Background Image
Previous Page  3 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 100 Next Page
Page Background

1

July 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Erik Adriaanse, Pietman Botha, Renier Bothma, Esmond Coen, Abrie Coetzee, Maryke Craven, Annelize Crosby, Jannie de Villiers, Magda du Toit, Bradley Flett, Alzena Gomes,

Elbé Hugo, Koos Kirsten, Sakkie Koster, Landi Kruger, Hans Lombard, Corné Louw, Ben Krog, Kingstone Mashingaidze, Charné Myburgh, Leonard Oberholzer, Harald Pakendorf,

Johann Peek, Moses Ramusi, Owen Rhode, Aneen Schoeman, Etienne Schoeman, Gerrie Smit, Hans Smit, Dirk Strydom, Marlene van der Walt en Vossie Wilsnach

n

ou die dag kon ek my geluk nie glo nie: ‘n

Special

op was-

seep – R32 vir ‘n 2 kg pak! Wanneer laas het ‘n mens só min

vir wasseep betaal? Dit was meer as die helfte goedkoper

as gewoonlik en ek het opsluit wasseep vir die hele jaar

gekoop. Ou Maria het al die jare Ouma-hulle se klere met die

hand gewas. Dit is eers baie jare later wat Ouma ‘n tweede-

handse outomatiese wasmasjien by ‘n vriendin gekoop het.

Maandae was gewoonlik wasdag. In ‘n ou bad, so ‘n entjie van die huis

af by die wasklip, het Maria met ‘n steen boerseep die wasgoed inge-

smeer en daarna goed gevryf voor dit uitgespoel en op die draad gehang

is. Dit was ‘n lang wasgoeddraad wat Oupa van bloudraad gespan het

– met oorgenoeg plek vir die lakens en komberse ook. Ek onthou veral

die “blousel” wat sy gebruik het om die wit wasgoed weer spierwit te

kry – kry ‘n mens dit ooit nog te koop?

Daar is deesdae so baie “toorgoed” op die mark wat belowe om

enige denkbare kol te verwyder en te sorg dat jou wasgoed witter as

wit sal wees. Ek twyfel egter of dit by ou Maria se boerseep-en-blousel-

resep kom.

In die uitgawe

Van doepas en

specials

gepraat. Weens die droë 2015/2016-seisoen be-

hoort daar baie druk op die finansiering van insette vir die 2016/2017-

seisoen te wees. Produsente sal sorgvuldig moet besluit waarop hulle

hul fondse gaan spandeer. Pietman Botha (

SA Graan/Grain

medewerker)

en Sakkie Koster (Pioneer) verskaf in hierdie uitgawe ‘n paar praktiese

riglyne om dié seisoen te oorleef.

Verder sal produsente pryse sorgvuldig moet vergelyk. Corné Louw

(Graan SA) werp ‘n blik op die saadpryse vir die 2016/2017-produksiesei-

soen terwyl Johan Peek en Vossie Wilsnach (Omnia Kunsmis) skryf oor

die fisiese eienskappe van kunsmis: Watter vrae moet jy vra?

In ons spesiale fokus op bemesting (bladsy 15 tot bladsy 49) kan lesers

onder andere ook meer lees oor breedwerpige voor-planttoediening van

kunsmis wat al hoe meer toeneem, grondmikrobes waarvan die onder-

grondse samewerking die sleutel tot volhoubare landbou is. Hulle kan

ook terugvoer kry oor Fertasa se 56ste jaarkongres wat in Johannesburg

gehou is.

Kultivarkeuse is een van die belangrikste besigheidsbesluite wat ‘n

produsent jaarliks moet neem. Dit word moeiliker om goeie besluite te

neem en sin te maak uit al die inligting waarmee produsente gebombar-

deer word. In die artikel “

Kultivarkeuse: Hoe om die regte een te kies

poog Leonard Oberholzer (Monsanto) om die belangrikste punte uit te

lig waarop produsente moet let wanneer hulle besluite neem ten op-

sigte van kultivars en waar hulle hul geld in die komende seisoen gaan

spandeer.

Verder het die Onteieningswetsontwerp, wat eersdaags wet sal word

sodra die president dit onderteken, gedurende die drie jaar waarin dit

geprosesseer is, heelwat reaksie van die media ontlok. Op bladsy 88

verduidelik Annelize Crosby (regs- en politieke adviseur: Agri SA) wat

die nuwe Onteieningswet behels. Lees ook Jannie de Villiers (uitvoe-

rende hoofbestuurder: Graan SA) se hoofartikel op bladsy 4 waarin hy

Graan SA se standpunt oor dié wet stel.

Lekker lees tot aanstaande maand.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

D

ie 2015/2016-seisoen het gepaard gegaan

met ongekende droogte en meestal tot laer

mielieopbrengs gelei. In baie gevalle is normale

hoeveelhede stikstof vir ‘n normale gemiddelde

reënjaar en verwagte N-opname uit die grond be-

mes. ‘n Hoër mielieprys het tot ‘n mate gekompen-

seer vir laer opbrengs, maar wins bo insetkoste

was meestal laer of daar was ‘n verlies bo inset-

koste. Produsente wonder nou: Kan minder stikstof

na afloop van ‘n droë jaar en lae mielieopbrengs in

die volgende jaar toegedien word? Op

bladsy 40

beantwoord

ERIK ADRIAANSE

(Sasol) dié vraag.

V

ogbewaring en die bestuur

daarvan raak krities vir

volhoubare gewasproduksie.

Winteronkruide is net sulke

sterk kompeteerders vir vog en

voedingstowwe soos somer-

onkruide. Daarom is dit tog

belangrik om winteronkruid-

infestasies dop te hou en te

beheer wanneer dit welig

groei. Saadstorting in die winter moet ook bekamp word

sodat die probleem nie oor tyd eskaleer nie.

ELBÉ HUGO

en

MARLENE VAN DER WALT

(LNR-Instituut vir Graange-

wasse) vertel op

bladsy 71

meer oor die mees algemene

winteronkruide (radiatorbossie, sydissels, vaalskraalhanse

en witblombloudissel) wat voorkom op somerge-

wasse en waarmee rekening gehou moet word.

E

rdwurms maak ‘n besondere groot bydrae tot

die volhoubare werking van grond-ekostelsels.

Deur die funksies wat hulle in die grond verrig,

het hulle indirek ‘n invloed op ander organismes,

plantegroei en mense. Volgens

CHARNÉ MYBURGH

(LNR-Instituut vir Graangewasse) –

bladsy 36

– is

interaksies met erdwurms van uiterste belang

vir die funksionering van grondstelsels. “Hierdie

grondingenieurs se rol is dus onlosmaaklik deel van

hul interaksies met ander organismes wat slegs tot

voordeel van gewasproduksiesisteme kan wees.”

Ontmoet ons

medewerkers...

d

r Kingstone Mashingaidze

heads

the

ARC-Grain

Crops Institute (ARC-CGI)

in Potchefstroom as senior

research manager. Born

in Zimbabwe, he grew up on his

parents’ small-scale commercial

farm near Chegutu. He has a PhD in

Plant Breeding and Genetics from Michigan State University,

USA. He joined the ARC in 2004 as a senior researcher in

maize breeding, after he had been a senior lecturer at the

University of Zimbabwe and Africa University, respectively.

Before assuming his current position, he was a research

team manager in Plant Breeding at the ARC-GCI. He has

extensive experience in maize breeding for stress tolerance

and has been the principal investigator for the Water Efficient

Maize for Africa, Improved Maize for African Soils and Stress

Tolerant Maize for Africa which are international public-private

partnership projects. Dr Mashingaidze is married to Sipiwe and

they have two daughters, Rumbidzai and Rujeko, and a son,

Ruvimbo. See his article on

page 68

.