Background Image
Previous Page  54 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2016

52

Hawer kan produsente se

voervloei hierdie winter red

H

awer (

Avena sativa

) is ‘n baie veelsydige kleingraan wat in die

verlede grootliks vir die graanmark aangeplant is. Weens die

gewas se goeie voedingswaarde, word dit deesdae grootliks as

weidingsgewas aangeplant.

Veeprodusente kan hawer, wat ‘n hoë voedingswaarde en relatiewe

goeie hergroei-eienskappe besit, aanplant om voldoende groen-

voer vir die winter te produseer. Wintergraangewasse soos hawer

word jaarliks regdeur Suid-Afrika in groot hoeveelhede aangeplant

as winterweiding vir skape, bokke en beeste. Kleingrane sluit die

volgende gewasse in: Hawer, korog en stoelrog, koring en gars.

Hawer kan in verskillende groeiklasse gedeel word, naamlik lente-

(vinnig), intermediêre en wintertipes (laat tipe). Hawer wat in die

lentetipe-groeiklas val, is nie baie kouebehoeftig nie en sal vinniger

weigereed wees as wintertipes.

Hierdie tipes produseer egter nie groot volumes voer nie en moet

ook digter gesaai word, aangesien hul stoelvermoë laer is as dié

van wintertipes. Indien weiding baie vinnig benodig word, sal dit

raadsaam wees om ‘n gedeelte van die aanplanting met hierdie

tipes te plant. Intermediêre en wintertipes het ‘n lang kouebe-

hoefte voordat dit reproduktief raak. Laasgemelde tipes hawer

produseer groter volumes voer as gevolg van hul stoelvermoë,

maar op ‘n later stadium.

Plantdatums moet verkieslik versprei word om te verseker dat al

die aanplantings nie gelyktydig gereed is om bewei te word nie.

Beplanning is van uiterste belang. Die saaidigthede van lentetipes

onder droëlandtoestande is 25 kg/ha tot 40 kg/ha en onder be-

sproeiing 60 kg/ha tot 100 kg/ha (afhangende van die mate van be-

sproeiing). Intermediêre en wintertipes se saaidigthede is 25 kg/ha

tot 40kg/ha onder droëlandtoestande en 75 kg/ha tot 100 kg/ha

onder besproeiing (afhangende van die mate van besproeiing). Die

vestigingstyd sal van streek tot streek wissel, maar is normaalweg

van middel Februarie tot middel Mei. In die koue areas eindig

planttyd einde April.

Hawer kan ook met verskeie gewasse (insluitende peulgewasse)

gekombineer word om produksie te verhoog en die verskeidenheid

van voer deur vee te verhoog. Hierdie gewasse sluit in Japannese

radyse, weiwieke en Persiese klawer.

Winterweidingsgewasse

Agricol is bekend as die leier in somer- en winterweidingsgewasse.

Produsente kan staatmaak op die volgende kultivars vir volhoubare

voervloei hierdie winter:

Pallinup

Hierdie lentetipe hawer is gewoonlik weigereed ses tot agt weke na

plant. Die kultivar word gekenmerk deur dikker plante wat minder

spruite produseer. Pallinup kan gebruik word vir beweiding, kuilvoer

en hooidoeleindes. Pallinup se graan is ook geskik vir die maak van

ontbythawer.

Overberg

Wat ‘n intermediêre-tipe hawer betref, is Overberg in ‘n klas van sy

eie. Die kultivar het ‘n laer kouebehoefte as ‘n egte wintertipe en sal

ook vroeër begin produseer. Overberg is geskik vir produksie onder

droëland en besproeiing.

Magnifico

Hierdie egte wintertipe hawer het ‘n hoë kouebehoefte en produseer

normaalweg smaaklike weiding vanaf Mei tot einde September.

Magnifico kan gebruik word vir beweiding, kuilvoer en hooiproduksie.

Kleingrane

Die volgende kleingrane is ook belangrik vir winterproduksie:

Stoelrog (Agriblue en Echo)

Dit is ‘n eenjarige wintergraangewas wat laat in die somer gevestig

kan word. Stoelrog word meestal gebruik as groenvoer vir die

winter tot vroeë lente. Daar bestaan drie tipes stoelrog naamlik kort,

medium en lang rotasietipes.

Korog (Rex)

Hierdie kruising tussen koring en rog word hoofsaaklik as ‘n wei- of

voergewas gebruik. Korog kan geklassifiseer word as ‘n lente- of

wintertipe kleingraan wat aangepas is by die meeste omgewings-

toestande en grondtipes.

Navrae

Skakel gerus een van ons kundige bemarkers vir verdere navrae:

Wes-Vrystaat en Noordwes Provinsie – Henk Crafford (078 459

4833)

Noord-Vrystaat – Johann Badenhorst (060 587 5626)

Oos-Vrystaat – Pieter Taljaard (078 019 6950)

Suid-Vrystaat – Michael O‘Neill (083 631 7716)

Noordwes Provinsie – Willem Nel (081 018 3296)

Limpopo en Gauteng – Willem Labuschagne (083 501 0109)

Mpumalanga-Noord – Daneel Fourie (083 461 6671)

Mpumalanga-Suid – Anina Snyman (082 772 5769)

Noord-Kaap en Namibië – Dawie du Plessis (071 852 1707)

Kleinboer-ontwikkeling – Lawrence Watch (083 977 0536)

PROMOSIE-ARTIKEL

JOUBERT SWANEPOEL,

Agricol

Hawer gereed vir beweiding.

Grafiek 1: Piekproduksiefases van verskillende kleingrane gebaseer op ‘n

begin Maart-plantdatum.