o
ns ouer produsente het altyd na die tagtigerjare verwys
wanneer hulle oor uitdagende landbou-era’s gepraat
het. Dan sou hulle vir die jonger manne sê dat dit wat
hulle beleef, niks is teen wat hulle in daardie jare moes
deurmaak nie. Maar nou begin selfs hulle anders dink...
hulle begin nou ’n ander deuntjie sing.
Die graanbedryf hou deesdae groot uitdagings in. Dit is jaar na jaar
’n gesukkel en dit is kompleet asof alles en almal teen jou is. Hoe
gaan ons hierdeur kom? Dit raak nou selfs erger as dít wat produ-
sente van die tagtigerjare onthou – en ek dink regtig nie daar is
fout met daardie manne se geheue nie!
Ek het die afgelope vakansie weer gaan oplees wat die slim mense
skryf oor wanneer jy al jou wedstryde “weg” (op die opponente se
velde) speel. Niemand moedig jou aan nie, alles is vreemd en dit
voel asof almal en alles teen jou is. Omtrent alles om jou is onbekend
en die taalgebruik langs die veld is ook nie juis opbouend nie.
Ek is daarvan oortuig dat ons in landbou op dié stadium al ons
wedstryde “weg” speel: Die klimaat is nie gunstig nie, die be-
leidsomgewing is nie vriendelik nie en die politiek bly negatief
– ongeag al ons beste pogings. Ons bankbalanse en emosionele
tenks is nie vol genoeg om alles te kan hanteer wat na ons kant toe
kom nie. Dit is gewoon net bitter uitdagend.
Wanneer uitdagende scenario’s soos hierdie oor my lessenaar kom,
doen ek gewoonlik ’n paar dinge: Ek lees meer Bybel om te kyk
wat die mense in sulke tye gedoen het. Mense soos Daniël en
Jeremia en ook Sadrag, Mesag en Abednego. Ek bid ook meer. Ek
raadpleeg my mentors en die mense wat al meer as een van dié
uitdagende tye deurleef het.
’n Ander ding wat ek doen, is om seker te maak ek neem nie beslui-
te sonder om al die feite sorgvuldig na te gaan nie. Emosies laat ’n
mens soms in die steek wanneer dit so benard gaan. Dan sorg ek ook
dat ek my verhoudinge met die mense naaste aan my (veral diegene
wat my emosioneel ondersteun) verbeter. Ek is veral ook fyn ingestel
op ander mense rondom my se behoeftes en emosies. Dit is nie net
ek wat swaarkry nie; almal het aanmoediging in sulke tye nodig.
Die graanmarkte het op die klimaat gereageer en pryse vir die sei-
soen sien sover ietwat beter daar uit, maar daar is maar min lande
wat lyk of dit bevredigende opbrengs gaan lewer (veral in die weste).
Om al dié tyd van die jaar oeste te skat, bly maar net ’n groot risiko.
Sommige lande moet nog geplant word, dan skat hulle al! Gunstige
pryse lewer egter nie ’n bydrae as daar nie ’n oes is nie.
Die een saak waarmee die wetenskaplikes in die kol was, is dat daar
’n besliste middellyn – wat klimaat betref – tussen oos en wes gaan
wees. As ons nog daaroor getwyfel het, herinner hierdie seisoen
ons weer daaraan. Geen graanprodusent kan meer dieselfde oor die
toekoms dink as wat ons tans oor die hede doen nie. Hoe die pad
vorentoe daar gaan uitsien, weet ons nie, maar saam sal ons moet
bepaal wat die alternatiewe is wat ons kan oorweeg: Hoe ons ons
besigheid moet aanpas by dit wat ons tans weet en hoe ons ons
moet posisioneer vir die toekoms.
Graan SA se kernfokus bly steeds om te verseker dat graanprodu-
sente volhoubaar bly. Daarom moet ons saam met julle alles in ons
vermoë doen om oplossings te vind om dit te verwesenlik – selfs al
speel ons al ons wedstryde “weg”. Dit is juis die spanne wat hulle
“weg”-wedstryde ook wen, wat met die wenbeker, op die tuisveld,
in die finaal, kan spog. Sterkte!
Hoeveel “weg”-wedstryde
lê nog voor?
JANNIE DE VILLIERS,
HUB/CEO
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
“
“
Geen graanprodusent
kan meer dieselfde oor
die toekoms dink as
wat ons tans oor die
hede doen nie.
Februarie 2019
4