Previous Page  124 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 124 / 132 Next Page
Page Background

Positiewe aspekte

Positiewe aspekte van produsentbeheerde besighede sluit in:

‘n Aankoopgroep kan op ‘n “tender”-basis hul insette aankoop.

Dit is ook positief vir insetverskaffers, want nou hoef hulle nie

met ‘n groep produsente individueel te onderhandel nie, maar

met een verteenwoordiger van die groep.

Melkprodusente kan byvoorbeeld saam ‘n dierevoedingkundige,

veearts of kwaliteitskontroletegnikus aanstel wat vir hulle werk.

Hulle is dan nie uitgelewer aan iemand wat hulle nie ken of wat

dalk nie die groep se belang in ag neem nie.

Produsente kan later self hul eie vervoer doen of werktuie saam

aankoop en deel.

Koringprodusente kan dalk saam ‘n droër koop wat waarde tot

hul produk kan toevoeg.

Finansiering kan ook makliker bekombaar wees, want as ‘n

groep kan die produsente dalk die skuld bekostig.

Dit stel die groep in staat om SEB-geleenthede te ondersoek wat

ander befondsing dan binne hul bereik plaas.

Toetrede tot nuwe markte deur ekonomie van skaal.

Verbeterde kultivars en diversifisering van kultivars, omrede

lede se plase verskil in ligging/klimaat en tipe grond. Dit stel

hulle ook in staat om deur die jaar stabiliteit aan hul koper

te verskaf.

Ten slotte

Daar is ‘n groot aantal vorme van produsentbeheerde besighede

in elke area. Soos verduidelik, bestaan dit nie altyd net uit produ­

sente nie. Hierdie produsentbeheerde besighede het in die meeste

gevalle ‘n kompeterende voordeel, want hulle het ‘n geleentheid

vroegtydig raakgesien en tot aksie oorgegaan.

Dit moet ‘n wen-wen-situasie vir almal wees en die risiko moenie

net op die produsent afkom nie. Dit hoef ook nie vir ewig te bestaan

nie. Maak seker daar is ‘n uittreestrategie sodat dit jou in staat

sal stel om die volgende geleentheid aan te gryp wanneer die

huidige besigheid se doelwit bereik is.

aktueel

Samestelling van produsentbeheerde besighede

September 2018

122

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Ben de Wet 2014

Hou die lig dop

SA Graan/Grain

redaksie

D

ie meeste fotograwe weet dat die beste lig vir die neem

van foto’s die goue uur is – die eerste uur van lig in die

oggend. Skerp blou tone word dan versag, omdat die

sonlig deur die atmosfeer gefilter word. Die tyd net voor

sononder sorg ook vir ‘n sagte lig, wat voorwerpe – hetsy ‘n land-

skap of ‘n persoon – beter laat vertoon.

Lig het ‘n groot invloed op die foto’s wat jy neem. Swak lig bemoeilik

die neem van goeie foto’s, terwyl skerp sonlig ‘n ander uitdaging

inhou, aangesien die kontras tussen die ligte en donker dele be-

treklik groot kan wees as gevolg van die harde lig. Dit veroorsaak

ongewenste skaduwees en kleure wat uitgewas lyk.

Volgens kenners kan die sonlig wel ingespan word om besonder

dramatiese foto’s te neem. Sonlig kan gebruik word om indrukwek-

kende silhoeëtte te skiet. Stel net jou beligting vir ‘n helder agter-

grond en die onderwerp behoort ‘n pikswart silhoeët te vorm.

As jy foto’s in die son moet neem, gebruik ‘n laer ISO of gebruik die

kamera se flitslig of reflektors om skaduwees in helder lig te ver-

my. Vermy dit om jou rug op die son te keer as jy mense afneem,

anders gaan hulle met skrefiesoë staan om die skerp sonlig uit hul

oë te hou.

Vermy direkte sonlig deur jou eie skaduwee te skep of rond te be-

weeg. As jy nie die onderwerp na ‘n skadugedeelte kan skuif nie,

skep skaduwee deur die gebruik van ‘n sambreel, ‘n stuk karton of

enigiets wat ‘n skaduwee op jou onderwerp laat val.

Verwysings

Gabriel, M. Ongedateer.

11

great tips for taking photos in direct sunlight

. Beskik-

baar:

https://contrastly.com/11-great-tips-for-taking-photos-in-direct-sunlight/.

Pretorius, A. 6 September 2011.

Neem só goeie foto’s in sonlig

. Beskikbaar:

https://m.news24.com/nuus24/Reis/Nuus/Fotowenk-Neem-so-goeie-fotos-in-son-

lig-20110906.

As wenner van die Julie-kompetisie ontvang

Piet Lombard van Elsenburg R1 500 vir sy

foto van ‘n liewenheerbesie wat aarluise op

‘n koringaar jag.

Fotokompetisie