Background Image
Previous Page  3 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 116 Next Page
Page Background

1

August 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Alfred Andrag, Liza Bohlman, Pietman Botha, Abrie Coetzee, Annelie de Beer, Lara de Goede, Cathy de Villiers, Jannie de Villiers, Linda du Plessis, Sarel du Plessis,

Alzena Gomes, Elbé Hugo, Belinda Janse van Rensburg, Silvia Kaltofen, Koos Kirsten, Francois Koekemoer, Sakkie Koster, Landi Kruger, Maryke Labuschagne,

Robbie Lindeque, Corné Louw, Niel Marais, Loureine Muller, Werner Nel, Jolanda Nortjé, Roelf Odendaal, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Marieke Snyman, Unati Speirs,

Liana Stroebel, Dirk Strydom, Scott Sydenham, Coretha Usher, Angeline van Biljon, Johan van Biljon, Luan van der Walt, Elize van der Westhuizen, Anita van Zyl,

Barend Wentzel, Roean Wessels en Chantal Yazbek

v

riende van ons is besig om hulle huis en haard van die

hand te sit. Hulle verkoop alles en emigreer Australië

toe. Met net ‘n paar tasse en die allernoodsaaklikste pak

hulle die tog die vreemde in, aan. Dit sit nie in my broek

nie. Ek sal nie maklik al my goed kan wegmaak nie. Ja-ja,

ek weet...ek weet ‘n mens moet nie so aan aardse goed

vasklou nie.

Teen hierdie tyd is dit verseker geen geheim dat ek baie sentimen-

teel is en dol is oor oudhede en antieke meubels nie...Antieke win-

kels is maar baie skaars in ons omgewing en daarom snuffel ek

deesdae – tot groot ontsteltenis van my man – op

Facebook

rond.

(Het jy geweet daar is heelwat blaaie waarop hulle antieke ware ad-

verteer?)

Só koop ek nou die dag ‘n ou leer boeksak uit vanmelewe se dae

vanuit Sutherland se wêreld. Ek wonder wat dié tas sou vertel as

hy kon praat. Hoeveel kinders se eerste

Sus en Daan-

of

Boet en

Saartjie

-leesboek en kosblik is daarin rondgedra? Hoeveel keer is

die draer van die tas se sitvlak vuurwarm gemaak oor huiswerk wat

nie gedoen is nie, of oor ‘n toets wat gedruip is?

Landbou het ook die afgelope jaar pakgekry. Jannie de Villiers (uit-

voerende hoofbestuurder: Graan SA) vertel in

Graan SA Standpunt

van die berigte wat hy oor verskeie lande se landbousektore gelees

het en waaruit hy só bewus geraak het van ander produsente se

unieke probleme. “Die droogte, politieke onstuimigheid en swak

ekonomiese toestande in Suid-Afrika het mos maar die geneigd-

heid om jou net op jou eie dilemma te laat fokus.” Lees gerus op

bladsy 4 waarom hy reken dat daar geen kitsoplossing vir ons pro-

bleme is nie.

Ter ondersteuning van Augustus as vrouemaand, het ek het

vir hierdie uitgawe met die nuwe visevoorsitter van Graan SA,

Preline Swart, gesels. Sy is die eerste vrou op dié organisasie se

Dagbestuur.

SA Graan/Grain

wou by haar weet wat is van die groot-

ste uitdagings waarmee hulle in hul boerdery gekonfronteer word.

Haar antwoord het my bygebly: “Met boerdery is daar goeie, maar

ook verskriklike moeilike jare: Te min of te veel reën en krisisse wat

moeilik bestuurbaar is. Swak graanpryse en hoë insetkoste het ons

ook al hard geslaan, maar soos my man altyd sê: ‘Volgende jaar

begin ons maar net voor’. Deur dit alles is ons nog steeds op die

plaas. Vir my is dit ‘n geval van hard val, knieë afvee, opstaan en

maar weer probeer. En as ek mooi dink, is dit waar ek die graagste

wil wees (al het ek my nooit as ‘n boeremeisie gesien nie!).”

Lekker boer tot volgende maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

I

n die Julie-uitgawe het

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/Grain

-medewerker) in die eerste deel

van

Praktiese maniere om die seisoen te oorleef

klem gelê op verbouingspraktyke. In dié uitgawe

(

bladsy 80

) bespreek hy redes waarom dit belang-

rik is om grond volgens potensiaal te bestuur. Hy

gesels ook oor oppervlakte- en geldbeperking.

E

arlier this year

HENDRIK SMITH

(CA facilitator:

Grain SA) had the privilege to visit the UK and

Germany to share his knowledge about the promo-

tion of CA in South Africa. He said, compared

to other world regions, conservation agriculture

development in Europe has been particularly slow,

for example in the United Kingdom (UK) and

Germany, with an adoption rate of just above 1%.

Read more about this topic on

page 84

.

F

usarium verticillioides

word reg oor Suid-Afrika

aangetref – veral in droë, warm gebiede met

temperature bo 28°C. Verskeie stremmingsfak-

tore soos droogte-, insekte-, en voëlskade sal die

voorkoms van die swam aanhelp. Op

bladsy 94

kyk

BELINDA JANSE VAN RENSBURG

(LNR-Instituut

vir Graangewasse) of voorkomende swamdoders

vir mielieblaarsiektes kopvrot-infeksies kan

verminder.

V

ir die eerste keer in Graan SA se geskiedenis het

al die afgevaardigde produsente geleentheid

gehad om gelyktydig te praat en hul mening te

lig tydens Graan SA se Kongres in Maart vanjaar.

Elke produsent is toegerus met ‘n stemtoestel om

‘n reeks vrae te beantwoord, waarna die resultate

direk daarna op ‘n groot skerm vertoon is.

LANDI KRUGER

(datawetenskapkoördineerder:

Graan SA) het die inligting verwerk en gee op

bladsy 18

terugvoer daaroor.

Ontmoet ons

medewerkers...

a

nnelie de Beer het as ‘n

plaaskind in die Christiana-

distrik grootgeword en haar

skoolloopbaan daar voltooi. Sy

behaal haar BScAgric(Hons)-

graad aan die Universiteit van die

Vrystaat, MScAgric-graad aan die

Universiteit van Pretoria – asook ‘n

HOD(N)-graad aan die Noordwes-Universiteit. Sy begin haar

loopbaan as dosent aan die Landboukollege Potchefstroom

en word later by die Departement van Landbou as hoof van

die departement Weiding aangestel. Tans is sy ‘n navorser

by die LNR-Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom en

spesialiseer in navorsing op sojabone en is ook betrokke by

opleiding.

Annelie is getroud met Attie (ook verbonde aan die LNR)

en hulle het twee getroude seuns: Petri en Abri. Sy hou van reis

en kampeer en hulle het ook ‘n deeltydse beesboerdery. Lees

gerus haar artikel

Waterverbruik van sojabone onder die loep

(

bladsy 68

).