Previous Page  123 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 123 / 132 Next Page
Page Background

Samestelling van produsentbeheerde

besighede:

Wenke en slaggate

I

n die artikel

Die belangrikheid van produsentbeheerde

besighede

wat in die Junie-uitgawe van

SA Graan/Grain

gepu­

bliseer is, is lesers bekend gestel aan produsentbeheerde

besighede. Wat is dit? Hoe werk dit? Wat is die sterk punte van

so ‘n besigheid? Daar is ook gekyk na praktiese voorbeelde van

sulke besighede.

In hierdie uitgawe word groepvorming en die stappe met die

oog daarop om só ‘n besigheid te begin, verduidelik.

Die evolusie vanaf die “tradisionele” koöperasiemodel na pro­

dusentbeheerde besighede het teen ‘n vinnige pas plaasgevind.

Produsentbeheerde besighede is

enige wetlike entiteit waar produ­

sente nog steeds eienaarskap van

hul produk het, maar saamwerk

om meer bedingingsmag te hê

ten einde kostes te sny, kundig­

heid te deel en beter pryse te kan

onderhandel. Hierdie tipe bena­

dering laat produsente toe om in

die waardeketting te integreer son­

der om eienaarskap van hul produk

te verloor.

Die stappe om só ‘n groep te vorm,

is soos volg:

Stap 1

Identifiseer ‘n behoefte wat aan­

gespreek of geleentheid wat aan­

gegryp kan word. Breek dit af in

watter tegnologie, kundigheid of fi­

nansiering benodig gaan word.

Stap 2

Identifiseer lede wat ‘n suksesvolle bydrae kan maak. Kyk na wat

hulle kan bied. Hierdie lede hoef nie self te boer nie; dit kan ‘n

prokureur, landbou-ekonoom, grondkundige of voedingkundige

wees. Elkeen moet sy eie rol kan vervul en hierdie rolle moet duide-lik in die grondwet van die groep uiteengesit word.

Stap 3

Formuleer ‘n visie. Dit is ‘n langtermyndoelwit van waarom ‘n

groep gevorm moet word – wat bereik moet word en oor watter

tydperk. Dit is altyd beter om ‘n middeltermyn (drie tot vyf jaar)-visie

en langtermyn (vyf tot tien jaar)-visie te hê.

Stap 4

Besluit op ‘n regsentiteit. Dit kan ‘n maatskappy wees waar bo­

genoemde lede ‘n direkteur kan wees wat aandele besit. Indien

die maatskappy finansiering benodig, kan elke direkteur of lid

in hul persoonlike hoedanigheid borg teken. Dit is belangrik dat

vasgestel word wat elke lid se bydrae kan wees sodat al die druk

nie net op een lid geplaas word nie.

Elke lid kan ook ‘n “lidmaatskapsfooi” betaal en dit terugkry wanneer

die besigheid winsgewend is.

Stap 5

Die finansies van só ‘n groep is altyd die belangrikste. Dit moet

deursigtig wees en ten alle tye opgedateer word. Dit is nie net

belangrik vir die lede nie, maar ook vir die bank sou finansiering

benodig word.

Finansiële instansies analiseer die projeksies en baseer

hul vlak van bekostigbaarheid daarop. Daarmee saam stel

hul ondersoek in na die jokkies – hul kundigheid en finansiële

posisies en die tipe sekuriteit

beskikbaar. Hoe meer inligting tot

hul beskikking is, hoe beter.

Stap 6

Daar moet reëls en regulasies

vir die groep uitgestip word.

Vergaderings moet formeel ge­

hou word. Daar moet ‘n agenda

opgestel en uitgestuur word en ‘n

notule moet met elke vergadering

bygehou word.

Stemreg moet aan die lede gegee

word. Dit kan vasgestel word

volgens die volumes gelewer

deur elke lid of gelyke stemreg vir

elke lid.

Produsentbeheerde besighede

word nie altyd deur die suk­

sesvolste, of hoogsgeleerde

produsent begin nie. Studies

het gevind dat dié produsente wat in die gemeenskap geken

word, wat integriteit het en entrepreneuries kan dink, die suk­

sesvolste sal wees in die vorming van so ‘n besigheid. Hierdie

tipe eienskappe bring selfvertroue en positiwiteit in die ge­

meenskap uit, wat dit makliker vir ander produsente maak om

“in te koop”.

Struikelblokke

Die volgende struikelblokke is in produsentbeheerde besighede

geïdentifiseer:

Wanneer ‘n groep nie hul lede in die groep intrek nie, is dit vir

insetverskaffers of kopers maklik om ‘n beter prys aan daardie

een of twee lede te gee en sodoende die groep op te breek.

Wanneer bestuur nie deursigtig is nie en lede begin twyfel in

hul geloofwaardigheid.

Die groep moet mekaar dra. Indien daar ‘n produsent is wat

sukkel met ‘n aspek van sy besigheid en dit het ‘n impak op die

groep, moet ‘n kundige ingekry word om daardie lid te help.

Wanneer sekere lede nie hul deel in die groep bring nie.

Lize Morris,

SA Graan/Grain

medewerker en ‘n meesterstudent aan die

Universiteit van die Vrystaat; artikel in samewerking met Graan SA geskryf

Produsentbeheerde

besighede is enige

wetlike entiteit

waar produsente nog

steeds eienaarskap

van hul produk

het, maar saamwerk

om meer bedingings-

mag te hê.

121

September 2018

Aktueel