PANNAR
Doen só jou eie oesskatting
Droëland:
Besproeiing:
Are of halms per m
2
x sade per aar
3 500
= ton/ha
Are of halms per m
2
x sade per aar
3 000
= ton/ha
Santam Landbou is deurgaans besig met navorsing om die metodes vir die bepaling van akkurate
haelskade asook opbrengsskattings vir ‘n reeks gewasse te verfyn. Hierdie navorsing word nooit as
afgehandel beskou nie. Nuwe terreine word voortdurend bestudeer en bestaande prosedures word
getoets en aangepas om tred te hou met onder meer nuwe kultivars en veranderde boerderytegnieke.
Een gebied wat intens bestudeer word, is die bepaling van oesopbrengste of oesskattings.
Sekere formules is ontwikkel en aangepas, maar ‘n deeglike kennis van onder meer die betrokke
boerderyvertakking en -streek bly belangrik met die bepaling van ‘n oesopbrengs. Die volgende
inligting moet slegs as riglyne gebruik word. Nietemin kan dit handig te pas kom wanneer produsente
die potensiële oesopbrengs wil beraam. Daar moet egter in gedagte gehou word dat daar baie
veranderlikes is wat die akkuraatheid van ‘n oes- of opbrengsskatting kan beïnvloed. Hoe nader aan
oestyd, hoe akkurater kan bepalings gedoen word, omdat daar minder kans is dat groot veranderlikes
kan voorkom. Een van die mees kritieke faktore is die pitmassa. Dit varieer nie net baie van seisoen
tot seisoen nie, maar ook binne die seisoen. Selfs nadat die oes ryp geword het, kan faktore soos
kopvrot en ander patogene die pitmassa beïnvloed. Die riglyne is soos volg:
1. Koring
By koring is ‘n goeie gemiddelde saadtelling ongeveer: Droëland – 3 500 sade/100 g en be-
sproeiing – 3 000 sade/100 g. Vir opbrengsbepalings word twee algemene praktyke, naamlik saai
en plant, afsonderlik beskryf.
1.1 Die saai van koring of plant in baie nou rye
1.1.1 Eerstens word die aantal are of halms per vierkante meter (m²) bepaal.
1.1.2 Die gemiddelde aantal sade per aar word bepaal deur die sade in ‘n monster van koringare,
wat klein en groot are na verhouding insluit, te tel. Indien die sade nog nie getel kan word
nie, moet ‘n goeie gemiddelde telling vir die betrokke kultivar gebruik word.
1.1.3 Die volgende formule kan aangewend word vir die berekening van die opbrengs waar
koring gesaai is:
1.2 Koring wat in onderskeibare rye geplant is
1.2.1
Bepaal die rywydte soos volg: Die afstand oor 10 ryspasies word gemeet, met ander
woorde vanaf ry 1 tot ry 11, en die afstand só verkry, word deur 10 gedeel om die rywydte
te bekom.
VOORBEELD
Afstand oor 10 ryspasies = 3,5 m
Rywydte is 3,5 m
10
= 0,35 m
1.2.2 Die aantal are of halms word oor ‘n afstand van 3 m in die ry getel.
1.2.3 Die aantal sade per aar word bepaal deur ‘n monster van are te tel, wat klein en groot are
na verhouding insluit. Indien die sade nog nie getel kan word nie, moet ‘n goeie
gemiddelde telling vir die betrokke kultivar gebruik word.
1.2.4 Die meegaande formule kan gebruik word vir die berekening van die opbrengs waar
koring in onderskeibare rye geplant is.
G
RAANGIDS
2014
20