Background Image
Previous Page  101 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 101 / 116 Next Page
Page Background

wel veriϐieerbaar

N

avrae word gereeld gerig oor die betroubaarheid van die

fisiese voorraadvlakke van graan en oliesade soos dit

maandeliks deur die Suid-Afrikaanse Graan Inligtings-

diens (SAGIS) gerapporteer word en markdeelnemers be-

twyfel soms SAGIS se voorrade – veral wanneer hulle aankope wil

maak, maar nie beskikbare voorraad gemaklik kan bekom nie.

SAGIS besef die belang van deursigtigheid in die mark en dat kor-

rekte inligting noodsaaklik is vir besluitneming deur alle rolspelers

in die graan- en oliesademarkte. Vir hierdie rede word verskeie

interne en eksterne kontroles konsekwent en op ‘n deurlopende

basis deur SAGIS se personeel uitgevoer om te verseker dat inligting

vanaf medewerkers ontvang, korrek is en korrek deur SAGIS gerap-

porteer word.

Wat die voorraadsyfers betref, is dit belangrik om te onthou:

SAGIS publiseer die totale massa onverwerkte voorraad aan die

einde van ‘n maand, ongeag aan wie dit behoort.

SAGIS publiseer voorraadsyfers teen ongeveer die 25ste van

die volgende maand. Dit beteken dat heelwat van die voorraad

intussen van eienaar kon verwissel het.

Gerapporteerde voorraad sluit die fisiese voorraad in kommer-

siële strukture (verwerkers, opbergers en hawe-silo’s) en die

voorraad in transito aan die einde van elke maand in.

Voorraad op plase (ongeag of die produsent dit later in die

kommersiële mark wil lewer of op die plaas gaan aanwend) is

nie ingesluit by SAGIS se voorraadsyfer nie, tensy die produ-

sent geregistreer is as ‘n kommersiële opberger (opberg teen

betaling), verwerker of uitvoerder (dan word sy fasiliteite as ‘n

kommersiële struktuur geag).

Die totale onaangewende of onverwerkte voorraad wat in die land

teenwoordig is, word dus op die laaste dag van ‘n maand gepubli-

seer, ongeag aan wie dit behoort en of dit reeds gekontrakteer is.

Aksies om die korrektheid van voorrade

soos gepubliseer te verseker

Interne kontroles

SAGIS beskik oor ‘n gesofistikeerde rekenaarstelsel, wat:

Verskeie toetse uitvoer wanneer ‘n opgawe op die stelsel ver-

werk word. (Byvoorbeeld: Is die vorige maand se opgawe

vasgelê?; beginvoorraad is die vorige maand se eindvoorraad?;

eindvoorraad is die som van die beweging van graan in die

res van die opgawe?; firma- en perseelnommers is geldige

nommers?)

Verslae word opgestel wat die personeel help om foute en

afwykings vinnig te identifiseer vir opvolg. (Byvoorbeeld: Ver-

gelyk B se ontvangstes vanaf A met A se versendings na B?)

Eksterne kontroles

Inligting van eksterne bronne (soos SAID, PPECB, Portnet en

Spoornet) word gebruik om SAGIS se inligting teen te meet.

Oudit-inspeksies

SAGIS se ouditinspekteurs speel ‘n belangrike rol deurdat hulle

die betroubaarheid van die inligting onafhanklik en fisies op die

perseel meet. Hulle aktiwiteite sluit onder andere in:

Fisiese voorraadopnames

Tydens die opnames word alle persele van ‘n medewerker besoek

en word alle heelgraan in voorraad gemeet (bepaal volume van

opbergfasiliteite – meestal bekombaar vanaf ingenieursplanne

en fisiese meting van volume van die tonnemaat voorhande). Die

tonnemaat in voorraad word vergelyk met die medewerkers se

boekvoorraad en dít wat op die opgawes verklaar is.

Die inspekteurs se doelwit is om medewerkers wat tot 90% van

alle inligting verskaf, ten minste elke twee jaar te besoek en voor-

raad fisies te neem. Die res van die medewerkers word ten minste

elke jaar besoek.

Oudit van brondokumente en rekords

Brondokumente word op steekproefbasis getrek en deurgevolg na

die opgawe om die redelike akkuraatheid en volledigheid van die

opgawe te bepaal.

Ofskoon inspeksies gereeld vind dat verstellings aan die opgawes

wat verskaf is nodig is, is dit nietige verstellings wat feitlik geen

effek het op SAGIS se reeds gepubliseerde inligting nie.

NICO HAWKINS,

hoofbestuurder: Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens

AKTUEEL

Stewardship is about passing

along the best technology to

the next generation. Planting a

refuge is important because it

prevents the natural build-up

of resistance and protects the

technology.

Reap the benefits of

YieldGard

®

and

YieldGard

®

II

technology and plant

your refuge area!

Monsanto, YieldGard

®

and YieldGard

®

II are

registered trademarks of Monsanto Technology LLC.

Monsanto South Africa (Pty) Ltd,

PO Box 69933, Bryanston, 2021

Tel: +27 11 790-8200

Fax: +27 11 790-8350

www.monsanto.co.za

Together we can

protect the technology

and ensure the future.

A12622/SAG

99