Wenke vir die bestuur van nagmuise
1. Alle graanboere moet bedag wees op
die moontlike uitbreek van nagmuise of
springhaasrotte in hul produksiegebiede. As
dit nog nie by jou uitgebreek het nie, gaan
dit wel een of ander tyd gebeur. Let op vir
gate van ‘n 60 mm-deursnit in die wenakker
en aan die kante van bewerkte landerye. As
daar sulke gate begin verskyn, is dit gewis
tyd vir ‘n anti-nagmuisveldtog.
2. Nagmuise moet ‘n harde knou toegedien
word wanneer hulle op hul kwesbaarste is,
naamlik einde winter in die somerreënval-
gebiede en begin herfs in die winterreën-
valgebiede. Dit is dán wanneer die diere
verhonger is en die beste op knaagdier-
doderlokaas sal reageer.
3. Slegs geregistreerde anti-koagulantknaag-
dierdoders wat vir nagmuise geregistreer is
sowel as sinkfosfied en aluminiumfosfied,
mag gebruik word. Enigiets anders, soos
byvoorbeeld aldikarb en karbofuraan, gaan
nie die gewenste uitwerking hê nie; dit is
boonop ‘n strafbare oortreding volgens
Wet Nr. 36 van 1947 om sulke middels te
gebruik.
4. Die anti-koagulante moet in 75 mm-
besproeiingspype van 750 mm lank
aangewend word: Ryg drie of vier blokkies
daarvan deur ‘n dun draad en laat die was-
blokkies dan binne die pyp versteek wees
waar die nagmuise dit kan vreet en ander
diere nie kan bykom nie. Plaas die lokaas-
pype elke 50 m om die landery uit of selfs
binne die landery waar daar kolonies is.
Vul elke vierde dag aan totdat die bevol-
king uitgedun is. Tel dooie nagmuise op
en begrawe hulle.
5. Sinkfosfied kan as gereed-vir-gebruik lokaas
aangewend word of produsente kan hul
eie lokaas voorberei: Week uitskotmielies in
water totdat dit ontkiem. Maak vinnig droog
en meng dan volgens die voorskrif op die
etiket met sinkfosfied en kookolie. Gebruik
dieselfde pyp as vir die anti-koagulante en
plaas twee eetlepels vol van die lokaas in
die pype en elke 50 m om die landery. Sulke
lokaas kan ook direk in die gate gegooi
word (gebruik 25 mm-pyp met tregter),
waarna die gate dan toegetrap word. Sink-
fosfied maak hulle vinnig dood en die diere
vrek selde bo die grond. Moet onder geen
omstandighede die lokaas met kunsmis-
strooiers op die landerye uitgooi of sulke
behandelde saad plant nie! Dit is totaal
oneffektief en skep vergiftigingsgevare.
6. Lokvaldromme kan ook gebruik word: Sny
‘n 210 liter-drom in sy helfte af en plant ge-
lyk met die grond. Vul met een-derde water
en sprinkel sonneblomsaad op die water.
Die nagmuise verdrink as hulle in die drom
inspring om die saad te vreet.
7. Plant sitplekke vir uile en roofvoëls. Een paal
van 2,4 m hoog elke 50 m en een paal van
1,4 m hoog elke 50 m. Strooi saad om die
paal in die laatmiddag, sodat dit die muise
lok en vandaar kan die uile dan op hulle
begin jag maak. Rig ook ‘n uilkas op: Een
uilkas per 50 ha is genoeg.
8. Plant ‘n lokvalgewas van uitskotsaad in die
wenakker dieselfde tyd wanneer die gewas
geplant word. Die lokvalgewas moet baie
dig aangeplant word, sodat die nagmuise
eerder daar gaan vreet as in die gewas self.
9. Waar bewaringsbewerking toegepas word,
is die kanse vir nagmuisinfestasie feitlik
100%, omdat die wegdoen van diepbewer-
king nie meer die kolonies vernietig nie.
Een keer elke vier jaar behoort sulke gronde
waar nagmuise floreer, ordentlik diep ge-
ploeg te word.
10. Vir die volledige bestuursplan oor
nagmuise, stuur ‘n versoek per e-pos
na
Skrywer: Dr Gerhard H Verdoorn, Griffon
Gifinligtingsentrum en Vereniging van
Dieregesondheids- en Plantbeskermingsverenigings
van Suid-Afrika (AVCASA)
G
RAANGIDS
2014
104