Februarie 2019
10
Relevansie van Graan SA-heffing
gemeet teen ander kommoditeitheffings
I
n die landbou-omgewing is dit alom-
bekend dat alles gemeet word ten einde
goed deurdagte besluite te neem. Dit
word in studiegroepe gedoen, in eko-
nomiese buro’s en selfs in Graan SA se
verslae. Kyk gerus maandeliks na die
insetverslae op Graan SA se webtuiste.
Onlangs is die vraag gevra: Hoe vergelyk
Graan SA se heffings met ander in-
stansies se heffings? Die Graan SA Be-
markingswerkgroep het dit goed gedink
om ’n
benchmark
-oefening te doen. Die
lede het inligting verskaf in terme van wat
die bedryfsheffings vir ander gewasse
waarmee hul boer, is. Die gewasse waarvoor
terugvoer ontvang is, sluit die volgende in:
Varkvleis, rooivleis, wol, melk, appels en
aartappels.
Opsommend sien dit soos volg, tydens
die skryf van die artikel en gegewe mark-
waardes, daar uit: Met enige vergelyking
is dit belangrik om verskillende faktore op
te weeg. Die eenvoudige vergelyking hier
is bloot om te bepaal wat die heffing is wat
per R1 miljoen-waarde betaal word. Dit
verskaf ’n relatiewe idee van die waarde
van die heffing, maar is eintlik nog steeds
betreklik simplisties. Uiters belangrik
om in ag te neem, is dat al die produkte
kommoditeite bly en dat markbeweging wel
plaasvind – wat ’n impak op die resultaat
het. Terselfdertyd verskil die gewasse se
winsgrense ook.
Die tweede saak wat belangrik is wanneer
die heffings vergelyk word, is dat daar
’n verskil is tussen statutêre heffings en
vrywillige heffings. Met ’n vrywillige stelsel
is die duimreël dat slegs 30% van die
heffings ontvang gaan word: Dit beteken dat
minder heffings ontvang word. Die eerste
gedagte sal dan wees dat die vrywillige
heffings hoër moet wees om te kompenseer
vir verliese. Neem in ag dat daar ook sekere
vereistes verbonde aan ’n statutêre heffing
is wat stipuleer waar die fondse gespandeer
moet word, byvoorbeeld maksimum 10%
op administrasiekoste en minimum 20% op
transformasie.
Ander faktore wat ook in ag geneem moet
word, is of die heffing vir die bedryf of
slegs vir produsente aangewend word.
Is dit ’n produsente-organisasie of ’n be-
dryfsorganisasie? Die produsente-orga-
nisasie dien gewoonlik die produsent se
belange en bevorder die volhoubaarheid
van die produsent.
Sekere van die organisasies is nie net
produsent-georiënteerd nie, maar meer
industrie-georiënteerd, wat beteken dat
die hele waardeketting deelneem. Bedryfs-
organisasies sal byvoorbeeld ook stelsels
GRAAN SA
DR DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA
GEWAS
EENHEID
HEFFING
HEFFING PER R1 MILJOEN-
MARKWAARDE (R)
VRYWILLIG OF STATUTÊR
GRAAN SA
Mielies
Per ton
R2,85
1 235
Vrywillig
Koring
Per ton
R3,35
778
Vrywillig
Sojaboon
Per ton
R5,70
1 269
Vrywillig
Sonneblom
Per ton
R5,70
1 120
Vrywillig
Grondbone
Per ton
R11,00
786
Vrywillig
Sorghum
Per ton
R2,85
1 239
Vrywillig
Kanola
Per ton
R4,50
878
Vrywillig
ANDER ORGANISASIES/GEWASSE
Rooivleis – grootvee (agent) Per dier
R6,24
770
Statutêr
Per omset
0,15%
1 500
Vrywillig
Totaal GVE
2 270
Rooivleis – kleinvee (agent)
Per dier
R1,34
859
Statutêr
Per omset
0,15%
1 500
Vrywillig
Totaal KVE
2 359
Melk
Per liter
0,69c (Maksimum R3 995/plaas
en R1 150/plaas addisioneel vir
meer as een eenheid met
maksimum R8 595)
1 627
Vrywillig
Appels binnelands
Per kg
4,75c
11 875
Statutêr
Appel-uitvoere
Per kg
7,55c
15 100
Statutêr
Aartappels
Per kg
2,125c
7 083
Statutêr
Aartappelsaad
Per kg
0,844c
2 813
Statutêr
Varkvleis
Per dier
R11,03
6 127
Statutêr
Wol
% bruto
opbrengs
0,25%
2 500
Vrywillig
Lusern
Per ton
R6
2 500
Statutêr
Bron: Produsente en organisasies
TABEL 1: VERSKILLENDE GEWASHEFFINGS.