Híérvoor word bydrae tot
Regshulpfonds
gebruik
A
gri SA is nóú betrokke by die beïnvloeding en ontwikkeling
van wetgewing en beleid wat die Suid-Afrikaanse
landbougemeenskap raak. Die huidige politieke klimaat
maak dit egter ‘n groter uitdaging om beleid en wetge-
wing suksesvol deur die normale prosesse te beïnvloed.
Die voorstelle waarmee die regering vorendag kom, word toene
mend radikaal en dit blyk dat daar soms minder gewilligheid is
om gehoor te gee aan gesonde rede, praktiese argumente en
ekonomiese gevolge.
‘n Voorbeeld van die regering se houding, is die voorgestelde
Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit. Ten
spyte van waarskuwings deur georganiseerde landbou, landbou-
ekonome en regslui oor die moontlike nadelige uitwerking daar-
van en die ongrondwetlike aard van die wetsontwerp, gaan die
regering met groot haas voort – ongeag die negatiewe implikasies
wat dit vir voedselsekerheid en belegging in die sektor en die
ekonomie inhou.
Hoewel die wetsontwerp teruggetrek is uit die Nasionale Ekono-
miese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (NEOAR, in Engels NEDLAC)-
proses, is die Departement van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming skynbaar besig om dit te herskryf.
Die grondkwessie in Suid-Afrika bly steeds ‘n verdelende en diep
emosionele aangeleentheid. Die debat sal waarskynlik in intensiteit
toeneem in die aanloop tot die 2019-verkiesing. Populistiese
uitsprake is tans aan die orde van die dag en daar is ‘n proses
van openbare verhore oor die wenslikheid van die wysiging van
die eiendomsklousule in die Grondwet onderweg.
Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne, byvoorbeeld grond, water,
lug en biodiversiteit wat noodsaaklik is vir boerdery, word bedreig.
Die regering se vermoë om ons natuurlike hulpbronne te bestuur
en te beskerm, neem ook af.
Daar word beraam dat die Suid-Afrikaanse bevolking teen die
jaar 2035 meer as 80 miljoen inwoners sal beloop. Dit beteken dat
meer voedselvoorrade benodig sal word om die groeiende be-
volking te voed. En tóg verloor ons teen ‘n geweldige tempo
produktiewe grond ten gunste van die mynbou en ander
grondgebruike. Ons waterhulpbronne word skaarser en riviere,
strome en ondergrondse waterbronne is erg besoedel. Ons moet
alle moontlike stappe neem om hierdie natuurlike hulpbronne te
beskerm en te bewaar.
Die howe moet uiteindelik ons Grondwet beskerm en is soms
(as laaste uitweg) die enigste meganisme waardeur die uitvoe
rende gesag in toom gehou kan word en gedwing kan word om
sy grondwetlike verpligtinge na te kom. Litigasie is egter duur
en wanneer dit teen die regering ingestel word, gaan dit gepaard
met hoë risiko’s. Slegs die mees ervare regspanne kan sukses
behaal.
Agri SA het in Oktober verlede jaar ‘n Grond-en-Omgewingsfonds in
die lewe geroep om hierdie tipe litigasie te befonds.
Dit moet benadruk word dat Agri SA verbind is tot die beginsels wat
in die Grondwet van Suid-Afrika onderskryf word. Van kernbelang
is dat die Handves van Regte die hoeksteen van demokrasie in
Suid-Afrika is, wat die regte van alle mense in ons land en die
demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vry-
heid bevestig.
Waar Agri SA voel dat die staat versuim om sy pligte na te kom of
dat hul nie fundamentele regte wat vervat word in die Grondwet
eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik nie, sal die organi-
sasie nie anders kan as om hom tot ons howe te wend in belang
van ons lede en ons land nie. Agri SA bly egter daartoe verbind
om sover moontlik met die regering saam te werk en die organi-
sasie beskou litigasie as ‘n laaste uitweg.
Bydraes ontvang en geld gespandeer
Tot op datum is daar sowat R3 miljoen in die Fonds ontvang. Van
hierdie fondse is aangewend vir ‘n kommunikasieveldtog oor
onteiening sonder vergoeding en die afronding van Agri SA se
voorlegging oor onteiening sonder vergoeding. Daar was ook
sekere uitgawes verbonde aan die promosie van die fonds, soos die
maak van ‘n video om die fonds te bemark.
Agri SA het ‘n regsmening ingewin oor die grondwetlikheid van
onteiening sonder vergoeding, welke mening se koste uit die
Fonds betaal sal word.
Beoogde litigasie
Agri SA is tans besig om die regering se beoogde vestiging van
‘n skaliegasbedryf in Suid-Afrika te probeer stuit, asook oor die
onregmatige weiering van Departement Water en Sanitasie om
watergebruiksregte oor te dra.
Die organisasie het reeds suksesvol betrokke geraak by litigasie
oor die interpretasie van die konsep van regverdige en billike
vergoeding. Afhangende van hoe die grondwetlike hersienings
proses uitspeel, mag Agri SA dit dalk ook nodig vind om duidelik-
heid by die howe te kry oor die wysiging van die eiendomsklousule
in die Grondwet.
Ons kry talle versoeke om betrokke te raak by litigasie oor
grondhervormings-, water- en mynboukwessies. Agri SA se be
dryfskamer het byvoorbeeld onlangs versoek dat ‘n toetssaak
geïdentifiseer en gedryf moet word om oordrag van titelaktes aan
grondhervormingsbegunstigdes te verseker.
Verdere bydraes
Daar word voorsien dat daar nog vir ‘n hele paar jaar litigasie oor
die grondkwessie en natuurlike hulpbronne gevoer sal word.
Grond-en-Omgewingsfonds se bronne sal dus deurlopend aange-
vul moet word. Enige persoon is welkom om ‘n bydrae te maak.
Die
rekeningbesonderhed
e is soos volg:
Absa
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 40-8039-6144
Rekeningnaam: Land and Environment Fund.
Annelize Crosby,
hoof: Grondsake, Agri SA
aktueel
September 2018
124