1
July 2015
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Pietman Botha, Fred Coelho, Esmond Coen, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Elmari Fick, Petru Fourie, Alzena Gomes, Pieter Haumann, Elmarie Helberg,
Koos Kirsten, Ben Krog, Louise Kunz, André Labuschagne, Hans Lombard, Corné Louw, Adam Mostert, Niren Murugan, Charné Myburgh, André Nel, Klaus Pakendorf,
Owen Rhode, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Adri Theron, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Johan van Biljon, Kobus van Zyl, Willem Voogt en Jannie Willemse
w
ie se ouma of ma het ‘n koolstoof in haar kombuis gehad?
Al twee my oumas het een gehad. Ouma Esther (na wie ek
vernoem is) het op Barkly-Wes op die dorp gebly. Hulle het
‘n Aga-stoof gehad (en ‘n gasstoof buiten die elektriese
stoof – hulle sou geholpe gewees tydens die kragkrisis van vandag!). Dié
stoof van hulle het met antrasiet gewerk.
Ouma Lina, wat in die plaasopstal net so ‘n entjie weg van ons af ge-
bly het, het ook ‘n koolstoof gehad. Ek dink dit was ‘n Ellis de Lux
koolstoof, maar dit kon ook ‘n Dover of ‘n Jewel gewees het…So
‘n roomkleurige emalje ene. Ek onthou hoe sy in die winter in sulke
swart emaljepotte kos op die stoof gekook het – en brood gebak het!
(Water my mond nou vir daardie warm korsie as die brood net uit die
oond kom waarop die sout plaasbotter so lekker dik gesmeer is en be-
gin smelt!) Langs ouma se stoof het ‘n stronkeblik gestaan. Die kool-
stoof is soggens met mieliestronke gestook. Ek onthou nog die reuk
van die fyn bloekomtakke en droë blare waarmee die vuur begin is...
Later word die een plaat met so ‘n spesiale yster opgelig en nog stronke
op die vuur gegooi. Ons kleinkinders het altyd saam met ou Miriam
geloop om stronke onder die bloekombome in die stronkehok te gaan
haal. Loop my gedagtes darem nou ver paaie terug! Ek sou nie om-
gegee het om nou nog só ‘n koolstoof in my kombuis te hê nie – al is
dit net as hittebron in die winter of om water vir koffie te kook as die
krag af is! Lyk my ons beweeg terug na die “goeie ou dae...”
In dié uitgawe: Fokus op bemesting
Met die onlangse droogtes en swakker opbrengste asook die koste-
knyptang wat al hoe harder knyp, is produsente gedwing om elke dag
meer effektief te wees en te verseker dat alles wat op die plaas gedoen
word, ‘n verskil maak.
André Labuschagne en Kobus van Zyl (albei landboukundiges by
Omnia Kunsmis) verduidelik dat, omdat insette soos diesel en bemes-
ting van die groter inskrywings in die inkomstestaat (uitgawes) is, daar
gewoonlik eerste hierna gekyk word, maar dit is juis hier waar ‘n groot
risiko daarin lê om
penny wise
,
pound foolish
te wees. Die belangrik-
heid van die regte bewerkings en bemesting vir elke plaas kan nie ge-
noeg beklemtoon word nie.
Om te verseker dat elke korrel of druppel kunsmis wat op die plaas
gebruik word, omgesit word in graan, moet die basiese beginsels ver-
staan word om sodoende optimaal te produseer. Lees meer hieroor in
hulle artikel “Bemesting van mielies – waar, wanneer en hoekom?” op
bladsy 20.
Daar bestaan enkele aspekte rondom grondsuurheid en bekalking
wat tot verwarring en konflik kan lei. Pieter Haumann (direksielid van
Fertasa) gesels op bladsy 24 oor die gebruik van “gesonde verstand”
-beginsels vir die bestuur van grondsuurheid.
Verder kyk Charné Myburgh (LNR-Instituut vir Graangewasse) ook na
“Kunsmis: Goed of sleg vir mikrobiese gemeenskappe en erdwurms?”
op bladsy 40.
As jy een van die gelukkiges is wat nog ‘n koolstoof in jou huis het,
trek ‘n stoel nader aan die hitte en geniet dié vuurwarm uitgawe van
SA Graan/Grain
.
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
c
harné Myburgh het in Pretoria
gematrikuleer waarna sy aan
die Noordwes-Universiteit in
Potchefstroom ‘n BSc in Dier-
kunde en Mikrobiologie voltooi het.
Dit is opgevolg deur ‘n honneurs- en
meestersgraad wat gefokus het op
die effekte van mynbou-aktiwiteite op
erdwurms. In 2011 is sy aangestel by
die LNR-Instituut vir Graangewasse as senior navorsingstegnikus
waar sy aktief navorsing doen op die diversiteit en interaksies
van grondmikroörganismes wat voorkom in die landbou. In 2013
is sy getroud met Herman, ook ‘n mikrobioloog. Hul dogtertjie,
Danielle, is in September verlede jaar gebore en hou behoorlik
haar ouers op hulle tone. In haar vrye tyd hou Charné van skilder,
lees en bak. Lees gerus haar artikel op
bladsy 40
: “Kunsmis:
Goed of sleg vir mikrobiese gemeenskappe en erdwurms?”
D
ie grootste voordeel van bewaringslandbou
is die bewaring van grond en die langtermyn
volhoubare graanproduksie wat daaruit voortvloei.
Op
bladsy 38
kyk
ANDRÉ NEL
(LNR-Instituut
vir Graangewasse) na organiese materiaal – die
basis van grondkwaliteit. Volgens hom het dit
tyd geword vir bewaringsprodusente om die
bedekking van hul grond met plantmateriaal te
meet asook die koolstofinhoud in die boonste
50 mm van die grondprofiel. Want, om te meet is
om te weet of jou bewaringsaksies suksesvol is,
al dan nie.
D
ie 2014/2015-produksiejaar is afgehandel.
Niks kan meer aan die produksie verander
word nie, maar dit is belangrik dat elke produsent
terugkyk om probleme wat gemaak is, te identifi-
seer sodat dit in die toekoms reggestel kan word.
Met behulp van ‘n opname by verskeie verteen-
woordigers asook landboukundiges regoor die
somersaaiproduksiegebied, is ‘n lys van algemene
produksieprobleme opgestel.
PIETMAN BOTHA
(
SA Graan/Grain
medewerker) neem op
bladsy 61
die afgelope seisoen in retrospeksie.
H
ANS LOMBARD
(van Hans Lombard PR/
Skakelkonsultante) berig in hierdie uitgawe
oor die 55ste Fertasa-kongres in Kaapstad. Ten
einde die misstofbedryf te vestig as ‘n erkende en
voorkeur-instansie verbind tot die uitbouing van
die beeld van sy bedryf, het Fertasa ‘n doeltref-
fende raamwerk van selfregulering daargestel.
Dit sluit die onderskrywing van ‘n gedragskode en
die nakoming van ‘n oudit in asook daaropvolgen-
de akkreditasie vir sy lede ingevolge internasionale
standaarde. Lees meer oor die kongres
op
bladsy 48
.
D
ie skrif is aan die muur dat Suid-Afrika hierdie
jaar ‘n netto invoerder van graan gaan wees
ná ‘n ernstige droogte in talle mielieproduse-
rende gebiede van die land. Volgens die Nasionale
Oesskattingskomitee (NOK) se vierde produksie-
voorspelling sal die totale mielie-oes na ver-
wagting ongeveer 9,8 miljoen ton beloop. Dit is
jaar-tot-jaar ongeveer 32% laer as die vorige jaar
se oes. In Graanmark-oorsig op
bladsy 64
kyk
WANDILE SIHLOBO
(Graan SA) van waar Suid-
Afrika potensieel witmielies kan invoer.