

Chemiese beheer van katbos
– opvolgartikel
D
ie artikel
Chemiese beheer van katbos
wat in Oktober
verlede jaar se
SA Graan/Grain
verskyn het, het vele na-
vrae en bespreking uitgelok. Hierdie opvolgartikel spreek
van die belangrikste aspekte wat uit die navrae voortge-
spruit het, aan.
Katbos is ‘n hardnekkige, kruidagtige indringerplant wat “resepte”
wat moontlike beheer van die onkruid in die hand kan werk, dik-
wels in die kollig plaas. Die effektiewe beheer van katbos is in
die meeste gevalle wisselvallig en realiseer nie maklik nie. Slegs
produkte wat spesifiek volgens Wet nr. 36 van 1974 vir die beheer
van katbos geregistreer is, mag chemies toegedien word.
Tans is daar min aktiewe bestanddele vir die chemiese beheer van
katbos geregistreer. Dit sluit onder andere tebutiuroon (Limpopo)
en pikloram (Browser SL) in. Limpopo 200 GG bevat tebutiuroon
200 g/kg (wees versigtig), reg. nr. L7795, Wet 36 van 1947 en
Browser SL bevat pikloram 240 g/l (wees versigtig), reg. nr. L7357,
Wet 36 van 1947.
Albei onkruiddoders het ‘n relatiewe lang half-leeftyd in die grond
wat kan wissel vanaf 90 dae tot ‘n jaar of langer. Sekere middels
waarna in die vorige artikel verwys is, is nie geregistreer vir hierdie
spesifieke aanwending nie (Molopo) of is van die mark af (Chopper).
Hoewel beide tebutiuroon en pikloram nie besonder effektief as
grasdoders teen normale dosisse is nie, kan beduidende grasskade
in weiding voorkom omdat die geregistreerde katbosdosis wel
hoog genoeg is om grasse te dood. Beskadigde weiding kan binne
‘n jaar herstel, mits die reënval voldoende is.
Toediening van die produkte moet egter steeds gerig wees op
die beheer van katbos, terwyl aangrensende bome en plante se
wortelsones, waar moontlik, vermy moet word. Beide aktiewe be-
standdele is sterk breëblaar-onkruiddoders wat aangrensende
plante en/of bome kan beskadig indien die produkte deur die nie-
teikenplante se wortels opgeneem word.
Tebutiuroon se dosis word bepaal deur die hoeveelheid biomassa
van ‘n plant, omdat daar ‘n sterk korrelasie tussen die planthoogte
en biomassa bestaan. Om hierdie rede word dosisse op die etiket
op planthoogte vir handtoediening op bome aangedui. Anders
as bome, het katbos nie ‘n penwortelstelsel nie, maar ‘n wydver-
spreide, vlakkerige wortelstelsel wat vergelykbaar is met ‘n bywor-
telstelsel (sien
Foto 1
).
In die geval van katbos word die dosis daarom eerder bepaal deur
die deursnee van die wortelbasis in ag te neem om sodoende so-
veel as moontlik van die wortels te bereik. Korreltoediening word
eerder aanbeveel omdat die korrels beter in die wortelbasis versprei.
Tebutiuroon word deur vog geaktiveer omdat dit net deur plantwor-
tels geabsorbeer word. Reën na toediening is dus noodsaaklik om
die aktiewe bestanddeel in die grond in te was.
Die gebruik van tebutiuroon word nie aanbeveel op gronde waarvan
die kleipersentasie hoër as 30% is nie, aangesien dit onkruid-
dodereffektiwiteit kan beïnvloed. Behandeling van katbos moet
verkieslik vroeg in die somer plaasvind – sodra die risiko van brand-
gevaar verby is.
Pikloram word met water verdun en op blare toegedien. Genoeg-
same groen loof moet tydens periodes van aktiewe groei teen-
woordig wees vir die beter opname van die produk. Die produk
moet dus eers gedurende Desember en Januarie toegedien word,
wanneer die loof voldoende ontwikkel het vir loofbehandelings.
Pikloram kan deur groen loof, die ontblote kambium van afgesaag-
de plante en bome of deur plantwortels geabsorbeer word.
Op klein areas kan rugsakspuite vir piklorambespuitings gebruik
word. Hierdie produk moet op groen loof en nuwe lote tot by die
punt van afloop, toegedien word. Daar is tans geen produkte vir die
beheer van katbos deur middel van lugtoediening geregistreer nie.
Konserwatiewe opvolgbehandelings is die beste manier om die
indringer die stryd aan te sê. Waar katbos reeds ondeurdringbaar
verdig het, kan daar vanaf die buitekant (perimeter) begin word om
eers alleenstaande plante te behandel, gevolg deur toedienings
langs grensdrade. Een strategie is om tebutiuroon toe te dien en
dan met pikloram op te volg indien enige hergroei tydens die
volgende seisoen voorkom.
Vir meer inligting oor die tyd van toediening en aanbevole dosisse,
kan Chris Richter by
terracare@mjvn.co.zagekontak word.
53
1:
’
n Voorbeeld van die uitgebreide wortelstelsel van katbos
(
Asparagus laricinus
).
CHRIS RICHTER,
Terra-care,
MARLENE VAN DER WALT
en
ELBÉ HUGO,
albei van die LNR-Instituut vir Graangewasse , Potchefstroom
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Indringer plant / Onkruiddodereffektiwiteit
1