

1
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Mariëtta Cronjé, Lorren de Kock, Jannie de Villiers, Marietjie du Toit, dr Annemie Erasmus, Alzena Gomes, Jan Greyling, ds Koos Kirsten, Dirk Kotze, Louise Kunz,
Corné Louw, Jack Malatji, Ikageng Maluleke, Karina Muller, dr Hendrik Smith, Luan van der Walt, Jurgen van Onselen en dr Gerhard H Verdoorn
d
ie tweedehandse boekwinkel hier naby ons het einde
verlede jaar sy deure gesluit. Vir my is dit – soos my pa
sou sê – sommer ’n gatslag. Waar gaan ek nou bekos-
tigbare boeke aanskaf? ’n Nuwe boek by die boekwinkel
kos al amper soveel soos ’n sakkie kunsmis, die biblioteke
se boeke is voos gelees en ’n digitale boek voel (en ruik)
nou maar eenmaal net nie vir my soos ’n régte boek nie.
Is tweedehandse boekwinkels (en selfs nuwe boekwinkels) besig
om uit te sterf? Met die druk van ’n knoppie bestel jy sommer 1 2 3 ’n
boek aanlyn – hulle kom laai dit boonop by jou voordeur af. En hoe-
veel DVD-winkels bestaan nog? Dit is veel geriefliker om op ’n Vrydag-
aand op die bank te lê en ’n fliek op die betaalkanaal uit te neem of
om ’n reeks aanlyn te stroom eerder as om DVD-winkel toe te ry – veral
as jy op die plaas bly.
Die druk op winsgewendheid loop nou maar eenmaal regdeur ons
ekonomie. Soos my man tereg vra: Hoeveel tweedehandse boeke
moet jy verkoop of DVD’s moet jy uithuur net om die huur van die win-
kelperseel te betaal?
Jannie de Villiers (HUB, Graan SA) verwys ook in sy hoofartikel op
bladsy 4 na winsgewendheid. “Die graanbedryf se winsgewendheid
staan bo-aan ons 2019-lysie. Die sake wat aandag moet kry, is legio,
maar as ons die een oor winsgewendheid mis, dra die res min waarde.
Elke kilogram per hektaar is nou krities en so ook elke rand per ton in
koste of prys,” skryf hy. “Graan SA het ten doel om hierdie jaar weer so
naby as moontlik aan ons lede te beweeg sodat ons presies sal weet
waar ons ’n verskil kan maak. Ons wil dan al ons kennis, hulpbronne en
verhoudings aanwend om oplossings vir dié uitdagings te vind.”
Ons dorpsjapies besef nie aldag dat, afhangende van die gewas,
kunsmis tussen 30% en 50% van ’n graan- en oliesadeprodusent se
lopende produksiekoste kan uitmaak nie. Praat van winsgewendheid!
Corné Louw (Graan SA) verduidelik op bladsy 18 dat, omdat kunsmis
so ’n groot deel van ’n produsent se koste uitmaak, die prys daarvan
bepalend kan wees vir die winsgewendheid van die gewas. Volgens
hom is ureumpryse vroeër in die jaar goedkoper as later – dit is dus nóú
die tyd om kunsmisaankope te doen.
Graangids
2019 se
Graangids
, wat saam met die uitgawe gepos word, is ’n hele
170 bladsye dik (die lywigste een nog!) en propvol handige artikels en
advertensies om produsente wat vinnig kontakbesonderhede of in-
ligting in die graanbedryf benodig, te ondersteun. Daar is ’n aantal
splinternuwe items oor aktuele sake (soos die besparing van brand-
stof in meganisasie-aktiwiteite, veiligheid vir brandslaners en ’n groot
klem op plaasveiligheid) en alle bekende items is herbesoek en aange-
pas met die nuutste beskikbare inligting.
Alles wat mooi is vir 2019!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
A
ccording to
IKAGENG MALULEKE
(Grain SA)
developed nations have been hurt by exports
that come from countries that have sufficient gov-
ernment support. It is against this background that
the article on
page 28
seeks to uncover the under-
lying effects of the USA subsidies on developing
countries, as well as the benefit that those produc-
ers gain from this range of support.
D
R ANNEMIE ERASMUS
(LNR-Graangewasse)
bespreek op
bladsy 14
spinmyte: Min produ-
sente besef dat spinmyte algemeen in die laat sei-
soen in rypwordende mielies voorkom. Omdat die
plante se blare in hierdie stadium besig is om van
onder af te verbruin, word die teenwoordigheid
van die spinmyte nie opgemerk nie. Aangesien
daar nie oesverliese ter sprake is nie, word dit
geïgnoreer. As daar egter droogtetoestande is,
is myte geneig om te floreer en uitdagings is
dikwels tot ’n mate aan karige reënval te wyte.
G
raanprodusente spandeer amper 10% van
hul produksiekoste aan plaagdoders en aan
verwante produkte soos benatters, kleefmiddels en
buffers. Daar bestaan ’n mate van wantroue onder
produsente oor die gehalte van die middels.
DR GERHARD H VERDOORN
(CropLife Suid-Afrika)
gee aan produsente die versekering dat daar min
rede is om enigsins die gehalte van landboumid-
dels te bevraagteken. Sien sy artikel op
bladsy 25
.
T
rauma en stres is ’n realiteit in ons alledaagse
lewe. Word jou gedrag en lewe bepaal deur om-
standighede buite jou beheer en is jy net ’n pion van
jou situasie? Hoe veg of vlug jy teen droogtes, poli-
tieke besluite en ekstreme weersomstandighede?
Op
bladsy 32
gesels
MARIETJIE DU TOIT
(Mesites
Christen Akademie) oor hoe ’n lewe van oorwinning
jou keuse is.
J
AN GREYLING (vryskutfotograaf,
-radio- en -tydskrifjoernalis) se
wortels lê op Sasolburg in die
Mieliedriehoek. Nadat hy sy Hon-
neursgraad in Kommunikasie, asook ’n
Bemarkingsbestuursgraad voltooi het,
kronkel sy loopbaanpad deur die land-
bousektor. Hy was landbouradio-omroe-
per en radio- en TV-joernalis by die SABC. By Agri SA was hy
uitvoerende regisseur van
Agriforum
op SABC 2 en
Landbou-
oorsig
-aanbieder/samesteller op RSG. In 2001 het hy groep-
kommunikasiehoof van Klein Karoo Koöp geword. “Ek was later
redakteur van die
Agrifokus
-koerant en landbou- en nuusaanbieder
vir die gemeenskapsradio. Vanaf 2012 was ek in bemarkings- en
mediabestuur vir landboutentoonstellings en vaardigheidsont-
wikkeling in die Overberg. Volhoubare voedselproduksie deur ons
landbouers en plaaswerkers is my hartklop.” Hy en sy vrou, Hes,
geniet staproetes. Jan fotografeer, hengel, dig, speel gholf, is lief
vir musiek en is gereeld seremoniemeester en sportkommentator.
Hy het in Septembermaand die eerste NAMPO Kaap bygewoon en
’n reeks artikels oor die geleentheid vir die tydskrif geskryf. Meer
op
bladsy 11
.
January 2019