Background Image
Previous Page  99 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 99 / 150 Next Page
Page Background

2015

89

G

RAANGIDS

Riglyne vir die verantwoordelike

gebruik van plaagdoders

Ons as landbouers moet landboumiddels of plaagdoders verantwoordelik gebruik. Soveel so dat

ons genoegsame, veilige en bekostigbare kos en vesel vir die land kan produseer sonder om die

gesondheid van mense en die omgewing aan te tas. Daar is ‘n hele trop anti-plaagdoderbrakkies

wat kef-kef oor die produsente en hoe hulle alles vergiftig, maar hulle kan selde of ooit die bewyse

vir hul aantygings op die tafel plaas. Hier is bietjie hooi om aan te kou en ja, sommige daarvan

sal maklik verteer, terwyl ander weer baie kouwerk sal vereis. Ek noem dit die tien gebooie van

verantwoordelike plaagdodergebruik:

1. Beplan jou produksieseisoen noukeurig en koop slegs die plaagdoders en volumes aan wat

jy definitief gaan benodig. As die agent iets teen ‘n goedkoop prys aanbied en jy sulke on-

nodige produkte aankoop, gaan dit net opgaar.

2. Koop slegs geregistreerde plaagdoders vanaf erkende handelaars aan, dit wil sê agente

wat aan CropLife Suid-Afrika se ledemaatskappye verbonde is, ten einde te verseker dat dit

goeie kwaliteit en wettig is. As ‘n plaagdoder nie ‘n registrasienommer op die voorste paneel

van die etiket bevat nie, is dit onwettig in Suid-Afrika. Só ‘n registrasienommer begin met ‘n

hoofletter L gevolg deur vier syfers (byvoorbeeld L1234) en daarna Wet Nr. 36 van 1947.

3. Berg jou plaagdoders in ‘n ordentlike stoorplek wat mure, ‘n dak, ventilasie, beligting en

toesluitbare deure het. Baie kwaadwillige vergiftigings vind plaas met landboumiddels wat by

produsente gesteel word en dikwels is dit die produsent se eie diere wat daarvan vrek.

4. Bestudeer die etiket van elke landboumiddel sorgvuldig en wend dit streng volgens die voor-

skrifte aan. Regulasie Nr. R1716 van 26 Julie 1992 waarsku dat die gebruik van ‘n landbou-

middel vir enige doeleinde of op enige wyse anders as dit wat die etiket aandui, ‘n strafbare

oortreding van Wet Nr. 36 van 1947 is.

5. Verskaf basiese opleiding aan jou plaaswerkers oor die veilige en verantwoordelike gebruik van

plaagdoders. Dit sal tot meer effektiewe en verantwoordelike gebruik asook beter produksie lei.

6. Dra beskermende klere, soos byvoorbeeld ‘n gesigmasker, ‘n laphoed, lang moue, ‘n lang-

broek en handskoene wanneer plaagdoders gemeng en aangewend word (dit geld ook vir

die trekkerdrywer wat die plaagdoder gaan spuit). Dit is nodig om ‘n mens self teen moontlike

spatsels, newels en mondelinge inname van plaagdoders en spuitmengsels te beskerm.

7. Kalibreer die spuittoerusting, sodat die regte dosering van die plaagdoder toegedien word.

Hierby ingesluit is die nagaan van spuitkoppe om seker te maak dit is nie verweer of verstop

nie. Spuitdruk moet ook korrek wees, terwyl die enjintoere van die trekker en die snelheid

waarteen die trekker beweeg, ook korrek moet wees.

8. Plaagdoders moet slegs aangewend word as die weersomstandighede gunstig is daarvoor.

As die suidooster opsteek of die Hoëveld se donderwolke wag om uit te bars of dit so warm is

dat alles bloot verdamp, is dit tyd om die plaagdoderaanwending vir eers te staak. Die wind

waai dalk net die plaagdodernewels na die buurman se aartappellande en dan is die gort

behoorlik gaar.

Vervolg op bl. 92