

60
Beste Grootneef
b
uurman sê ‘n man word aan sy hond se naam geken.
Wagter of Woefietjie is een ding. Maar die ander dag
gesels ek met ‘n man wat sy hond “Sixty Bucks” noem.
Dis wat die hond hom uit die sak gejaag het! Sy vorige
hond is deur ‘n krokodil gevang. Dié se naam was
“Twenty Bucks”. Praat van inflasie...
Op die ander buurplaas bly ‘n “Sheep-a-doodle”. Dis nou die
resultate van ‘n skaaphond en ‘n poedel wat mekaar beter leer ken
het! Die hond se naam is “Google”, want hy loop wêreldwyd. Op ons
eie agterstoep lê ‘n Russiese waghond. Hy rus op die stoep en hy
wag vir sy pap...
Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder? En wat is ‘n werf sonder ‘n woef?
Ou Neef, om ‘n boksie vuurhoutjies in die nag raak te vat, is soos
om ‘n ou vriend te groet: Bekendheid in die onbekendheid. ‘n
Handvol hoop in ‘n donker huis.
Eers skud jy die boksie om die inhoud te
meet. Met ‘n gerusstellende geratel van ‘n
paar vuurhoutjies bevestig, skuif jy die bok-
sie versigtig oop – die laaikant bo en voel-voel
tot jy ‘n staatmaker raakvat.
Dan vir ‘n vinnige blits oor die swaelpapier en
siedaar, hitte en lig in die holte van jou hand.
Die kers word dan aangesteek om die res van
die donker te verdryf. Die skimme van die
nag trek in die kerslig terug tot in die hoeke
van die huis, die kersie flikkerend tot die vlam
sy man bly staan.
Die wonders van die wêreld het nie een só
‘n verskil vir ‘n gewone mens gemaak soos
‘n nederige boksie vuurhoutjies nie: Van die
piramiedes in Egipte tot die hangende tuine
van Babilon – jy kon húlle nie in jou sak dra
nie. Een trekkie en ‘n vonk en jy is uit die
donker wêreld in die lig. Of jy nou ‘n
kampvuurtjie of ‘n lampie aansteek, ‘n klein
begin maak ‘n groot verskil.
Maar as ‘n pakkie vuurhoutjies eers natge-
reën het, is die blus uit. Soos sout wat laf
geword het, dien dit dan eintlik net om uit-
gestrooi te word.
‘n Vonk wat lig en lewe bring, kan egter ook
verteer. Een vuurhoutjie in die droë gras kan
‘n jaar se weiding in vlamme laat opgaan.
Ou Neef, wanneer ‘n vuurtjie gestook word,
kyk tog mooi waarheen spat die vonke? Dit smaak asof elke ringsit-
ting of samekoms in die Suidland deesdae oorkook met emosie en
jare terug se kwaad. Waar kom al die kwaai mense vandaan?
Dis dalk omdat alles deesdae te vinnig gebeur. Toeka se dae moes
‘n brief eers met die hand geskryf word om ‘n mening lug te gee.
Anoniem of te not. Dit het tyd gegee. En ook tyd gebied om af te
koel. Nou kan emosies die kuberruimte ingeslinger word met die
druk van ‘n knoppie, met geen begrip van waarheen die emoji’s
spat nie.
Ou Neef, haal diep asem, bly weg van vuisboek en draai soms die
ander wang. Ons bly in die Suidland van Afrika sonder kitsoplos-
sings. Daar is nie kortpaaie nie.
Groete op die Oosgrens!
Kleinneef
E-POSSE
aan Groot neef
Vonkpos
Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by
kleinneef@graingrowers.co.za.
Februarie 2017