Background Image
Previous Page  32 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 44 Next Page
Page Background

Baie geluk aan Hendrik de Waal van Durbanville,

wie se foto “Arendsoog-blik van Franschhoek”

aan hom ‘n eerste plek in die November-kom-

petisie besorg het. Hiermee het hy vir homself

R1 000 kontant, met komplimente van Sasol,

losgeslaan.

AKTUEEL

Fotokompetisie

2017

SE PRYSGELD VERHOOG

R

48 000! Dit is hoeveel prysgeld daar hierdie jaar in die

Graan SA/Sasol-fotokompetisie te wen is. Vanaf Januarie

(met die nuwe tema Plaasnostalgie) ontvang elke maand-

wenner ‘n kontantprys van

R1 500

.

Die twaalf finaliste kom in aanmerking vir

R15 000 (wenner)

,

R10 000 (naaswenner)

en ‘n

derde prys

van

R5 000

. Des te meer

rede om jou kamera te gryp en ons te verras met jou interpretasie

van “Plaasnostalgie”.

Volgens die HAT is “nostalgie” ‘n heimwee; ‘n verlange. Dit is afgelei

van die Griekse woord

nostos

, wat “terugkeer na tuiste” beteken.

Wys vir ons wat jou met heimwee vervul – ‘n verlange na die lewe

op die plaas.

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

Franci Swart stap hierdie maand ook met die derde plek weg vir haar

foto “Lappieskombers”.

Die tweede plek gaan aan Wessel Wessels van Brackenfell vir sy foto

“Kaktusplaas Robertson”.

3

de

2

de

Januarie 2017

30

Kragte saamgesnoer

met Duitse landboureus

B

arloworld en die BayWa-groep van Duitsland gaan ‘n ge-

samentlike onderneming begin om hul belange in landbou

en materiaalhantering in Suider-Afrika te bevorder. Onder-

hewig aan goedkeuring deur mededingingsowerhede sal

dié gesamentlike onderneming, BHBW Beherend (Edms) Bpk, vroeg

in 2017 begin sake doen.

Barloworld Suid-Afrika en BayWa sal elk ‘n belang van 50% in

BHBW hê. Die nuwe maatskappy sal Barloworld se huidige Agri-

culture- en Handling-sake-eenhede, wat ongeveer 400 werknemers

en tien takke sowel as die Barloworld Agriculture-handelaarsnet-

werk insluit, inkorporeer.

BHBW verkry die verspreidingsregte vir die AGCO-handelsmerke

Massey Ferguson en Challenger in landbou, en die Hyster-Yale-

handelsmerke Hyster en UTILEV in materiaalhantering.

Dit is die tweede gesamentlike onderneming tussen Barloworld en

BayWa. In 2015 het die twee maatskappye ‘n soortgelyke vennoot-

skap in Zambië gesluit. Sterk sinergieë en ‘n gedeelde visie vir die

ontsluiting van potensiaal in die landboumark in Afrika suid van die

Sahara het nou daartoe gelei dat dié vennootskap versterk word.

Barloworld, wat in 1902 gestig is, se hoofkantoor is in Johannes-

burg, Suid-Afrika en die maatskappy doen sake in 24 lande. Die

maatskappy is reeds sedert 1929 ‘n Hyster-vurkhyserhandelaar

en is ‘n leier in die verskaffing van toerusting vir materiaalhante-

ring in suidelike Afrika. Dit het in 2001 betrokke geraak by land-

boumeganisasie met die verkryging van die verspreidingsregte

vir Massey Ferguson en het Challenger later ook by sy landbou-

stal gevoeg.

BayWa is in 1923 gestig en het sy hoofkantoor in München,

maar doen wêreldwyd sake in sy kernsegmente naamlik landbou,

energie en boumateriale. Hulle is een van die voorste landbou-

maatskappye ter wêreld en die wêreld se grootste verspreider van

die AGCO-handelsmerke Massey Ferguson en Fendt. Sy landbou-

sake-eenheid is ‘n markleier in digitale boerdery in Duitsland deur

‘n filiaal, FarmFacts.

BHBW sal voortbou op die kundigheid van die twee vennote

om sy aanbod aan die landbouwaardeketting uit te brei ten

einde omvattende geïntegreerde oplossings te bied wat suider-

Afrikaanse voedselprodusente se produktiwiteit, volhoubaarheid en

winsgewendheid bevorder.

Bykomende produkte en oplossings op die gebied van megani-

sasietoerusting, digitale boerdery en agronomie sal gedurende die

eerste twaalf maande bekend gestel word.

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture