Previous Page  53 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 53 / 68 Next Page
Page Background

ULTRAKOMPAKTE

opsporingstoestelle bekend gestel

E

en van Suid-Afrika se voorste opsporings- en telemati-

kaverskaffers, Ctrack, het sy BX500- en BX600-reeks van

draadlose, ultrakompakte GPS-opsporingstoestelle bekend

gestel.

Die nuwe toestelle, wat ideaal geskik is vir gebruik in motors,

vragmotors en motorfietse, vierwielmotorfietse, gholfkarre, afle-

weringsvoertuie en kragopwekkers, is ook ontwerp vir gebruik in

onaangedrewe bates soos skeepshouers, sleepwaens en pakkette.

BX-modelle is ultrakompak, wat beteken dat hulle maklik in vrag

versteek kan word en albei het genoeg geheue om ’n rekordgetal van

25 000 ritte aan te teken.

Toestelle, met aanpasbare opsporing, gebruik versnelmeters sowel

as data van GPS-senders om bewegings intelligent te bespeur en

lewendige opdaterings te stuur. Albei modelle kan ook verstel word

om óf voortdurende opsporingsinligting te verskaf óf net een keer

per dag om so die interne batteryleeftyd te verleng.

Die BX500-model kry sy krag van verwyderbare litiumbatterye, wat

tot vier jaar kan hou indien dit ’n enkele daaglikse opsporingsopda-

tering verskaf.

Die BX600-model, met ’n kragtige interne batterystel, kan herlaai

word danksy die mikro-USB-kabel en kompakte herlaaier, wat saam

met die toestel verskaf word. Verskeie BX600-eenhede is onlangs

met groot sukses gebruik om die verloop van die Sasol Solar Car

Challenge te monitor. Elkeen van die toestelle het ’n gemiddeld

van 96 uur se bestuurtyd opgeteken – en is net een keer, voor die

aanvang van die wedren, gelaai.

Hierdie model is ook toegerus om peuterpogings te bespeur.

Hierdie eienskap maak dit ideaal vir toepassings in ’n vrag met ’n

hoë waarde.

Albei die nuwe opspringstoestelle word gehuisves in geharde

hulsels wat vervaardig word van ABS/polikarbonaat-plastiek.

Ctrack se BX-eenhede beskik oor afstandbeheer, wat beteken dat

hulle oor die eter (via radiogolwe) gekonfigureer en opgedateer kan

word. Deur die gebruik van ’n enkele mikro-SIM kan hulle gekonfigu-

reer word om te sweef oor verskeie 2G-, 3G- of 4G-netwerke in

Suid-Afrika.

Deur enige van die twee toestelle te benut, verkry sakelui nou be-

heer oor elke aspek van hul besighede. Hulle weet presies waar al

hul bates is en of hulle geskuif is of beweeg het of nie. Die bestuur-

ders van wildplase en natuurreservate kan nou ook sien waar hul

mobiele bates in die veld of bos is.

Verder kan diegene wat die gebruik van hul mobiele bates, soos

afleweringsmotorfietse, doeltreffender wil beheer en optimaliseer,

ook baat vind by Ctrack se liggewigoplossings.

Deur eenvoudig die BX-toestel in ’n houer of in die vragruim te plaas,

kan Ctrack jou op diskrete wyse laat weet waarheen jou bates of

aflewerings gaan en ook hoe om hul volgende bewegings beter te

beplan.

51

February 2019

OP PLAASVLAK

Werktuie en toerusting

Produkinligting

JACQUES WILKEN,

Wilken Communication Management

1: Die Ctrack BX600-model het

’n kragtige interne batterystel

en kan herlaai word danksy die

mikro-USB-kabel en kompakte

herlaaier wat saam met die toe-

stel verskaf word.

2: Verwyderbare litiumbatterye verskaf

krag aan die BX500-model. Die batterye

kan tot vier jaar hou indien dit ’n enkele

daaglikse opsporingsopdatering verskaf.

51

2

1