Julie 2017

30

Doeltreffende bemesting vir

die komende seisoen

D

ie afgelope seisoen was ‘n rekordjaar vir graanprodu-

sente. Die voorspellings vir die komende seisoen dui op

‘n El Niño-verskynsel. Wat behoort die benadering dan

te wees?

Die Nasionale Oesskattingskomitee is van mening dat die afgelope

seisoen ‘n rekordoes van 15,63 miljoen ton mielies gaan oplewer.

Die styging is ongeveer 1,9 t/ha (49% verhoging) – wat beteken

dat daar meer voedingstowwe per hektaar as die vorige seisoen

verwyder is. Voeg daarby die voorspelling van ‘n El Niño-verskyn-

sel en dit beteken dat daar vanuit ‘n bemestingsoogpunt meer

doeltreffend te werk gegaan moet word.

Hierdie doel kan bereik word deur ‘n doeltreffende benadering te

volg, die doeltreffendheid van die gewasse te verhoog en om ook

die doeltreffendheid van die kunsmisprodukte te verhoog.

Doeltreffender benadering

By Kynoch verhoog ons die doeltreffendheid van bemesting deur

‘n gewasspesifieke, groeistadiumspesifieke en plekspesifieke bena-

dering te volg.

Gewasspesifiek

Graangewasse soos byvoorbeeld mielies, sonneblom en sojabone

se voedingsbehoeftes verskil baie van mekaar en behoort elkeen

verskillend bemes te word. Daarom het Kynoch dan ook die

Oemff®-blaarvoedingsreeks, wat gewasspesifiek is, ontwikkel.

Daar is byvoorbeeld verskillende produkte vir mielies, koring,

sojabone, lusern en groente wat gebruik kan word.

Groeistadiumspesifiek

Buiten dat produkte gewasspesifiek moet wees, moet dit ook

groeistadiumspesifiek wees. Verskillende voedingstowwe is meer

belangrik gedurende sekere groeistadiums as ander. Só ‘n bena-

dering kom op Voedingstofskedulering

TM

neer. Daar is 17 essensiële

voedingstowwe waarsonder die gewas nie kan klaarkom nie,

maar gedurende sekere groeistadiums is sekere voedingstowwe

meer belangrik as ander. Al die voedingstowwe behoort volgens

groeistadiums gegee te word om die beste resultaat te verkry.

Plekspesifiek

Met inagneming van ‘n gewasspesifieke en groeistadiumspesifieke

benadering, moet die grond en klimaatomgewing ook in bere-

kening gebring word. Geen bemestingsvoorstel kan sonder ten

minste ‘n chemiese grondontleding gedoen word nie. ‘n Che-

miese grondontleding saam met ‘n beplanningsopbrengs en ‘n

wetenskaplik-gefundeerde bemestingsriglyn is ‘n voorvereiste vir

‘n ekonomiese bemestingsvoorstel.

Doeltreffender gewasse

Plante, oftewel gewasse, het die vermoë om die son se energie in

die teenwoordigheid van water, voedingstowwe en gasse na voed-

sel vir mens en dier om te skakel. Hierdie proses staan as fotosin-

tese bekend. Die doeltreffendheid van gewasse kan verbeter word

deur die doeltreffendheid van die proses van fotosintese te verbeter.

Daarom is daar binne die Kynoch-produkreeks produkte wat spe-

sifiek gemik is op die verbetering van die doeltreffendheid van

gewasse. Die plant (gewas) kan as ‘n fabriek gesien word, waar

die blaaroppervlakte ‘n baie belangrike rol speel. Die geheim van

gewasverbouing lê daarin om die fabriek so vinnig as moontlik te

bou en dit dan so lank as moontlik aan die gang te hou. Terselfder-

tyd moet die fabriek so vinnig as moontlik (hoë revolusies) produ-

seer om die potensiële opbrengs en gevolglik inkomste van die

gewas te verhoog.

Doeltreffender produkte

By Kynoch word daar ook gekonsentreer om die doeltreffendheid

van die kunsmisprodukte te verhoog. Een van die produkte is

KynoPlus

®

, ‘n stikstofkunsmis met ‘n hoër effektiwiteit as van die

ander produkte. KynoPlus kan voor-plant (breedwerpig uitgestrooi,

diep geplaas of liggies ingewerk), met planttyd (in die plantermeng-

sel) en na-plant as topbemesting (bo-op die grond uitgestrooi of

ingewerk) gebruik word.

Spesialisprodukte soos KynoPop

TM

, Oemff-blaarvoedingsreeks en

die nuutste toevoeging, Kyno

μ

Algae

TM

is uiters doeltreffende

produkte. KynoPop is ‘n produk wat in die behoeftes van die jong

saailing voldoen en met planttyd naby aan die saad toegedien

word om ‘n sterk en gesonde saailing te vestig wat beter weerstand

teen strestoestande soos koue-versuiptoestande, onkruiddoder-

skade en siektes kan bied.

Die Oemff-blaarvoedingsreeks is gewasspesifiek en is daarop

gemik om die fisiologie van die gewas te bestuur om sodoende by-

voorbeeld die fotosintesetempo van die gewas aan te help en om

bystand te verleen met stresbestuur.

‘n Nuwe, baie opwindende produk is Kyno

μ

Algae wat alleen of

in kombinasie met KynoPop en die Oemff-blaarvoedingsreeks

gebruik kan word. Die hooffunksie van Kyno

μ

Algae is om die

produktiwiteit van die gewas te verhoog, om die kwaliteit van dít

wat geproduseer word te verbeter en moontlik die belangrikste

funksie is dat dit voorkomend of regstellend gebruik kan word om

die immuniteitstelsels van die gewas en stresbestuur te verbeter.

Opsommend

Opsommend kan gesê word dat die doeltreffendheid van bemes-

ting met die goeie opbrengste van die vorige seisoen en die

voorspellings vir die komende seisoen verhoog moet word.

Kynoch beskik oor die regte benadering en produkte om dit te

bewaarheid. Ons leuse is nie verniet “Verhoogde doeltreffendheid

deur innovasie” nie.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

DR JOHAN VAN BILJON,

Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis

Bogemiddelde oeste is die

afgelope seisoen afgehaal.