Background Image
Previous Page  30 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 44 Next Page
Page Background

28

AKTUEEL

b

esigheid in Afrika is ‘n twee-

stryd. Aan die een kant is

daar die wonderlike geleent-

hede, maar aan die ander kant

is daar reuse uitdagings. Suid-

Afrika is nie veel anders nie

en dit sal besigheidslui baat om bewus te

wees van die grootste struikelblokke.

Kenmerkende uitdagings verbonde aan

besigheid in Afrika is die volgende:

Eerstens het Afrika ‘n geweldige agter-

stand in terme van fisiese infrastruk-

tuur. Dit skep groot logistieke uitdagings

– veral in afgeleë plekke. Suid-Afrika se

infrastruktuur is wel dramaties beter

as enige ander land in Afrika, alhoewel

die plaaslike infrastruktuur al meer

afgeskeep word. Die Eskom-drama

die afgelope aantal jare is ‘n goeie

voorbeeld.

‘n Tweede hindernis is menskapitaal.

Alhoewel daar geen gelyke in Afrika is

in terme van die vaardighede van ons

mense nie, is dit slegs van toepassing

op ‘n klein persentasie van die land

se mense. Suid-Afrika het mense met

vaardighede wat met die beste in die

wêreld vergelyk kan word, maar ter-

selfdertyd vergelyk die oorgrote meer-

derheid van die bevolking se vaar-

digheid uiters swak met dié van die

res van die wêreld – selfs met Afrika.

Die rede hiervoor kan gevind word in

ons minderwaardige onderwysstelsel

– wat in sekere gevalle van die swakste

ter wêreld is. Dit dra by tot swak

produktiwiteit en werkloosheid en skep

groot uitdagings vir besighede wat

sukkel om behoorlik-gekwalifiseerde

werkers in diens te neem. Verder kan

diegene wat wel genoegsaam gekwali-

fiseerd is, hoë salarisse beding – wat

bydra tot die skewe verdeling van

inkomste in ons land.

Die derde hindernis in die pad van

besigheid in Afrika – en in ‘n mindere

mate Suid-Afrika – is swak instellings.

Instellings kan gedefinieer word as

“die spelreëls” en sluit onder andere

die beskerming van eiendomsreg, ‘n

funksionele regstelsel/polisiemag/doe-

ane en vele meer, in. Myns insiens is

die kwaliteit of gebrek aan instellings

Afrika se grootste hindernis en die

kwaliteit van Suid-Afrika se instellings is

aan die taan.

Alhoewel Suid-Afrika se moderne grond-

wet ‘n aantal instellings vestig en erken,

is daar ‘n poging van owerheidsweë

om van die instellings te ondermyn. So

byvoorbeeld, is dit deel van die regering

se agenda om wetgewing wat privaat

eiendomsreg beskerm, te beperk of te

ondermyn. Verder word daar gereeld

opmerkings vanuit owerheidsweë ge-

maak wat daarop dui dat ‘n onafhanklike

pers nie noodwendig deel uitmaak van

die regering se toekomsplanne nie.

Nog ‘n voorbeeld is die feit dat die

regering eenvoudig verlede jaar ‘n hof-

bevel verontagsaam het – ek verwys na die

al-Bashir-aangeleentheid, wat op minagting

van die hof neerkom. Om nie eers te praat

van die minagtende wyse waarop die vorige

Openbare Beskermer deur die parlement,

kabinet en die president behandel is nie.

Daar is vele meer voorbeelde.

Natuurlik is daar van ons instellings wat

sover ongeskonde gelaat is. Die Grond-

wetlike Hof is ‘n voorbeeld van ‘n onaf-

hanklike en grootliks effektiewe instelling.

Die Reserwebank is ook steeds onaf-

hanklik en effektief in die uitvoering van

sy pligte – alhoewel daar onlangs ook

‘n politieke aanval op die bank was.

Hoe entrepreneurs die

uitdagings kan oorkom

Hoe dit ook al sy, om besigheid in Suid-

Afrika of in Afrika te doen, is nie altyd

maklik nie en die suksesvolle entrepreneur

sal vernuf aan die dag moet lê om van die

uitdagings te oorkom. Die belangrikste

is om te besef dat besighede in heelwat

gevalle op hulself aangewese gaan wees.

Hier is ‘n paar spesifieke voorstelle.

Eerstens, maak gebruik van die demo-

kratiese prosesse om veranderings aan te

bring. Tweedens, sluit aan by burgerlike

organisasies en raak betrokke by jou ge-

meenskap.

Wat die tekort aan infrastruktuur betref:

Probeer om die relevante owerhede te

oortuig om infrastruktuur te verskaf en in

stand te hou, maar oorweeg dit ook om

met ander partye saam te werk om sekere

infrastruktuur oor te neem. So byvoor-

beeld word paaie, sekuriteit en selfs

treindienste in sekere gevalle suksesvol

deur entrepreneurs in stand gehou en

selfs bedryf.

Verder kan die individuele sakeman heel-

wat infrastrukturele funksies op homself

neem. ‘n Goeie voorbeeld is elektrisiteit:

Politieke risiko’s en hoe om dit te bestuur

DAWIE ROODT,

hoofekonoom: Efficient Groep

POLITIEKE

ont leding

We offer investors

tailor-made private

share portfolios

Contact us today:

e:

admin@efpc.co.za

t: +27 (0)12 667 3771

(IoFLHQW 3ULYDWH &OLHQWV LV D GLYLVLRQ RI

(IoFLHQW 6HOHFW 3W\ /WG (IoFLHQW 6HOHFW

3W\ /WG LV DQ DXWKRULVHG oQDQFLDO VHUYLFHV

SURYLGHU )63 DQG D VXEVLGLDU\ RI WKH

(IoFLHQW *URXS /WG

BOUTIQUE

INVESTMENT

SOLUTIONS