Previous Page  38 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 38 / 140 Next Page
Page Background www.nampo.co.za

36

Graan|Grain

produkinligting

W

illard

®

Batterye is nie ’n vreemdeling

in die landbousektor nie – ons is reeds

dekades lank ’n integrale deel van

die landbou-industrie. Van landbou-

voertuie en implemente tot by motors

en swaardiensvragmotors stel ons die

mees gevorderde tegnologie en reeks toepassings be­

skikbaar om ons die voorkeurbattery vir plaaseienaars en

-bestuurders te maak.

Opwindende nuus

Kom geniet die volle Willard Batterye-ervaring by ons

eerste NAMPO Oesdagstalletjie. Buiten ons produkreeks,

tegniese-adviestoets en herlaai-apparaat, bied ons ’n

opwindende nuwe reeks handelsmerkklere en -spesiali­

teitsitems aan. Vir unieke oorpakke met jou plaas se logo

of naam daarop gedruk, besoek gerus ons uitstalling by

C23e en C23f. Ons druk hulle vir jou terwyl jy ’n koppie

boeretroos geniet.

’n Gerespekteerde nalatenskap

Ons batterye word in Port Elizabeth vervaardig. Met ’n

teenwoordigheid in Suid-Afrika sedert die 1920’s, het pro­

duksie in 1954 begin en die fabriek weerspieël steeds die

eg Suid-Afrikaanse gees van hipermoderne vindingryk-

heid en kundigheid.

Navorsingsresultate dui op wydverspreide steun vir

die handelsmerk, wat daarin geslaag het om in moeilike

ekonomiese toestande steeds te floreer. Benewens die

feit dat Willard Batterye as die mees geliefde battery-

handelsmerk in die voertuigsektor aangewys is, het die

navorsing weer eens bevestig op watter hoë vlak daar

handelsmerkbewustheid en -voorkeur vir ons batterye is.

’n Robuuste produktereeks

Die produktereeks is ontwerp en besonder geskik om opgewasse

te wees vir die strawwe toestande in Afrika. Ons ontwikkel en lewer

steeds produkte wat in die behoeftes van die toekoms voorsien – be-

soek gerus die uitstalling en kom kyk self. Hoogs tegniese toerusting

word uitgestal en ons batterydeskundiges sal ook beskikbaar wees

om jou oor al die tegniese aspekte in te lig.

Ideaal vir ’n boerderyomgewing

Of jy nou ploeg, saai, oes of enige ander taak op die plaas verrig,

jy maak staat op jou voertuigvloot om jou besigheid aan die gang

te hou. Dit kan gebeur dat jou voertuie vir lang tydperke nie gebruik

word nie, maar wanneer jy hulle nodig het, moet hulle aan die gang

kom wanneer jy die aansitmotor aanskakel.

Navorsing het getoon dat die batterye wat jou plaasvloot aan

die gang moet kry, waarskynlik nie in so ’n goeie toestand is as wat jy

glo hulle is nie. Trouens, tot 90% van groot plaasvoertuie en -masjiene

het ’n ladingsmeting van minder as 60%. Onvoldoende instandhou­

ding is die rede vir defekte in 80% van alle batterye wat teruggestuur

word of onklaar is – iets wat nie net vir jou frustrerend is nie, maar ook

duur is uit die oogpunt van vervanging en staantyd.

Laat ons jou help vasstel wat jou

plaas se kragbehoeftes is

Besoek gerus ons uitstalling om met van ons ervare personeellede

te gesels. Die velddiensspan het ondervinding in die batterybedryf

en sal jou op jou plaas ontmoet om jou persoonlike diens te gee en

te help om in jou batterybehoeftes te voorsien – van die mees ge­

vorderde tipe oesmasjien tot die ongewone batterygrootte vir daar-

die ouer, hardwerkende toerusting.

Omgewingsbewustheid

Ons bly verbind tot ons verantwoordelikheid teenoor die omge­

wing. Voertuigbatterye is die mees herwinbare produkte ter wêreld.

Wanneer ’n gebruikte battery teruggebring word, word sy lood en

plastiek herwin en vir die vervaardiging van nuwe batterye deurge-

gee. Indien jy ou batterye het wat op jou plaas rondlê, gesels met

ons en ons sal jou help om op ’n veilige en verantwoordelike manier

daarvan ontslae te raak.

Kom besoek ons by C23e en C23f en gesels met een van ons

konsultante.

Greg Sander,

Willard Batterye

Kies ’n

battery

wat

opgewasse is vir die taak

Besoek gerus ons uitstalling by C23e en C23f om die volle

Willard Batterye-ervaring te geniet.

P

2019