

Hou by met digitalisering
óf jy word afgeskakel
“D
igitalisering beïnvloed elke komponent van ons
besigheid by FNB. As jy digitalisering nie regkry nie,
sal jy binne tien jaar afgeskakel word.”
Só meen mnr Jacques Celliers (hoof uitvoerende bestuurder:
FNB) wat op 13 Oktober verlede jaar by die Agri SA Kongres gesels
het oor toekomstige organisasies en die innovasie wat benodig
word om sukses te behaal.
Celliers het ook gewaarsku dat ‘n mens nie alle innovasie moet
najaag nie, omdat jy jouself in chaos sal bevind. “Besighede moet
eerder fokus op betekenisvolle innovasie.” Hy het die voorbeeld
van die bank gebruik, waar daar vandag meer nodig is as net die
tradisionele 1838 ‘vertrou ons met jou geld’-belofte. “Ons hou
steeds by dié belofte, maar die hulpmiddels wat ons gebruik om
dié belofte na te kom, het oor die jare uitermate verander.”
Hy het gesê die rede waarom mense nie suksesvol met innovasie
is nie, is omdat hul weerstand bied teen verandering en dit nie
gou genoeg aanneem nie. Volgens Celliers is daar ‘n dom en slim
manier om dinge te doen. “Om ‘n jaar te wag om toegang tot teg-
nologie te verkry, is krimineel; om ‘n dag te wag is aanvaarbaar.
Ons moet meer oop wees vir die nuwe tegnologie wat beskikbaar
is,” het hy gesê.
Mnr Johannes Möller (president: Agri SA) het in sy presidentsrede
aangesluit by Celliers toe hy verwys het na die sogenaamde vierde
industriële revolusie. “Dié revolusie word gedryf deur nuwe en
eksponensiële tegnologieë wat uiteindelik elke werksvlak in die
arbeidsmark sal raak. Selfs sommige hoogs ingewikkelde soorte
werke wat moeilik deur ‘n masjien getroef sal kan word, kan
uiteindelik in die slag bly. Dit sal op verskeie fronte innoverende
en kreatiewe denke vereis indien ‘n groeiende bevolking, deur
indiensneming, in ‘n posisie sal wees om darem ‘n billike vlak van
huishoudelike voedselsekerheid te kan geniet.”
Volgens Möller beskou Agri SA voedselsekerheid as een van die
staat se belangrikste verantwoordelikhede. “Dit is daarom nood-
saaklik dat beleid en ekonomiese toepassing sodanig geskied dat
dit die uitbou van die landbousektor behels en nie kniehalter nie,”
het hy gesê.
Mnr Mike Mlengana (direkteur-generaal: Departement van Land-
bou, Bosbou en Visserye) se boodskap by die kongres was duide-
lik: “Ons moet met een stem in hierdie land praat, sodat die
regering dit onmoontlik sal vind om landbou in terme van swart en
wit te sien. Kommersiële produsente gee die regering vandag kos
en julle gee vir die nuwe era-boere leiding,” het hy gesê.
Mlengana was uiters verbaas dat daar geen strategie vir kommer-
siële landbou was toe hy by die departement aangesluit het nie. “Ek
het gedink dit was ‘n grap, maar dit was nie ‘n grap nie.” Hy sê ook
dat hy besef het dat die amptenare in die departement se ware
profiele verskil van die profiele van die werk wat hulle veronderstel
is om te doen. ‘n Profiel van elke amptenaar word nou saamge-
stel, sodat daar bepaal kan word watter werk elke amptenaar
veronderstel is om te doen.”
Landbou se bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) van ons
land is tans byna 0%. Indië se landbousektor daarteenoor spog
met ‘n 17%-bydrae tot BBP. Volgens Mlengana maak die landbou-
direktoraat van bemarking en handel seker dat alle produsente
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
President deel bemoedigende
droogtehulpstories met kongres
Aan die einde van mnr Johannes Möller se presidentsrede by
die Agri SA-kongres het hy ‘n paar inspirerende stories van
verlede jaar se droogte vertel:
“Tydens die droogte het ons voer in Namakwaland afgelaai en
daar het ‘n produsent (hy lyk asof hy uit graniet gebytel is) na my
aangestap gekom en my aan albei my skouers van voor af gevat
en gesê: ‘Ou Boetie, ek wil vir julle baie, baie dankie sê (en die
trane het begin loop).’ Hy het gesê: ‘Ek is al deur ‘n groot aantal
droogtes en hierdie is die eerste droogte waar iemand vir my voer
verniet kom gee’. Elke keer as ek iets oor die droogtehulpfonds
hoor of lees, dan sien ek hierdie prentjie voor my.
“My een plaas val in die gebied wat as rampgebied gelys is. ‘n
Produsent het my gebel en gesê ek kan so 25 bale se lusern kry.
Ek het vir hom gesê dat hy eerder die bale vir my bure, wat in
ongelooflike nood verkeer, moes gee. Weet julle wat doen dié
produsente toe? Hulle het die lusern aan kleinboere in die bruin
gemeenskap wat in uiterste nood verkeer het, uitgedeel. Hierdie
droogte het ons produsente geleer om saam te staan – maak nie
saak wat jou ras of geslag is of waarmee jy boer nie.”
Graan SA se hoofbestuurslede wat die kongres bygewoon het, is
voor: Victor Mongoato, Andries Theron (visevoorsitter: Graan SA),
Preline Swart (visevoorsitter: Graan SA), Israel Mothlabane,
Derek Mathews, Ryk Pretorius en Kallie Schoeman. Middel:
Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA).
Agter: Jaco Breytenbach, Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA),
Chris Schoonwinkel, Hannes Haasbroek, Willem Groothof en
Anton Botha.
AKTUEEL
Februarie 2017
58