Background Image
Previous Page  113 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 113 / 116 Next Page
Page Background

Die Mazda CX-5-reeks:

‘n Ruim, kompakte SNV wat wikkel

d

ie Mazda CX-5 is ‘n middelklas sportnutsvoertuig

(SNV), wat alreeds in 2012 geloods is. Dit het destyds

slegs met ‘n 2 liter-petrolenjin uitgekom.

Mazda het egter aan die einde van 2014 hierdie

voertuig weer in Suid-Afrika met ‘n aansienlike string

verbeterings, asook met ‘n 4x4-weergawe en twee bygevoegde

nuwe kragbronne (‘n 2,5 liter-petrolenjin en ‘n 2,2 literdieselenjin),

hervrygestel.

Die nuwe reeks CX-5 was van vooraf, van kop tot toon, heront-

werp om ekonomies, veilig, stylvol en kragtiger as die 2012-voor-

ganger te wees. In 2015 is kosmetiese verbeterings ook weer eens

aangebring in ‘n voortdurende proses deur Mazda om hierdie

voertuig heeltyd nuut en modern te laat lyk.

Die Mazda CX-5 is nou beskikbaar met die 2 liter-, ‘n 2,5 liter-

petrolenjin en ‘n 2,2 liter-dieselenjin. Die wat weet sal saamstem

dat Mazda al die afgelope 30 jaar die koning is met hulle 2 liter-

petrolenjins. Die huidige een stel ook nie teleur nie.

Dit het ‘n kraglewering van 121 kW teen 6 000 omwentelinge en ‘n

wringkrag van 210 Nm reeds teen slegs 4 000 omwentelinge. Die

2,5 liter-dieselenjin het ‘n kraglewering van 141 kW teen 5 700 om-

wentelinge en ‘n wringkrag van 256 Nm teen 3 250 omwentelinge.

Daar is twee weergawes van die 2,2 liter-dubbelturbo ondersteunde

dieselenjin beskikbaar. Een vir die voorwiel-aangedrewe model en

vir die 4x4 is die kragtiger weergawe ingespan.

In die voorwiel-aangedrewe model, die CX-5 2,2 DE Active, is die

meer ekonomiese 2,2 liter-diesel, wat ‘n kraglewering van 110 kW

teen 4 500 omwentelinge en ‘n wringkrag van 380 Nm teen 1 800 om-

wentelinge bied, ingespan. Die gemiddelde brandstofverbruik is

5,7 liter/100 km in hierdie model.

Met sy permanente vierwielaandrywing, het die CX-5 DE Akera

egter meer krag nodig en daarom is sy 2,2 liter-dieselenjin gestel

om ‘n kraglewering van 129 kW teen 4 500 omwentelinge en ‘n

maksimum wringkrag van 420 Nm teen slegs 2 000 omwentelinge

te lewer. Koppel hierdie kragtige njin aan ‘n besonderse ligte, maar

sterk bakwerk, dan het jy voertuig wat uiters gewillig is om selfs

geharde 4x4-omgewing baas te raak.

Die voertuig is die eindproduk van Mazda se weldeurdagte ontwikke-

ling. Die kantspieëls is byvoorbeeld ‘n paar sentimeter geskuif om

die bestuurder se gesigsveld te vergroot. Dit is verfrissend om vir ‘n

slag in ‘n voertuig te sit wat slim beplan is om die bestuurs- en ry-

ervaring ‘n werklike genotvolle gebeurtenis te maak.

Die wielbasis is 2,7 m lank. Dit tel onder die langstes in die middelklas

SNV-segment. Dit verseker ‘n ruim gemaksone binne die kajuit.

Die beenspasie vir die agterste passasiers is die beste in sy klas.

Die agterste sitplekke kan in drie plekke afslaan om die agterste

pakruimte te vergroot. Deur byvoorbeeld die middelste gedeelte

van die agtersitplek af te slaan, kan ‘n fiets vervoer word terwyl daar

steeds sitplek vir twee agterste passasiers is.

Dit is ruim, gemaklik en al die kragbronne is kragtig genoeg om dit

op die oop pad te laat geld. Die CX-5 het al die veiligheidstoerusting

en padbeheerstelsels, wat ‘n mens van ‘n kwaliteit SNV verwag. Die

CX-5 modelle het almal ‘n drie jaar fabriekswaarborg, wat ‘n drie jaar

diensplan en drie jaar nooddiens insluit.

Pryse

CX-5 2.0 Active: R350 500;

CX-5 2.0 Active Auto: R361 800;

CX-5 2.0 Dynamic: R363 800;

CX-5 2.2 DE Active: R417 600;

CX-5 2.5 Individual: R415 100; en

CX-5 2.0 DE AWD Akera: R513 700.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

111

August 2016

Die Mazda CX-5 DE Akera met vierwielaandrywing is die vlagskip in die

reeks en kos R513 700.