Previous Page  3 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 68 Next Page
Page Background

1

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Marlese Bester, Pietman Botha, Mariëtta Cronjé, Lourens de Kock, Jannie de Villiers, Alzena Gomes, ds Koos Kirsten, Corné Louw, Ikageng Maluleke, Jenny Mathews,

prof Neal McLaren, Loureine Muller, Lisa Rothmann, Marius Ras, Marda Scheepers, Neil Stevens, dr Dirk Strydom, Elriza Theron, Luan van der Walt, Kobus van Zyl,

dr Gerhard H Verdoorn, Nico Vermaak, dr Marinda Visser en Jacques Wilken

w

anneer laas het jy stokbrood gemaak of selfs geëet?

Die

Ledelandskap

-rubriek op bladsy 8 berig oor die

Agri-Expo Livestock-tentoonstelling en die Groot

Plaasproe-fees wat in Oktober verlede jaar by

Stellenbosch gehou is. Besoekers aan die Koring-

bedryf-museum kon daar ’n stukkie rou deeg kry om

hul eie stokbrood mee te maak.

Dit het my laat terugdink hoe ons as kinders stokbrood op die plaas

gemaak het: Die grootste opwinding van die hele stokbrood-maak-

avontuur was om die regte stok in die bloekombos te gaan kry, dit te

ontbas sonder dat ’n vinger in die slag bly (het jy al gevoel hoe glad

so ’n skoongemaakte bloekomtak voel?) en natuurlik die vuurmakery.

Die stokbroodbakkery was nooit ’n danige sukses gewees nie: Ons het

dit óf te dik om die stok gedraai en dit was nog binne-in rou as ons dit

wou eet óf ons het dit te lank oor die te warm kole gehou en dit was

pikswart verbrand. Maar dit het nie saakgemaak nie – dit was die hele

voorbereidingsproses wat dit so lekker gemaak het – en al die botter

en appelkooskonfyt wat ons by die gaatjie ingegooi het. (Raai wat gaan

die kinders doen as ons weer by Ouma op die plaas gaan kuier?)

Die koringbedryf werk al meer as vier jaar aan ’n omdraaistrategie. Een

van die mikpunte in dié strategie was om die graderingsmaatreëls te

verander. Op bladsy 44 vertel dr Dirk Strydom (Graan SA) van die talle

gesprekke en onderhandelings wat binne die forum – en meer spesi-

fiek binne die Handels- en Bemarkingswerkgroep – plaasgevind het.

Verskeie voorstelle is gemaak en mandate is vir elke weergawe vanaf

produsente deur die Wintergraanwerkgroep asook tydens Graan SA

Kongres en produsente-inligtingsdae ontvang.

Teen die middel van 2018 was daar uiteindelik ’n werkbare voorstel

waarmee al die partye in die forum tevrede was. Die voorstel is by die

Koringforumvergadering goedgekeur vir indiening by die Departement

van Landbou, Bosbou en Visserye. Die voorstel van die veranderinge

in die graadprysverskille is ook aan die JSE gestuur. “Die veranderinge

is uiters positief en Graan SA is van mening dat dit produsente in die

toekoms kan ondersteun om koring meer volhoubaar te produseer,”

het dr Strydom gesê.

Met die heersende droogte, lae aanplantings én die kosteknyptang

waarin mielieproduksie hom bevind sal daar na dese straks ook ’n

omdraaistrategie vir die mieliebedryf bedink moet word. Ons harte en

gebede gaan uit aan al die produsente wat raadop is en nie meer weet

watter kant toe nie. Sterkte!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Meet our

contributors...

D

R GERHARD VERDOORN

(CropLife Suid-Afrika)

sê dat 2018 ’n kneljaar was vir produsente wat

met bye boer en bestuiwingsdienste aan gewas-

produsente voorsien. Honderde byekolonies is

uitgewis nadat profenofos as insekdoder op die

kanola gespuit is terwyl die plante in volle blom

was. Dit het groot onmin tussen byeboere en

kanolaprodusente veroorsaak, maar gelukkig het

die partye bymekaar gekom en sake uitgepraat.

Kan kanolaproduksie en bye saamleef? Lees

meer op

bladsy 30

.

H

oe vergelyk Graan SA se heffings met

ander instansies se heffings? Die Graan SA

Bemarkingswerkgroep het dit goed gedink om ’n

benchmark

-oefening te doen. Die lede het inligting

verskaf in terme van wat die bedryfsheffings vir

ander gewasse waarmee hul boer, is.

DR DIRK

STRYDOM

(Graan SA) verduidelik op

bladsy 10

watter verskillende faktore in die vergelyking

opgeweeg is, wat die verskil tussen ’n statutêre

heffing en ’n vrywillige heffing is en waarvoor

die heffings aangewend word.

O

n

page 13

DR MARINDA VISSER

(Grain SA)

tells us more about the strategic innovation

partnership for grain and oilseeds between

Grain SA and the Department of Science and

Technology as well as the partnership with the

University of Pretoria (UP). It is giving Grain SA

access to a broad, interdisciplinary research base

across the university. The world-class research

group, Forestry and Agricultural Biotechnology

Institute (FABI) will be key in this new partnership.

D

ie pryse van speenkalwers, ou koeie en slag-

beeste het die afgelope jaar sywaarts beweeg.

Produsente moet seker maak dat effektiwiteit

en doeltreffendheid hoog is – en dan bly winste

nog steeds onder druk. Dit veroorsaak dat dit vir

produsente ’n uitdaging bly om aan te hou produ-

seer. Volgens

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/Grain

redaksiespan) is daar ander fasette van boerdery

wat ’n groter impak op winsgewendheid het as wat

’n mens besef. Op

bladsy 40

sit hy uiteen watter

basiese faktore in plek moet wees en in plek

gehou moet word.

L

ISA ROTHMANN

was born and

bred in Pietermaritzburg. She

registered at the University of the

Free State (UFS) for BSc Medical

Microbiology in 2008, but by the

end of the year she was studying

towards a BSc Agric in Plant Pathology and

Agrometeorology. ‘I am currently completing

my PhD focusing on foliar diseases of sorghum and grain mould, as

well as Sclerotinia diseases. I grew up loving the outdoors, but I didn’t

ever think that gumboots would be my workwear – and that I would

love the field work,’ she said. Understanding the dynamics of disease

epidemics excites her because of the complexity of our production

systems and she thoroughly enjoys the interactions with producers.

She and her husband Christopher are keen fishermen and her other

interests include being inspired by MasterChef Australia

. Read more

about the management of sorghum diseases on

page 52

.

February 2019