Graangids 2014 - page 20

Rapporteer saadkwaliteitsprobleme
Indien enige saadprobleme vermoed of ondervind
word, moet die volgende stappe geneem word:
• Kontak so gou as moontlik die saadverteenwoor-
diger by wie die saad aangekoop is en dring op
‘n ter plaatse ondersoek aan. Hou ook rekord
van datums en gesprekke.
• Versamel en stel soveel moontlik inligting op
skrif, neem foto’s of maak video-opnames om
later na terug te verwys.
Indien die probleem nie opgelos is nie, moenie te
lank wag voordat die volgende stappe oorweeg
word nie:
• Tree in verbinding met ‘n onafhanklike weten-
skaplike om ‘n ter plaatse ondersoek te doen.
• Stel Graan SA in kennis indien die nodige
aandag en oplossings vir die betrokke probleme
nie by die saadmaatskappy verkry kan word nie.
In die geval waar ‘n produsent steeds vermoed dat
daar probleme met die saad is wat hy geplant het
nadat die saak reeds met die verteenwoordiger en
die maatskappy wat die saad verskaf het, opge-
neem is, kan hy die Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye kontak. Dié departement sal
dan ‘n handelskontrole-ondersoek ingevolge die
Plantverbeteringswet doen.
Kontakpersone
Oos-Kaap:
Gerald Jack: Port Elizabeth, 041 484 2725
Felicity Daniels: Port Elizabeth, 041 484 2725
Vrystaat:
Winnie Mafiri: Bloemfontein, 051 406 0965
Zanele Buhlungu: 051 406 0967
Pretoria:
Christo Botha: Pretoria, 012 319 6139
Stellenbosch:
Christo Gouws: Stellenbosch, 021 809 1709
Produsente word aanbeveel om rekord te hou van
lotkodenommers, aangesien verwysingsmonsters
van alle saadlotte by die betrokke geregistreerde
saadlaboratoriums, waar kwaliteitskontrole uitgevoer
word, vir dispuutondersoeke beskikbaar is. Tydens
die aankope van saad behoort die kiemingspersen-
tasie vir die spesifieke saadlot aangevra te word.
Produsente word aangeraai om die fisiese sak,
waarop alle nodige naspeurbare inligting aangedui
word, as verwysing te hou.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,
Graan SA
Wenke vir saadbehandeling
Produsente moet daarop let dat saadmaatskappye
nie instaan vir die kwaliteit van saad indien die
saadbehandeling nie deur die saadmaatskappy
self óf deur ‘n geregistreerde chemiese verskaffer
wat toerusting en prosesse gebruik wat ISO-ge-
akkrediteer is, gedoen word nie. Behandeling van
Rhizobium is uitgesluit.
In die geval waar ‘n chemiese verskaffer die
behandeling doen, moet hy kan verseker dat die
behandeling nie die kieming sal beïnvloed nie.
Die chemiese middel wat gebruik word, moet ook
onder Wet 36 van 1947 geregistreer wees en ver-
kieslik deur die saadmaatskappy vir die spesifieke
kultivar aanbeveel word.
Daar word dus aanbeveel dat produsente wat nie
reeds behandelde saad aankoop nie, maar dit
eerder in ‘n latere stadium wil laat behandel, dit
in samewerking met die betrokke saadmaat-
skappy doen.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,
Graan SA
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...174
Powered by FlippingBook