

54
Produsente en landboukundiges
ontvang hoogste erkenning in landbou
D
ie bestes in die Suid-Afrikaanse landbou is op 11 November
verlede jaar tydens ’n spoggeleentheid net buite Pretoria
deur Landbouskrywers SA aangewys.
Allesbeste Boerdery (Dr André, Liezel, Edrean en Zander Ernst) was
die wenner in die kategorie Boer van die Jaar, mnr Eric Ntlaba is as
die beste nuwe toetreder tot die kommersiële landbou bekroon en
dr Theo de Jager is aangewys as Landboukundige van die Jaar.
Die prestigeryke geleentheid is deur Absa, Monsanto en Santam
Landbou geborg. Landbouskrywers SA bied sedert 1977 die kom-
petisie vir kommersiële produsente, nuwe toetreders tot die kom-
mersiële landbou en landboukundiges aan.
Vanjaar se kandidate in die drie kategorieë is elk op hul eie terrein
besondere presteerders en dit was nie maklik om wenners aan te
wys nie. Ons voel trots op al die kandidate wat in die provinsies
as wenners aangewys is. Ons wil diegene wat die toekennings
as nasionale boer, nuwe toetreder tot kommersiële landbou en
landboukundige ontvang het, baie gelukwens. Ons beskou dit as
‘n pluimpie vir Suid-Afrikaanse landbou en meen dat die kandidate
enige tyd op die wêreldmark met die bestes kan meeding.
Een van die doelwitte van die toekennings is om die prominente rol
wat produsente en landboukundiges in die landbousektor in Suid-
Afrika speel, te beklemtoon. Dit is egter ook belangrik om kennis te
neem van die breër rol wat hierdie kandidate in die land en kontinent
se ekonomie speel.
Die kandidate was:
Nuwe toetreder tot kommersiële landbou
Sentrale streek – Eric Ntlaba
Noordelike streek – Simon Teffo
Wes-Kaap (suidelike) streek – Phirdy Motala
Landboukundige van die Jaar
Oos-Kaap – Dr Gerhard Verdoorn
Vrystaat – Dr Mias van der Westhuizen
Gauteng – Jannie de Villiers
Limpopo – Dr Theo de Jager
Mpumalanga – Barry Christie
Noord-Kaap – Hannes Hattingh
Noordwes Provinsie – Prof Flippie Cloete
Wes-Kaap – André Roux
Boer van die Jaar
Vrystaat – Nick Serfontein
Gauteng – Rina en Norman Belcher
Limpopo – Allesbeste Boerdery (Dr André, Edrean en Zander Ernst)
Noord-Kaap – Vickie Bruwer
Noordwes Provinsie – Jerry Basson
Wes-Kaap – Josias le Roux
Tegniese artikel-wedstryd
Dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA) het
‘n tweede plek in die Monsanto-Landbouskrywers SA Tegniese
Artikel-wedstryd behaal vir sy artikel: “Omgekrapte weerpatrone en
verwoestende stofstorms: Die oplossing lê reg onder ons voetsole
(Deel 1 en Deel 2)” wat in
SA Graan/Grain
Maart 2016 en April 2016
verskyn het.
Die wedstryd is in die lewe geroep omdat ons ‘n leemte waarge-
neem het in die huidige wedstryde wat vir die landboujoernaliste
aangebied word wat die
how to
-tipe artikels betref.
Hierdie artikels speel in die huidige landbou-omgewing in Suid-
Afrika ‘n groot rol in die sukses wat ons produsente op hul plase
behaal. Produsente is afhanklik van die inligting wat hulle in
tydskrifte en elektroniese media bekom en met die wedstryd hoop
ons om joernaliste aan te spoor om dieper in landbou-onderwerpe
te delf en dit só aan te bied dat dit waarde vir die produsent op die
plaas kan toevoeg.
Ons sien hierdie ook as opleidingsgeleentheid vir joernaliste en ‘n
manier waarop hulle kan groei in hul loopbane.
In 2016 is die wedstryd vir die sesde keer aangebied. Daar was
31 inskrywings van 13 joernaliste. Die belangrikste vereiste om deel
te neem aan die kompetisie is dat artikels tussen 1 September 2015
en 31 Augustus 2016 in ‘n publikasie gepubliseer moes wees.
AKTUEEL
MAGDA DU TOIT,
voorsitter: Landbouskrywers SA
1: Jannie de Villiers (middel) is aangewys
as die Gauteng-streek se Landboukundige
van die Jaar en was een van die finaliste vir
die Landboukundige van die Jaar-toeken-
ning. Saam met hom is Magda du Toit en
Cobus Wells (hoof: Absa AgriBesigheid).
2: Dr Hendrik Smith (regs) het ‘n tweede
plek in die Monsanto-Landbouskrywers
SA Tegniese Artikel-wedstryd behaal.
Pieter Smit (bemarkingsbestuurder: Saad
en biotegnologie, Monsanto SA) het sy
sertifikaat aan hom oorhandig.
1
2