Previous Page  129 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 129 / 132 Next Page
Page Background

127

June 2018

Die buitenste afmetings is dieselfde as voorheen, maar die asafstand is 5 cm langer as dié van sy voorganger en sy lang enjinkap en

besonder kort voorste oorhang, wat die volmaakte massaverspreiding van 50:50 na die voor- en agterasse beklemtoon, gee aan hom ‘n

voorsprong bo sy voorganger.

Ou bekende

nou ook hier beskikbaar

h

oewel Isuzu in Suid-Afrika hoofsaaklik bekend is vir

die gewilde KB-reeks bakkies en middelslag- en swaar

vragmotors, het dié Japannese vervaardiger deur die

jare ook twee sportnutsvoertuie in Suid-Afrika bemark,

naamlik die Trooper en die Frontier.

In daardie jare was Isuzu ‘n deel van General Motors in Suid-

Afrika. General Motors het geleidelik die Trooper en Frontier met

die Chevrolet Captiva en Trailblazer vervang. In 2017 het Chevrolet

egter uit die land onttrek en Isuzu in Japan het beheer oor hul

belange in Suid-Afrika geneem. Isuzu is derhalwe nie meer een

van General Motors se produkte in die Suid-Afrikaanse mark

nie, maar staan nou op sy eie voete.

Een van die vinnigste groeiende marksegmente in Suid-Afrika is

die sportnutsvoertuig-segment (SNV) en Isuzu Suid-Afrika se

eerste projek in Suid-Afrika was om weer ‘n Isuzu SNV soos die

Frontiers en Troopers van ouds uit te bring. Sodoende is

die mu-X, wat reeds sedert 2013 in Australië, Thailand en die

Filippyne diens doen, nou ook in Suid-Afrika bekend gestel.

General Motors het die mu-X se bakwerk gebruik vir sy Trailblazer,

maar die nuwe mu-X is ‘n ras-egte Isuzu met ‘n Isuzu-onderstel en

‘n Isuzu-enjin. Daar is twee modelle beskikbaar – albei met die

turbo-aangejaagde dieselenjin van drie liter wat ook in die KB-bak-

kiereeks gebruik word. Hierdie enjin lewer 130 kW teen 3 600

omwentelinge, het ‘n wringkrag van 350 Nm tussen 1 800 omwen-

telinge en 2 800 omwentelinge en ‘n outomatiese ratkas met ses

gange, asook ‘n handratfunksie wat standaardtoerusting is. Daar is

‘n keuse tussen ‘n 4x2- en ‘n 4x4-model – albei met ‘n sleepvermoë

van 3 ton wat veroorsaak dat hy uiters geskik is vir die sleep van

woonwaens en sleepwaens.

Die 4x4-model word toegerus met Isuzu se Terrain Command-

vierwielaandrywingstelsel, wat maklik is om te gebruik en ‘n

keuse bied tussen ‘n 4x2-hoëstrekmodus, asook ‘n 4x4- hoë- en

laestrekmodus. Laasgenoemde modus stel die voertuig in staat

om meer uitdagende veldrytoestande baas te raak. Dit spog met

onafhanklike vering reg rondom – wat die beste balans tussen

rygerief, hantering en veldryvermoë bied.

KB se verfynde, maar geharde karakter, kom ook duidelik in

die mu-X na vore, met LED-dagryligte en Bi-LED-projektorkopligte

wat standaardtoerusting vir albei modelle is. Daarby is kanttrappe

van aluminium, allooiwiele van 18 duim, donkergetinte vensters en

LED-kombinasie-agterligte ook standaardtoerusting.

Die bi nekant van die sportnutsvoertuig bied ‘n kombinasie

van doelmatigheid en we lde, met sewe sitplekke wat by pro­

dusentgesinne byval sal vind danksy die derde ry sitplekke wat

in die bakwerk invou. Dit spog met sleutellose toegang en die deure

kan oopgemaak word deur bloot aan ‘n sensor te raak terwyl die

sleutel in die bestuurder se sak is. Die leer-oorgetrekte stuurwiel

bevat kontroles vir die radio, die telefoon en die spoedbeheer.

Daar is ‘n inligting-en-vermaakstelsel met verskeie funksies, met

‘n negeduim-raakskerm wat toegang bied tot satellietnavigasie,

‘n radio met ‘n CD- en DVD-speler, Bluetooth-verbinding, Apple

Car Play, Android Auto, asook USB-punte voor en agter en ‘n

HDMI-kragpunt.

Die mu-X het verskeie veiligheidskenmerke as standaardtoerus­

ting, soos ABS-remme met elektroniese remverspreiding en

noodremhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer, vastrapbeheer

asook wegtrek- en afdraandehulp wat saam met die 4x4-lae­

strekfunksie gekoppel kan word. Passiewe kenmerke sluit onder

meer dubbele voorste-, kant- en gordynlugsakke in, asook

‘n veiligheidsel vir die insittendes van die voertuig. Daar is ook ‘n

tru-kamera wat op die raakskerm gesien kan word.

Met die padtoets was

SA Graan/Grain

se toetsspan beïndruk met

die besondere stewigheid van die onderstel en bakwerk. Alhoewel

besonder stewig, is hy nie te hard geveer nie en hanteer hy

grondpaaie uitstekend. Dit bestuur veilig – veral danksy tegnologiese

hulpmiddels soos elektroniese stabiliteitsbeheer.

Die mu-X bou voort op Isuzu se jarelange erfenis, tesame met

die bewese betroubaarheid en veelsydigheid van die KB-bakkie,

gekombineer met ‘n nuwe vlak van gemak, gerief en doelmatigheid

wat ideaal is vir die aanwending daarvan as ‘n gesinsvoertuig.

Dit word gerugsteun deur Isuzu Complete Care, wat by die prys

ingesluit is. Dit behels ‘n waarborg en padbystand, ‘n waarborg

van vyf jaar teen roes – ongeag die motor se kilometerafstand – en

‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km, met dienstussenposes van

15 000 km. Dit alles kan teen bykomende koste verleng word.

Die pryse van die twee mu-X-modelle lyk soos volg:

mu-X 3,0 4x2 AT 6: R568 000

mu-X 3,0 4x4 AT 6: R629 100.

Gerrie Smit,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

September 2018